Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/04 bl. 5-8
  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2005

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2005
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • Instruksies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—2004
km 10/04 bl. 5-8

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2005

Instruksies

Gedurende 2005 sal die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.

BRONNEMATERIAAL: Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif [bi12-AF], Die Wagtoring [w-AF], Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool [be-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” [si-AF] en Redenering uit die Skrif (1989-uitgawe) [rs-AF].

Die skool moet OP TYD begin met ’n lied, gebed en verwelkoming en moet dan soos volg verloop:

SPRAAKHOEDANIGHEID: 5 minute. Die skoolopsiener, die bykomende raadgewer of ’n ander bekwame ouer man sal ’n spraakhoedanigheid uit die Bedieningskool-handboek bespreek. (In gemeentes met te min ouer manne kan ’n bekwame bedieningskneg gebruik word.) Tensy anders aangedui, moet die vensters op die toegewese bladsye by die bespreking ingesluit word. Die oefeninge moenie bespreek word nie. Dit is hoofsaaklik vir persoonlike gebruik en private raad.

TOESPRAAK NR. 1: 10 minute. Dit moet deur ’n bekwame ouer man of bedieningskneg behartig word, en dit sal gebaseer wees op Die Wagtoring, Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”. Dit moet aangebied word as ’n instruksietoespraak van tien minute sonder ’n mondelinge hersiening. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Daar word verwag dat die broers wat hierdie toespraak hou, streng by die tydreëling bly. Private raad kan gegee word indien dit nodig is.

GLANSPUNTE UIT DIE BYBELLEESGEDEELTE: 10 minute. ’n Bekwame ouer man of bedieningskneg moet die eerste ses minute gebruik om die materiaal op plaaslike behoeftes toe te pas. Hy kan op enige deel van die toegewese Bybelleesgedeelte vir die week kommentaar lewer. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Die hoofdoel is om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting nuttig is. Die spreker moet daarop let om nie meer as die toegewese ses minute vir die eerste gedeelte te gebruik nie. Hy moet seker maak dat vier minute vir gehoordeelname opsygesit word. Die gehoor moet genooi word om kort kommentare (30 sekondes of minder) te lewer oor watter gedagtes hulle in die Bybelleesgedeelte interessant en nuttig gevind het. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle toegewese klasse te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 4 minute. Dit is ’n voorlesing wat deur ’n broer behartig moet word. Die leesgedeelte sal gewoonlik uit die Bybel wees. Een keer per maand sal dit uit Die Wagtoring geneem word. Die student moet die toegewese materiaal lees sonder enige inleidende of slotopmerkings. Die hoeveelheid materiaal sal van week tot week effens verskil, maar dit behoort vier minute of minder te neem. Voordat die skoolopsiener die toewysings maak, moet hy na die materiaal kyk en sorg dat dit by die ouderdom en vermoë van die studente pas. Die skoolopsiener sal veral daarin belangstel om studente te help om met begrip, vlotheid, regte beklemtoning, modulasie, gepaste pousering en natuurlikheid te lees.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Dit sal aan ’n suster toegewys word. Studente wat hierdie toewysing ontvang, sal ’n agtergrond gegee word of kan een uit die lys op bladsy 82 van die Bedieningskool-handboek kies. Die student moet die gegewe tema gebruik en dit toepas op ’n aspek van velddiens wat in die plaaslike gemeente se gebied realisties en prakties is. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing te doen in die publikasies wat deur die “getroue en verstandige slaaf”-klas voorsien word. Nuwer studente moet toesprake gegee word waarvoor die bronnemateriaal aangegee is. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die materiaal ontwikkel en die huisbewoner help om oor die Skrif te redeneer en die sleutelgedagtes van die aanbieding te verstaan. Studente aan wie hierdie deel toegewys word, moet kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent toewys.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Die student moet die gegewe tema ontwikkel. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing te doen in die publikasies wat deur die “getroue en verstandige slaaf”-klas voorsien word. As ’n broer hierdie deel behartig, moet hy dit as ’n toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte aanbied. Wanneer ’n suster hierdie deel behartig, moet dit altyd aangebied word soos onder Toespraak nr. 3 uiteengesit is. Die skoolopsiener kan Toespraak nr. 4 aan ’n broer toewys wanneer hy dit ook al raadsaam vind. Let asseblief daarop dat temas wat met ’n sterretjie gemerk is, slegs toegewys moet word aan broers, wat dit as ’n toespraak moet hou.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se opmerkings nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. As broers wat die eerste toespraak oor ’n spraakhoedanigheid, Toespraak nr. 1 of die glanspunte uit die Bybelleesgedeelte behartig, die tydgrens oorskry, moet hulle private raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die hele program, sonder lied en gebed, duur 45 minute.

RAAD: 1 minuut. Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener hoogstens een minuut gebruik om positiewe kommentaar oor ’n aspek van die toespraak te lewer. Sy doel is nie net om “wel gedaan” te sê nie, maar eerder om die aandag te vestig op spesifieke redes waarom daardie aspek van die aanbieding doeltreffend was. Na gelang van die behoefte van elke student kan bykomende opbouende raad ná die vergadering of by ’n ander geleentheid aan die student persoonlik gegee word.

BYKOMENDE RAADGEWER: Die liggaam van ouer manne kan ’n bekwame ouer man kies, as daar buiten die skoolopsiener een beskikbaar is, om ’n bykomende raadgewer te wees. As daar baie ouer manne in die gemeente is, kan ’n ander bekwame ouer man elke jaar na hierdie toewysing omsien. Die bykomende raadgewer se verantwoordelikheid sal wees om indien nodig private raad te gee aan broers wat Toespraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig. Hy hoef nie raad te gee ná elkeen van hierdie toesprake wat deur mede- ouer manne of bedieningsknegte gehou word nie. Hierdie reëling sal vir 2005 geld en sal dalk daarna aangepas word.

RAADGEWINGSVORM: In handboek.

MONDELINGE HERSIENING: 30 minute. Elke twee maande sal die skoolopsiener ’n mondelinge hersiening hou. Dit sal voorafgegaan word deur die bespreking van ’n spraakhoedanigheid en glanspunte uit die Bybelleesgedeelte soos hierbo uiteengesit word. Die mondelinge hersiening sal gebaseer wees op materiaal wat gedurende die vorige twee maande, insluitende die huidige week, in die skool bespreek is. As julle gemeente die week van die mondelinge hersiening ’n kringbyeenkoms of kringbesoek het, moet julle die instruksies oor die roosterverandering volg wat in Ons Koninkryksbediening vir Desember 2003, bladsy 1, verskyn.

ROOSTER

3 Jan. Bybelleesgedeelte: Josua 16-20 Lied 6

Spraakhoedanigheid: Verstaanbaar vir ander (be-AF bl. 226 ¶1–bl. 227 ¶1)

Nr. 1: Vrees die ware God (be-AF bl. 272 ¶1–bl. 273 ¶1)

Nr. 2: Josua 16:1–17:4

Nr. 3: Waarom dit nie voldoende is om die Bybel net te lees nie (rs-AF bl. 177 ¶3-4)

Nr. 4: Is rykdom of armoede vandag ’n teken van ware godsvrug?

10 Jan. Bybelleesgedeelte: Josua 21-24 Lied 100

Spraakhoedanigheid: Verduidelik onbekende uitdrukkings (be-AF bl. 227 ¶2–bl. 228 ¶1)

Nr. 1: Maak God se naam bekend (be-AF bl. 273 ¶2-7)

Nr. 2: Josua 23:1-13

Nr. 3: Die regte godsdiens is op die Bybel gebaseer en maak God se naam bekend (rs-AF bl. 178 ¶1-2)

Nr. 4: Is dit gepas om Jesus te aanbid?

17 Jan. Bybelleesgedeelte: Rigters 1-4 Lied 97

Spraakhoedanigheid: Gee die nodige verduideliking (be-AF bl. 228 ¶2-3)

Nr. 1: Die persoon wat deur die naam geïdentifiseer word (be-AF bl. 274 ¶1-4)

Nr. 2: Rigters 2:1-10

Nr. 3: Die regte godsdiens openbaar ware geloof in Jesus Christus (rs-AF bl. 178 ¶3)

Nr. 4: Hoe kan jy jou teen skadelike musiekvideo’s beskerm?

24 Jan. Bybelleesgedeelte: Rigters 5-7 Lied 47

Spraakhoedanigheid: Watter rol die hart speel (be-AF bl. 228 ¶4-6)

Nr. 1: God se naam—“’n sterk toring” (be-AF bl. 274 ¶5–bl. 275 onderhofie)

Nr. 2: Rigters 6:25-35

Nr. 3: Hoe moet die Bybel ons keusevryheid raak?

Nr. 4: Die ware godsdiens is nie vormdiens nie maar is ’n lewenswyse (rs-AF bl. 178 ¶4)

31 Jan. Bybelleesgedeelte: Rigters 8-10 Lied 174

Spraakhoedanigheid: Leersaam vir jou gehoor (be-AF bl. 230 ¶1-6)

Nr. 1: Getuig van Jesus (be-AF bl. 275 onderhofie–¶7)

Nr. 2: w03-AF 1/15 bl. 19-20 ¶16-18

Nr. 3: Lede van die ware godsdiens het mekaar lief en bly afgeskeie van die wêreld (rs-AF bl. 178 ¶5–bl. 179 ¶1)

Nr. 4: Materialisme behels meer as om net besittings te verkry

7 Feb. Bybelleesgedeelte: Rigters 11-14 Lied 209

Spraakhoedanigheid: Maak ’n toespraak leersaam deur navorsing (be-AF bl. 231 ¶1-3)

Nr. 1: Beklemtoon Jesus se rol as Verlosser (be-AF bl. 276 ¶1-2)

Nr. 2: Rigters 12:1-15

Nr. 3: Waarom Jehovah se Getuies verenig is

Nr. 4: Lede van die ware godsdiens getuig daadwerklik vir God se Koninkryk (rs-AF bl. 179 ¶2)

14 Feb. Bybelleesgedeelte: Rigters 15-18 Lied 105

Spraakhoedanigheid: Verduidelik tekste (be-AF bl. 231 ¶4-5)

Nr. 1: Beklemtoon Jesus se rol as Hoëpriester en Hoof van die gemeente (be-AF bl. 277 ¶1-2)

Nr. 2: Rigters 15:9-20

Nr. 3: aAs iemand sê: ‘Solank ’n mens net aan Jesus glo, maak dit nie werklik saak aan watter kerk jy behoort nie’ (rs-AF bl. 181 ¶3)

Nr. 4: Waarom hipnotisme nie vir Christene is nie

21 Feb. Bybelleesgedeelte: Rigters 19-21 Lied 53

Spraakhoedanigheid: Verduidelik die betekenis van woorde (be-AF bl. 232 ¶1)

Nr. 1: Beklemtoon Jesus se rol as heersende Koning (be-AF bl. 277 ¶3-4)

Nr. 2: w03-AF 2/1 bl. 17-18 ¶18-21

Nr. 3: bAs iemand sê: ‘Wat laat jou dink dat daar net een geloof is wat reg is?’ (rs-AF bl. 181 ¶4)

Nr. 4: Wat is party van die “diep dinge van God”? (1 Kor. 2:10)

28 Feb. Bybelleesgedeelte: Rut 1-4 Lied 120

Spraakhoedanigheid: Redeneer oor tekste (be-AF bl. 232 ¶2-4)

Mondelinge hersiening

7 Mrt. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 1-4 Lied 221

Spraakhoedanigheid: Kies inligting waarby jou gehoor sal baat vind (be-AF bl. 233 ¶1-5)

Nr. 1: Lê Christus as die fondament (be-AF bl. 278 ¶1-4)

Nr. 2: 1 Samuel 2:1-11

Nr. 3: Jesus het nie met ’n fisiese liggaam hemel toe gegaan nie (rs-AF bl. 320 ¶2-4)

Nr. 4: Waarom ware Christene nie horoskope raadpleeg nie

14 Mrt. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 5-9 Lied 151

Spraakhoedanigheid: Gebruik van toegewese materiaal (be-AF bl. 234 ¶1–bl. 235 ¶3)

Nr. 1: Hierdie goeie nuus van die koninkryk (be-AF bl. 279 ¶1-4)

Nr. 2: 1 Samuel 5:1-12

Nr. 3: Waarom Jesus in verstoflikte liggame verskyn het (rs-AF bl. 321 ¶1-3)

Nr. 4: Hoe ons ’n hegter vriendskap met Jehovah kan opbou

21 Mrt. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 10-13 Lied 166

Spraakhoedanigheid: Doeltreffende gebruik van vrae (be-AF bl. 236 ¶1-5)

Nr. 1: Verduidelik wat die Koninkryk is (be-AF bl. 280 ¶1-5)

Nr. 2: 1 Samuel 10:1-12

Nr. 3: Hoe moet Christene geliefdes behandel wat nie aan dieselfde geloof as hulle behoort nie?

Nr. 4: Diegene wat opgewek word om saam met Christus te regeer, sal soos hy wees (rs-AF bl. 322 ¶1-5)

28 Mrt. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 14-15 Lied 172

Spraakhoedanigheid: Vrae om belangrike gedagtes in te lei (be-AF bl. 237 ¶1-2)

Nr. 1: Verduidelik hoe die Koninkryk ons lewe raak (be-AF bl. 281 ¶1-4)

Nr. 2: w03-AF 3/15 bl. 19-20 ¶17-21

Nr. 3: Waarom Christene hulle belasting betaal

Nr. 4: Wat die opstanding vir die mensdom oor die algemeen sal beteken (rs-AF bl. 323 ¶1–bl. 324 ¶1)

4 Apr. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 16-18 Lied 27

Spraakhoedanigheid: Vrae om oor ’n onderwerp te redeneer (be-AF bl. 237 ¶3–bl. 238 ¶3)

Nr. 1: Waarom skoolopleiding vir Christene belangrik is (w03-AF 3/15 bl. 10 ¶1–bl. 11 ¶5)

Nr. 2: 1 Samuel 17:41-51

Nr. 3: Waarom diegene wat opgewek word, nie vir hulle dade van die verlede veroordeel sal word nie (rs-AF bl. 324 ¶3)

Nr. 4: As ons oor gevolge nadink, kan dit ons help om die goeie lief te hê en die kwaad te haat

11 Apr. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 19-22 Lied 73

Spraakhoedanigheid: Vrae om mense hulle innerlike gevoelens te laat uitspreek (be-AF bl. 238 ¶4-6)

Nr. 1: Hoe jongmense geestelik vooruitgang kan maak (w03-AF 4/1 bl. 8-10)

Nr. 2: 1 Samuel 20:24-34

Nr. 3: Waarom ware beskeidenheid ’n innemende eienskap is

Nr. 4: Hoe die “ander dode” op aarde herlewe (rs-AF bl. 324 ¶4–bl. 325 ¶3)

18 Apr. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 23-25 Lied 61

Spraakhoedanigheid: Vrae om te beklemtoon (be-AF bl. 239 ¶1-2)

Nr. 1: Vertrou op Jehovah met jou hele hart (w03-AF 11/1 bl. 4-7)

Nr. 2: w03-AF 5/1 bl. 17 ¶11-14

Nr. 3: Dié wat deel het aan die aardse opstanding (rs-AF bl. 325 ¶4–bl. 326 ¶4)

Nr. 4: Die rede vir die Abrahamitiese verbond

25 Apr. Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 26-31 Lied 217

Spraakhoedanigheid: Vrae om verkeerde denke bloot te lê (be-AF bl. 239 ¶3-5)

Mondelinge hersiening

2 Mei Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 1-3 Lied 91

Spraakhoedanigheid: Leersame vergelykings en metafore (be-AF bl. 240 ¶1–bl. 241 ¶1)

Nr. 1: Opvoeding nie net om werk te kry nie (w03-AF 3/15 bl. 11 ¶6–bl. 14 ¶5)

Nr. 2: 2 Samuel 2:1-11

Nr. 3: Die gebeure wat met Christus se teenwoordigheid geassosieer word, vind oor ’n tydperk van jare plaas (rs-AF bl. 426 ¶2-3)

Nr. 4: Die talle voordele van eerlikheid

9 Mei Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 4-8 Lied 183

Spraakhoedanigheid: Gebruik voorbeelde (be-AF bl. 241 ¶2-4)

Nr. 1: Jehovah stel werklik in jongmense belang (w03-AF 4/15 bl. 29 ¶3–bl. 31 ¶3)

Nr. 2: 2 Samuel 5:1-12

Nr. 3: Wat is deur die Wetsverbond bereik?

Nr. 4: Christus se wederkoms is onsigbaar (rs-AF bl. 427 ¶1-3)

16 Mei Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 9-12 Lied 66

Spraakhoedanigheid: Voorbeelde in die Skrif (be-AF bl. 242 ¶1-2)

Nr. 1: Sien Jehovah wat jy doen? (w03-AF 5/1 bl. 28-31)

Nr. 2: 2 Samuel 9:1-13

Nr. 3: Die wyse waarop Jesus terugkeer en hoe elke oog hom sal sien (rs-AF bl. 427 ¶5–bl. 429 ¶2)

Nr. 4: Hoe is die woord van God lewend? (Heb. 4:12)

23 Mei Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 13-15 Lied 103

Spraakhoedanigheid: Sal dit verstaanbaar wees? (be-AF bl. 242 ¶3–bl. 243 ¶1)

Nr. 1: Noag se verslag—Het dit enige betekenis vir ons? (w03-AF 5/15 bl. 4-7)

Nr. 2: 2 Samuel 13:10-22

Nr. 3: Hoe moet ons Johannes 11:25, 26 verstaan?

Nr. 4: Gebeure wat met Christus se teenwoordigheid geassosieer word (rs-AF bl. 429 ¶3–bl. 430 ¶1)

30 Mei Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 16-18 Lied 132

Spraakhoedanigheid: Illustrasies gegrond op bekende situasies (be-AF bl. 244 ¶1-2)

Nr. 1: Nugtere denke lei tot wyse optrede (w03-AF 7/15 bl. 21-3)

Nr. 2: w03-AF 5/15 bl. 16-17 ¶8-11

Nr. 3: Christene is nie verplig om die Sabbat te hou nie (rs-AF bl. 357 ¶2–bl. 358 ¶4)

Nr. 4: Waarom nederigheid nie ’n swakheid is nie

6 Jun. Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 19-21 Lied 224

Spraakhoedanigheid: Illustrasies wat op jou gehoor van toepassing is (be-AF bl. 244 ¶3–bl. 245 ¶4)

Nr. 1: Begryp die doel van dissipline (w03-AF 10/1 bl. 20 ¶1–bl. 21 ¶6)

Nr. 2: 2 Samuel 19:1-10

Nr. 3: Hoe kan ’n Christen in God se rus ingaan?

Nr. 4: Geen Bybelverslag dat Adam ’n sabbatdag gehou het nie (rs-AF bl. 359 ¶1-3)

13 Jun. Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 22-24 Lied 74

Spraakhoedanigheid: Goeie gebruik van visuele hulpmiddele (be-AF bl. 247 ¶1-2)

Nr. 1: Wees gewillig om te leer en beheers jou tong (w03-AF 9/15 bl. 21 ¶1–bl. 22 ¶3)

Nr. 2: 2 Samuel 24:10-17

Nr. 3: Jesus het nie die Mosaïese Wet in ’n “seremoniële” deel en ’n “sede”-deel verdeel nie (rs-AF bl. 359 ¶4–bl. 360 ¶1)

Nr. 4: In watter opsigte moet ’n Christen afgeskeie van die wêreld wees?

20 Jun. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 1-2 Lied 2

Spraakhoedanigheid: Hoe Jesus visuele hulpmiddele gebruik het (be-AF bl. 247 ¶3)

Nr. 1: Leer die geheim van vergenoegdheid (w03-AF 6/1 bl. 8-11)

Nr. 2: w03-AF 6/1 bl. 12-13 ¶1-4

Nr. 3: Wat was veral betekenisvol omtrent die Tiende Gebod?

Nr. 4: Die Tien Gebooie het saam met die Mosaïese Wet verbygegaan (rs-AF bl. 360 ¶2-3)

27 Jun. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 3-6 Lied 167

Spraakhoedanigheid: Maniere om visuele hulpmiddele te gebruik (be-AF bl. 248 ¶1-3)

Mondelinge hersiening

4 Jul. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 7-8 Lied 194

Spraakhoedanigheid: Gebruik kaarte, gedrukte byeenkomsprogramme en video’s (be-AF bl. 248 ¶4–bl. 249 ¶2)

Nr. 1: Waardeer bejaarde medegelowiges (w03-AF 9/1 bl. 30-1)

Nr. 2: 1 Konings 8:1-13

Nr. 3: Hoe het Jesus die wêreld oorwin?

Nr. 4: Waarom morele beperkings nie weggeneem is toe die Tien Gebooie verbygegaan het nie (rs-AF bl. 361 ¶1-2)

11 Jul. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 9-11 Lied 191

Spraakhoedanigheid: Gebruik visuele hulpmiddele vir groter groepe (be-AF bl. 249 ¶3–bl. 250 ¶1)

Nr. 1: Getuienis dat Jesus Christus wel op die aarde was (w03-AF 6/15 bl. 4-7)

Nr. 2: 1 Konings 9:1-9

Nr. 3: Wat die Sabbat vir Christene beteken (rs-AF bl. 362 ¶1–bl. 363 ¶3)

Nr. 4: Dwelmverslawing kan oorkom word deur Bybelbeginsels toe te pas

18 Jul. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 12-14 Lied 162

Spraakhoedanigheid: Waarom jou manier van redeneer belangrik is (be-AF bl. 251 ¶1-3)

Nr. 1: Van gedagtes tot dade tot gevolge (w03-AF 1/15 bl. 30 ¶1-3)

Nr. 2: 1 Konings 12:1-11

Nr. 3: Hoe geloof ons kan help om beproewinge te verduur

Nr. 4: Na wie die Bybel as heiliges verwys (rs-AF bl. 182 ¶4–bl. 183 ¶3)

25 Jul. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 15-17 Lied 158

Spraakhoedanigheid: Waar om te begin (be-AF bl. 251 ¶4–bl. 252 ¶3)

Nr. 1: Hoe om te “begryp wat die wil van Jehovah is” (w03-AF 12/1 bl. 21 ¶3–bl. 23 ¶3)

Nr. 2: w03-AF 7/15 bl. 19 ¶15-17

Nr. 3: Waarom ons nie tot “heiliges” bid nie (rs-AF bl. 183 ¶4–bl. 184 ¶2)

Nr. 4: Hoe vertroos die heilige gees Christene?

1 Aug. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 18-20 Lied 207

Spraakhoedanigheid: Wanneer om toe te gee (be-AF bl. 252 ¶4–bl. 253 ¶2)

Nr. 1: Jongmense, wandel op ’n wyse wat Jehovah waardig is (w03-AF 10/15 bl. 23 ¶1–bl. 24 ¶1)

Nr. 2: 1 Konings 18:1-15

Nr. 3: Alle Christene kan veel vrug dra

Nr. 4: Die waarheid omtrent die verering van relieke en beelde van “heiliges” (rs-AF bl. 184 ¶3–bl. 185 ¶5)

8 Aug. Bybelleesgedeelte: 1 Konings 21-22 Lied 92

Spraakhoedanigheid: Stel vrae en gee redes (be-AF bl. 253 ¶3–bl. 254 ¶2)

Nr. 1: Die permanente oplossing vir armoede (w03-AF 8/1 bl. 4-7)

Nr. 2: 1 Konings 21:15-26

Nr. 3: Ware Christenheiliges is nie sondeloos nie (rs-AF bl. 186 ¶1)

Nr. 4: Waarom moet ons moed hê, en hoe kan ons dit aankweek?

15 Aug. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 1-4 Lied 16

Spraakhoedanigheid: Argumente wat stewig op God se Woord gegrond is (be-AF bl. 255 ¶1–bl. 256 ¶2)

Nr. 1: Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee (w03-AF 8/1 bl. 20-2)

Nr. 2: 2 Konings 3:1-12

Nr. 3: Waarom het mense voor die Vloed so lank gelewe?

Nr. 4: Die Bybel leer nie dat alle mense gered sal word nie (rs-AF bl. 343 ¶3)

22 Aug. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 5-8 Lied 193

Spraakhoedanigheid: Steun argumente deur stawende getuienis (be-AF bl. 256 ¶3-5)

Nr. 1: Leer die kuns aan om taktvol te wees (w03-AF 8/1 bl. 29-31)

Nr. 2: w03-AF 8/1 bl. 19 ¶18-22

Nr. 3: Sal alle mense uiteindelik gered word? (rs-AF bl. 344 ¶1)

Nr. 4: Watter goeie eienskappe van Jona moet ons navolg?

29 Aug. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 9-11 Lied 129

Spraakhoedanigheid: Lê voldoende bewyse voor (be-AF bl. 256 ¶6–bl. 257 ¶3)

Mondelinge hersiening

5 Sept. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 12-15 Lied 175

Spraakhoedanigheid: Poging om die hart te bereik (be-AF bl. 258 ¶1–bl. 259 ¶1)

Nr. 1: Toon jy dat jy Jehovah ernstig soek? (w03-AF 8/15 bl. 25-8)

Nr. 2: 2 Konings 12:1-12

Nr. 3: Waarom sagmoedigheid nastreef?

Nr. 4: “Alle soorte mense” sal gered word (rs-AF bl. 344 ¶2)

12 Sept. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 16-18 Lied 203

Spraakhoedanigheid: Vind uit wat in mense se hart is (be-AF bl. 259 ¶2-4)

Nr. 1: Wat het mense aangaande Jesus onthou? (w03-AF 8/15 bl. 6 ¶5–bl. 8 ¶6)

Nr. 2: 2 Konings 16:10-20

Nr. 3: Die Bybel sê dat sommige nooit gered sal word nie (rs-AF bl. 345 ¶1-3)

Nr. 4: Hoe kan ons seker maak van wat vir die Here aanneemlik is?

19 Sept. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 19-22 Lied 89

Spraakhoedanigheid: Wek positiewe gevoelens (be-AF bl. 259 ¶5–bl. 260 ¶1)

Nr. 1: “Hou voortdurend vas aan die patroon van gesonde woorde” (w03-AF 1/1 bl. 29 ¶3–bl. 30 ¶4)

Nr. 2: 2 Konings 19:20-28

Nr. 3: Eenmaal gered, beteken nie altyd gered nie (rs-AF bl. 345 ¶4-7)

Nr. 4: Wat kan ons by ons Christenbroers in eertydse Smirna leer?

26 Sept. Bybelleesgedeelte: 2 Konings 23-25 Lied 84

Spraakhoedanigheid: Help ander om godvrugtige vrees aan te kweek (be-AF bl. 260 ¶2-3)

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 1 (si-AF bl. 299 ¶1-6)

Nr. 2: w03-AF 8/15 bl. 20 ¶6-10

Nr. 3: Ons is optimisties oor die toekoms

Nr. 4: Waarom geloof werke moet hê (rs-AF bl. 346 ¶1-4)

3 Okt. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 1-4 Lied 51

Spraakhoedanigheid: Ons gedrag is vir God van belang (be-AF bl. 260 ¶4–bl. 261 ¶1)

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 2 (si-AF bl. 300-2 ¶7-16)

Nr. 2: 1 Kronieke 4:24-43

Nr. 3: Hoe ons weet dat die Duiwel werklik bestaan (rs-AF bl. 364 ¶2–bl. 365 ¶2)

Nr. 4: Jehovah het ons as individue lief

10 Okt. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 5-7 Lied 195

Spraakhoedanigheid: Help ander om ondersoek in te stel (be-AF bl. 261 ¶2-4)

Nr. 1: Die Bybel en sy kanon—Deel 3 (si-AF bl. 302-5 ¶17-26)

Nr. 2: 1 Kronieke 5:18-26

Nr. 3: Wat ons aangaande “die dag van Jehovah” weet

Nr. 4: Satan is nie slegs die kwaad in mense nie (rs-AF bl. 365 ¶3–bl. 366 ¶1)

17 Okt. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 8-11 Lied 201

Spraakhoedanigheid: Bevorder opregte gehoorsaamheid (be-AF bl. 262 ¶1-4)

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 1 (si-AF bl. 305-6 ¶1-5)

Nr. 2: 1 Kronieke 10:1-14

Nr. 3: God het nie die Duiwel geskep nie (rs-AF bl. 366 ¶2)

Nr. 4: Teenoor wie moet ons taktvol wees?

24 Okt. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 12-15 Lied 80

Spraakhoedanigheid: Werk saam met Jehovah om mense se hart te bereik (be-AF bl. 262 ¶5)

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 2 (si-AF bl. 306-7 ¶6-9)

Nr. 2: w03-AF 11/1 bl. 10-11 ¶10-13

Nr. 3: Wat dit werklik beteken om in Jehovah se naam te wandel

Nr. 4: Waarom God Satan nie dadelik vernietig het nadat hy in opstand gekom het nie (rs-AF bl. 366 ¶3–bl. 367 ¶1)

31 Okt. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 16-20 Lied 129

Spraakhoedanigheid: Goeie tydreëling (be-AF bl. 263 ¶1–bl. 264 ¶4)

Mondelinge hersiening

7 Nov. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 21-25 Lied 215

Spraakhoedanigheid: Doeltreffende vermaning (be-AF bl. 265 ¶1–bl. 266 ¶1)

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 3 (si-AF bl. 307-10 ¶10-16)

Nr. 2: 1 Kronieke 22:1-10

Nr. 3: Moenie die Duiwel se mag onderskat nie (rs-AF bl. 367 ¶2–bl. 368 ¶2)

Nr. 4: cHoe die huweliksband versterk kan word

14 Nov. Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 26-29 Lied 35

Spraakhoedanigheid: Vermaan op grond van liefde (be-AF bl. 266 ¶2-5)

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 4 (si-AF bl. 310-12 ¶17-25)

Nr. 2: 1 Kronieke 29:1-9

Nr. 3: Waarom Jehovah se knegte vervolg word

Nr. 4: Verligting van Satan se goddelose invloed is op hande (rs-AF bl. 368 ¶4–bl. 369 ¶3)

21 Nov. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 1-5 Lied 46

Spraakhoedanigheid: Vermaning wat op die Skrif gegrond is (be-AF bl. 267 ¶1-2)

Nr. 1: Die Hebreeuse teks van die Heilige Skrif—Deel 5 (si-AF bl. 312-14 ¶26-31)

Nr. 2: 2 Kronieke 2:1-10

Nr. 3: Begryp die doel van dissipline

Nr. 4: dIs alle geslagsomgang sondig? (rs-AF bl. 370 ¶1–bl. 371 ¶2)

28 Nov. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 6-9 Lied 106

Spraakhoedanigheid: Met “vrymoedigheid van spraak” (be-AF bl. 267 ¶3-4)

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 1 (si-AF bl. 315-16 ¶1-7)

Nr. 2: w03-AF 12/1 bl. 15-16 ¶3-6

Nr. 3: Hoe ons toon dat ons ons in Jehovah verlustig

Nr. 4: eWat die Bybel oor homoseksualiteit sê (rs-AF bl. 371 ¶4–bl. 372 ¶1)

5 Des. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 10-14 Lied 116

Spraakhoedanigheid: Waarom dit belangrik is om aanmoedigend te wees (be-AF bl. 268 ¶1-3)

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 2 (si-AF bl. 316-17 ¶8-16)

Nr. 2: 2 Kronieke 12:1-12

Nr. 3: Waarom ons God se onverdiende goedhartigheid nodig het

Nr. 4: Veranderinge wat aangebring moet word om God te behaag (rs-AF bl. 372 ¶2–bl. 373 ¶1)

12 Des. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 15-19 Lied 182

Spraakhoedanigheid: Vestig die aandag op wat Jehovah gedoen het (be-AF bl. 268 ¶4–bl. 269 ¶2)

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 3 (si-AF bl. 317-19 ¶17-25)

Nr. 2: 2 Kronieke 19:1-11

Nr. 3: Waarom ’n volmaakte mens kon sondig (rs-AF bl. 384 ¶1-4)

Nr. 4: Wat ons by Jesus se familie kan leer

19 Des. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 20-24 Lied 186

Spraakhoedanigheid: Toon hoe Jehovah sy knegte al gehelp het (be-AF bl. 269 ¶3-5)

Nr. 1: Die Christelike Griekse teks van die Heilige Skrif—Deel 4 (si-AF bl. 319-20 ¶26-32)

Nr. 2: w03-AF 12/15 bl. 16-17 ¶13-15

Nr. 3: Voordele wat dit inhou as ons die geheim van vergenoegdheid leer

Nr. 4: Waarom ons besef wat sonde werklik is (rs-AF bl. 385 ¶2–bl. 386 ¶2)

26 Des. Bybelleesgedeelte: 2 Kronieke 25-28 Lied 137

Spraakhoedanigheid: Laat jou vreugde oor wat God nou doen, duidelik wees (be-AF bl. 270 ¶1–bl. 271 ¶1)

Mondelinge hersiening

[Voetnote]

a Bespreek, na gelang van tyd, maniere waarop ons op stellings, besware, ensovoorts, kan reageer wat in die plaaslike gebied prakties sal wees.

b Bespreek, na gelang van tyd, maniere waarop ons op stellings, besware, ensovoorts, kan reageer wat in die plaaslike gebied prakties sal wees.

c Wys alleenlik aan broers toe.

d Wys alleenlik aan broers toe.

e Wys alleenlik aan broers toe.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel