Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 12 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 September en die Ontwaak! van 22 September aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Laat ’n ouer man een van die aanbiedings doen en ’n jong persoon die ander een. Vestig ná elke demonstrasie die aandag op ’n paar goeie aspekte van die aanbieding.
20 min: “Gebruik jou tyd wyslik.”a Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle reël om elke dag tyd opsy te sit om die Bybel te lees. Spoor gesinne en individue aan om die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 2005 te gebruik om ’n rooster vir geestelike bedrywighede op te stel.
15 min: “Hou progressiewe Bybelstudies.”b Gehoorbespreking wat op dele 1 en 2 van die byvoegsel gebaseer is. Ons Koninkryksbediening vir Augustus 2004, bladsy 1, kan ook geraadpleeg word. Waarom is dit belangrik om deeglik voor te berei elke keer as jy ’n Bybelstudie hou? Wat behels dit? Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle die wenke wat gegee is, toegepas het. Sluit af deur kommentaar te lewer oor die gekleurde venster boaan die eerste bladsy van die byvoegsel.
Lied 110 en slotgebed.
Week wat begin met 19 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien hoogtepunte van die brief van die takkantoor, wat op die voorblad van hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening verskyn.
20 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Die diensopsiener hersien die afgelope diensjaar en vestig die aandag op die goeie dinge wat in die bediening bereik is. Gee gepaste lof. Meld een of twee aspekte waaraan die gemeente in die komende jaar kan aandag gee. Lewer kommentaar oor die bedrywigheid van die pioniers en prys hulle vir hulle goeie werk. Vertel van die goeie resultate wat behaal is weens pogings om onbedrywiges te help.
15 min: “Hou aan om mekaar op te bou.”c Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle by die liefdevolle besorgdheid van ander baat gevind het.
Lied 199 en slotgebed.
Week wat begin met 26 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Diensopsiener moet laaste reëlings vir ontoegekende gebied bespreek. Aangesien Oktober die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje is, moet almal aangespoor word om ’n volle aandeel daaraan te hê.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Maak die goeie nuus bekend met tydskrifte. Gedurende Oktober sal ons Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied. Bespreek in ’n inleidende toespraak die volgende wenke in Ons Koninkryksbediening vir April 2005, bladsy 4, paragrawe 3-6: (1) Bied die tydskrifte as ’n stel aan. (2) Sit een dag per week opsy vir tydskrifwerk. (3) Stel ’n persoonlike doelwit om ’n sekere aantal tydskrifte per maand te versprei. (4) Benut elke gepaste geleentheid om tydskrifte aan te bied. (5) Maak goeie gebruik van ouer nommers. Pas hierdie wenke plaaslik toe. Gebruik dan die wenke op bladsy 8 van Ons Koninkryksbediening vir hierdie maand (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Oktober en die Ontwaak! van 8 Oktober aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Vestig ook die aandag op sekondêre artikels wat dalk by mense in julle gebied byval sal vind, en demonstreer ’n aanbieding waarin een van hierdie artikels gebruik word. Vestig ná elke demonstrasie die aandag op ’n paar goeie aspekte van die aanbieding.
Lied 3 en slotgebed.
Week wat begin met 3 Oktober
5 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Help ander om ‘uit die hart gehoorsaam’ te word.”d Nooi gehoor om na gelang van die tyd oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
20 min: Maak Jehovah se hart bly (Spr. 27:11). Voer ’n onderhoud met twee of drie knegte van Jehovah wat al lank getrou dien. Nooi elkeen om te vertel van een of twee dinge wat hulle gehelp het om aan Jehovah gehoorsaam te bly. Van die dinge wat hulle kan noem, is ywerige persoonlike Bybelstudie, gereelde vergaderingbywoning, omgang met ander lojales, heelhartige deelname aan die veldbediening, opregte gebed en die vermyding van skadelike vermaak. Voor watter toetse van gehoorsaamheid het hulle te staan gekom, en hoe het hulle daardie toetse met welslae deurstaan? Hoe is hulle vir hulle gehoorsaamheid geseën?
Lied 170 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.