Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/04 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 12/04 bl. 7

Aankondigings

◼ Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige boek wat voor 1990 gedruk is en die gemeente in voorraad het. As julle nie hiervan in voorraad het nie, vind asseblief uit of nabygeleë gemeentes ekstra ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Leer by die Groot Onderwyser.

◼ Gemeentes moet saam met hulle lektuuraanvraag vir Januarie die Gedenkmaaluitnodigings vir 2005 begin aanvra. Hierdie uitnodigings is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Veelvoude van 100 per taal moet aangevra word. Vra die uitnodigings asseblief oordeelkundig aan, aangesien dit slegs vir belangstellendes bedoel is, en nie vir algemene verspreiding nie.

◼ Die voorbladreeks “Verstaan jou dokter” in die Ontwaak! van 22 Januarie 2005 is bedoel om mense te help om groter begrip vir hulle dokter te hê. Maar dokters self sal ongetwyfeld ook in die artikels belangstel, aangesien die reeks bespreek waarom die Bybel se boodskap van hoop byval gevind het by party dokters. Jy sal dalk ekstra eksemplare wil bestel en ’n spesiale poging wil aanwend om vir jou dokter sowel as ander gesondheidsdeskundiges een te gee. Gemeentes moet die takkantoor onmiddellik in kennis stel as hulle ekstra eksemplare van hierdie nommer wil bestel.

◼ Let asseblief daarop dat die Gedenkmaal vir 2006 op Woensdag, 12 April, ná sononder gehou sal word. Hierdie kennisgewing word vroegtydig gegee sodat broers die nodige besprekings kan doen of kontrakte vir beskikbare sale kan aangaan waar ’n paar gemeentes een Koninkryksaal gebruik en ander fasiliteite moet kry. Die ouer manne moet ’n ooreenkoms met die bestuur tref wat verseker dat geen ander bedrywighede in die gebou steurings sal veroorsaak nie, sodat die Gedenkmaalviering op ’n vreedsame en ordelike manier kan geskied.

◼ Omdat die Gedenkmaal so ’n belangrike geleentheid is, moet die liggaam van ouer manne een van die bekwamer ouer manne kies om die toespraak te hou en nie net beurte maak of dieselfde broer elke jaar gebruik nie. As daar ’n ouer man van die gesalfdes is wat die toespraak kan hou, moet julle hom gebruik.

◼ Vanaf die week van 27 Junie 2005 sal ons die boek Gee ag op Daniël se profesie! by die Gemeentelike Boekstudie studeer.

◼ Gemeentes kan nou die Watchtower Library—2003 Edition begin aanvra. Hierdie kompakskyf sal in Duits, Engels, Frans, Italiaans en Portugees beskikbaar wees. Hou asseblief in gedagte dat dit ’n spesiaal aangevraagde item is. Dit moet nie vir algemene verspreiding gebruik word, in skoolbiblioteke gehou word of aan iemand gegee word wat bloot ’n belangstelling in Jehovah se Getuies toon nie. Die Watchtower Library is ’n voorsiening vir gemeentelede en kan slegs deur die gemeente verkry word.

◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:

Appreciating Our Spiritual Heritage—Engels

Doing God’s Will With Zeal—Engels

Doing What Is Right in Jehovah’s Eyes—Engels

Marked for Survival—Engels

Preserving Life in Time of Famine—Engels

Why Respect Theocratic Arrangements?—Engels

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Spirits of the Dead—Can They Help You or Harm You? Do They Really Exist?—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel