Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 13 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van 22 Junie aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. In een van die demonstrasies moet die tydskrifte gedurende informele getuieniswerk aangebied word.
15 min: Help ander om ongedoopte verkondigers te word. Toespraak en gehoorbespreking deur ’n ouer man, gebaseer op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bladsye 79-81. Bespreek die reëling om te bepaal of ’n Bybelstudent aan die skriftuurlike vereistes voldoen om saam met die gemeente aan velddiens deel te neem. Volgende week sal ons bespreek hoe ons Bybelstudente wat aan die vereistes voldoen om ongedoopte verkondigers te wees, kan oplei om aan die huis-tot-huis-bediening te begin deelneem.
20 min: “Die predikingswerk help ons om te volhard.”a Nooi gehoor, na gelang van tyd, om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
Lied 149 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien sleutelgedagtes in Ons Koninkryksbediening vir Julie 2003, bladsy 4. Verduidelik hoe verkondigers lektuur in ’n vreemde taal kan kry. Bespreek hoe hierdie inligting op julle gebied van toepassing is. Items in ’n vreemde taal moet deur die lektuurkneg aangevra word, al is dit net een item, sodat die nodige lektuur sonder onnodige vertragings verkry kan word.
15 min: God se Woord oefen krag uit (Heb. 4:12). Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 November 2003, bladsy 11, paragrawe 13-17. Vertel ondervindinge wat toon hoe Bybelonderrig mense kan beweeg om veranderinge in hulle lewenswyse aan te bring (w00-AF 1/1 bl. 3-5). Spoor almal aan om in alle aspekte van die bediening goed gebruik te maak van die Bybel.
20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 10.”b Sluit ’n demonstrasie van ’n oefensessie in. Terwyl die student ’n aanbieding oefen, opper die studiehouer, wat die rol van die huisbewoner speel, ’n algemene beswaar en, wanneer die student nie seker is wat om te sê nie, verduidelik die studiehouer hoe dit oorkom kan word. Reël ook voor die tyd dat een of twee kommentaar lewer oor die opleiding wat hulle ontvang het toe hulle aan die huis-tot-huis-bediening begin deelneem het.
Lied 208 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die voorgestelde aanbiedings op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Julie of die Ontwaak! van 8 Julie aangebied kan word. ’n Ander realistiese aanbieding kan gebruik word. Herhaal ná die demonstrasie die openingswoorde wat die huisbewoner se belangstelling gewek het.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Bied brosjures aan in Julie en Augustus. Toespraak en gehoorbespreking wat op die byvoegsel gebaseer is. Verduidelik kortliks hoe die byvoegsel gebruik kan word, en vestig die aandag op die venster op bladsy 3 sowel as sleutelgedagtes in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bladsy 8. Bespreek wenke wat vir julle gebied gepas is om brosjures tydens die eerste besoek aan te bied. Reël dat twee of drie aanbiedings gedemonstreer word. Gebruik ’n jonger verkondiger vir ten minste een demonstrasie.
Lied 196 en slotgebed.
Week wat begin met 4 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Vind jy baat by ’n gesinsrooster? Hersien die wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 2005, en nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die pogings wat hulle aangewend het om die wenke toe te pas sowel as die voordele wat dit vir hulle meegebring het.
20 min: “Doeltreffende getuieniswerk in openbare plekke.”c Pas dit toe op julle gebied. Herinner verkondigers daaraan om die “Volg asseblief op”-vorm (S-43) te gebruik wanneer dit gepas is.—Sien Ons Koninkryksbediening vir April 2005, bl. 5.
Lied 120 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.