Jou hulp word benodig
1 “Dankie vir alles wat julle vir ons almal doen. Dit beteken werklik baie.” Hierdie woorde is ’n goeie weerspieëling van die dankbaarheid wat ons teenoor ons ouer manne en bedieningsknegte voel. Terwyl God se organisasie voortgaan om uit te brei, is daar ’n voortdurende behoefte aan ryp manne om in die byna 100 000 gemeentes regoor die wêreld te dien. As jy ’n gedoopte broer is, word jou hulp benodig.
2 ‘Streef daarna’: Hoe kan jy na bykomende diensvoorregte streef? (1 Tim. 3:1). Kortom, deur ’n goeie voorbeeld in alle aspekte van jou lewe te stel (1 Tim. 4:12; Tit. 2:6-8; 1 Pet. 5:3). Doen soveel moontlik in die predikingswerk, en help ander om dieselfde te doen (2 Tim. 4:5). Toon opregte belangstelling in die welsyn van medegelowiges (Rom. 12:13). Wees ’n goeie student van God se Woord, en ontwikkel die “onderrigkuns” (Tit. 1:9; 1 Tim. 4:13). Sien pligsgetrou om na die toewysings wat die ouer manne aan jou toevertrou (1 Tim. 3:10). As jy ’n gesinshoof is, moet jy “aan [jou] eie huisgesin goeie leiding gee”.—1 Tim. 3:4, 5, 12.
3 Om as ’n aangestelde kneg te dien, verg harde werk en ’n selfopofferende gees (1 Tim. 5:17). Lê jou dus daarop toe om ander nederig te dien terwyl jy na diensvoorregte streef (Matt. 20:25-28; Joh. 13:3-5, 12-17). Dink na oor Timoteus se gesindheid en probeer sy voorbeeld navolg (Fil. 2:20-22). Soos in sy geval, laat jou goeie gedrag jou aanbeveel (Hand. 16:1, 2). Terwyl jy die geestelike eienskappe aankweek wat nodig is om na bykomende voorregte om te sien, en enige raad toepas wat jou help om te verbeter, sal “jou vooruitgang vir almal duidelik . . . wees”.—1 Tim. 4:15.
4 Ouers, leer julle kinders om te help: Kinders kan van kleins af begin leer om hand by te sit. Leer hulle om tydens vergaderinge aandag te skenk, om te getuig en om hulle by die Koninkryksaal en by die skool voorbeeldig te gedra. Moedig hulle aan om ander te dien, soos om te help om die Koninkryksaal skoon te maak, die bejaardes by te staan, ensovoorts. Gee hulle die geleentheid om die geluk te smaak wat dit verskaf om te gee (Hand. 20:35). Sulke opleiding kan hulle help om die pioniers, die bedieningsknegte en die ouer manne van môre te word.