Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/05 bl. 11
  • Gebruik jy strooibiljette?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik jy strooibiljette?
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak goeie gebruik van strooibiljette
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Wêreldwye kampanje om die “Verlossing is op Hande!”-streekbyeenkoms te adverteer
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Doelgerigte wêreldwye poging om die “Volg die Christus!”-streekbyeenkoms te adverteer
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Bied die goeie nuus aan—Met traktate en strooibiljette
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 10/05 bl. 11

Gebruik jy strooibiljette?

’n Elfjarige seun het eendag ’n strooibiljet gevind wat ’n openbare lesing oor die hel geadverteer het. “Dit het my belangstelling gewek”, het hy later verduidelik, “want dit het gelyk of ek altyd die verkeerde ding doen, en daarom was ek baie bekommerd dat ek na ’n brandende hel toe sou gaan wanneer ek doodgaan.” Hy het die lesing bygewoon, en ongeveer ’n jaar later, ná ’n hele paar Bybelstudiesessies, is hy gedoop. So het die Christelike loopbaan van Karl Klein begin, wat later baie jare lank as ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gedien het. Dit het alles met ’n strooibiljet begin.

Strooibiljette is vandag nog steeds ’n doeltreffende hulpmiddel in die getuieniswerk. Baie verkondigers vind dat dit makliker is om hulle voor te stel en gesprekke te begin as hulle vir iemand ’n strooibiljet gee. Ouers kan hulle jong kinders by die bediening betrek deur hulle ’n strooibiljet by die deur te laat aanbied. Verkondigers wat getuig deur briewe te skryf, kan die vergaderinge adverteer deur ’n strooibiljet in te sluit. En strooibiljette is natuurlik ’n maklike manier om Bybelstudente en ander belangstellendes te nooi om ons vergaderinge by te woon.

Voor op die strooibiljet is ’n kort beskrywing van elke gemeentelike vergadering. Die adres van die Koninkryksaal en die vergaderingtye word nie aangegee nie, en jy sal dus hierdie inligting moet voorsien wanneer jy die strooibiljet aanbied. Daar is plek om hierdie inligting op die strooibiljet te skryf of te stempel as jy wil. Maak jy goeie gebruik van strooibiljette in jou bediening?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel