Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van 22 Julie aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Toon in elke demonstrasie ’n ander manier waarop die potensiële gesprekdemper “Ek is besig” oorkom kan word.—Sien die Redenering-boek, bl. 19-20.
15 min: Bespreek planne vir ontoegekende gebied. Moet deur die diensopsiener behartig word. Hersien die brief van 31 Mei 2005 oor die ontoegekende gebied sowel as die lektuuraanbod, datums, gebied waarin gewerk gaan word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie na die ontoegekende gebied gaan nie, moet planne bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word.
20 min: “Bereik soveel mense as moontlik.”a Hersien die wenke in Ons Koninkryksbediening vir Junie 2005, bladsy 8, wat op die plaaslike gebied van toepassing is, wanneer paragraaf 5 bespreek word.
Lied 88 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks Die Wagtoring van 15 Augustus 2000, bladsy 32. Beklemtoon die voordele wat dit inhou om ’n gereelde program van daaglikse Bybellees te hê, selfs wanneer ons met vakansie is en op ander tye wanneer ons nie in ons normale roetine is nie.
15 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 11.”b Sluit ’n demonstrasie in van ’n studiehouer en ’n nuwe verkondiger wat voorberei om ’n herbesoek te doen. Hulle hersien die eerste besoek en kies ’n gepaste punt om tydens die herbesoek te bespreek. Hulle berei ook ’n eenvoudige inleiding voor sowel as ’n vraag wat aan die einde van die besoek gevra kan word. Die demonstrasie eindig net voordat hulle die aanbieding wat hulle voorberei het, oefen.
20 min: Help ander om die Bybel te waardeer. Vraag-en-antwoord-bespreking gebaseer op die Aanbid God-boek, bladsye 24-5, paragrawe 3-6. Gebruik die studievrae in die boek. Sluit kommentare in uit die brosjure ’n Boek vir alle mense, bladsy 32.
Lied 10 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Stel gemeente in kennis van finale reëlings vir ontoegekende gebied wat op 1 Augustus begin. Gebruik die wenke op bladsy 4 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van 8 Augustus aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die tydskrifte tydens informele getuieniswerk by ’n mark of op ’n ander gepaste openbare plek aangebied kan word.
10 min: Skerp die waarheid in jou kind se hart in (Deut. 6:7). ’n Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 Augustus 2002, bladsye 30-1. Bring skriftuurlike beginsels na vore wat ’n Christenouer wie se maat nie ’n Getuie is nie, sal help om hulle kinders op te lei.
20 min: “Iets wat ons aan ander verskuldig is.”c Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Julie 2000, bladsy 11, paragraaf 13.
Lied 82 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Nooi gehoor om hulle Bedieningskool-boek op bladsy 70 oop te maak, en hou ’n gehoorbespreking van paragrawe 1-2 en die venster “Hoe om by vergaderinge kommentaar te lewer”.
15 min: “Help julle kinders om vooruitgang in die bediening te maak.” Toespraak en gehoorbespreking. Sluit ’n demonstrasie in van ’n ouer en kind wat ’n vereenvoudigde aanbieding gebruik. Die ouer moet die aanbieding afsluit deur die bydraereëling kortliks te verduidelik.
15 min: Het jy ’n aanpasbare benadering probeer? Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bladsy 6. Hersien die wenke wat gegee word, en verduidelik hoe ’n aanpasbare benadering met die lektuuraanbod vir Augustus gebruik kan word. Demonstreer een of twee aanbiedings.
Lied 218 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.