Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/05 bl. 7
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 6/05 bl. 7

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Junie 2005. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 2 Mei tot 27 Junie 2005. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]

SPRAAKHOEDANIGHEDE

1. Waarom is vergelykings en metafore kragtige onderrigmiddels? (Gen. 22:17; Ps. 1:3; Jak. 3:6). [be-AF bl. 240 par. 2-4, venster]

2. Waar kan ons voorbeelde kry waaruit nuttige lesse geleer kan word, maar waarvan moet ons in dié opsig seker maak? [be-AF bl. 242 par. 1-2]

3. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons illustrasies kies wat werklik doeltreffend sal wees? [be-AF bl. 244 par. 1-2]

4. Waarom moet ons visuele hulpmiddele in ons onderrigting gebruik, en hoe het Jehovah dit gebruik? [be-AF bl. 247 par. 1-2, venster]

5. Hoe kan ons visuele hulpmiddele in die veldbediening gebruik? [be-AF bl. 248 par. 1–bl. 249 par. 2]

TOESPRAAK NR. 1

6. Watter riglyne is daar in God se Woord oor die opvoeding van kinders? [w03-AF 3/15 bl. 12 par. 2; bl. 14 par. 4]

7. Hoe het Jehovah in Dawid as ’n jong man belangstelling getoon, en hoe het Dawid in Jehovah belangstelling getoon? [w03-AF 4/15 bl. 29 par. 3; bl. 30 par. 3]

8. Waarom het Jehovah op Abel se offerande gelet, en watter versekering gee dit ons? (Gen. 4:4). [w03-AF 5/1 bl. 28 par. 4–bl. 29 par. 1]

9. Wat is “die dissipline van Jehovah” wat ons volgens Spreuke 3:11 nie moet verwerp nie? [w03-AF 10/1 bl. 20 par. 2-4]

10. Wat beteken “vergenoegdheid” soos dit in 1 Timoteus 6:6-8 gebruik word? [w03-AF 6/1 bl. 9 par. 1-2; bl. 10 par. 1]

WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE

11. Wat het die verenigende band van liefde tussen Jonatan en Dawid voorafgeskadu? (2 Sam. 1:26). [w89-AF 1/1 bl. 26 par. 13]

12. Wat kan ons leer uit Dawid se eerste poging om die verbondsark na Jerusalem te bring? (2 Sam. 6:2-9).

13. Waarom moes Dawid en Batseba se seun sterf nadat hulle gesondig het, aangesien Deuteronomium 24:16 en Esegiël 18:20 sê dat ’n seun nie vir sy vader se sonde moet sterf nie? (2 Sam. 12:14; 22:31).

14. Hoe weet ons dat Siba se bewering oor Mefiboset ’n leuen was? (2 Sam. 16:1-4).

15. Waarom is Mefiboset se reaksie op die situasie met Siba ’n goeie voorbeeld vir ons? (2 Sam. 19:24-30).

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel