Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. As die wenke op bladsy 8 vir julle gemeente se gebied prakties is, moet dit gebruik word om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van 22 Augustus aangebied kan word. Ander aanbiedings kan gebruik word. Meld die bydraereëling. Herinner die gehoor daaraan om volgende week die Vereis-brosjure saam te bring.
15 min: “Volharding word beloon.”a Sluit kort kommentare in oor Die Wagtoring van 15 Desember 2000, bladsye 22-3, paragrawe 15-18.
20 min: Gebruik traktate om Bybelstudies te begin. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Ons Koninkryksbediening vir November 2001, bladsye 3-4. Beklemtoon dat ons bereid is om ons by die omstandighede van elke student aan te pas, soos in paragraaf 5 gemeld word. Sluit een of twee kort demonstrasies in wat op paragrawe 8-10 gebaseer is. As ’n ander benadering in julle gebied doeltreffend is, moet julle daardie aanbieding eerder verduidelik en demonstreer. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? gebruik het.
Lied 74 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Skerp die waarheid by jou kinders in. Toespraak gebaseer op die Gesinsgeluk-boek, bladsye 55-9. Bespreek die vier maniere waarop ouers hulle kinders kan help om ’n hegte persoonlike verhouding met Jehovah op te bou, en pas die materiaal prakties toe.
20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies”—Deel 2.b Sluit ’n demonstrasie van vyf minute in. ’n Verkondiger vra ’n ouer man hoe hy ’n Bybelstudent kan help om vooruitgang te maak. Die ouer man noem dat ’n algemene probleem is dat te veel tyd gedurende die studie gebruik word om onbelangrike besonderhede en bykomstige punte te bespreek. Hy gebruik les 9 van die Vereis-brosjure en wys vir die verkondiger hoe om (1) die hoofpunte van die materiaal te beklemtoon, (2) die teksverwysings doeltreffend te gebruik en (3) die les by die behoeftes van die student aan te pas. Hy meld dat goeie voorbereiding nodig is elke keer wanneer ’n studie gehou word.
Lied 85 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Kan ons weer in Augustus ’n verkondigerhoogtepunt probeer bereik? Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Augustus betyds vir hulle Gemeentelike Boekstudieopsiener te gee. Boekstudieopsieners moet almal in hulle groep nader om seker te maak dat die hele rapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook sorg dat enige laat rapporte vir die diensjaar vir die sekretaris gegee word. Doen verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die sukses wat hulle tot dusver gehad het. Demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van 8 September aan te bied. Toon in een van die aanbiedings hoe om vir ’n onderwyser te getuig.
10 min: “Nuwe reëling om byeenkomsprogramme te hersien.” Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die artikel op bladsy 4. Noem die datums van die volgende kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag as dit beskikbaar is. Dié wat gedoop wil word, moet die presiderende opsiener vroegtydig hiervan vertel.
20 min: Bied die Skepper-boek gedurende September aan. Toespraak en demonstrasie. Noem ’n paar kommentare wat oor die publikasie gemaak is (w99-AF 6/15 bl. 25-6). Gee ’n oorsig van die inhoud van die boek, en vestig die aandag op spesifieke punte wat moontlik by mense in julle gebied byval sal vind (km-AF 4/99 bl. 2; km-AF 9/99 bl. 2). Bespreek ’n eenvoudige aanbieding wat bestaan uit ’n inleiding uit die Redenering-boek of Ons Koninkryksbediening, ’n teks en ’n punt of hoofstuk uit die Skepper-boek. Laat ’n bekwame verkondiger die aanbieding demonstreer.
Lied 220 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Augustus betyds vir hulle Gemeentelike Boekstudieopsiener te gee.
15 min: “Die Bedieningsopleidingskool—’n Groot deur wat tot bedrywigheid lei.” Toespraak en gehoorbespreking. Sluit kommentare in oor die jaarboek vir 2004, bladsye 239-40. Meld die vergadering wat by die kringbyeenkoms gehou word vir diegene wat daarin belangstel om die Bedieningsopleidingskool by te woon. Moedig diegene wat aan die vereistes voldoen, aan om hierdie vergadering by te woon.
20 min: Het jy baat gevind? Gehoorbespreking. Hersien die volgende wenke wat gedurende die afgelope diensjaar in Ons Koninkryksbediening verskyn het: Skryf jou inleiding op ’n stukkie papier neer (km-AF 10/03 bl. 12). Gee lof wat persoonlik, spesifiek en opreg is (km-AF 11/03 bl. 1). Getuig wanneer mense gewoonlik by die huis is (km-AF 12/03 bl. 1). Sit spesifieke tye opsy om die Bybel te lees, vir vergaderinge voor te berei en velddiens te doen (km-AF 1/04 bl. 4). Gebruik die “Goeie land”-brosjure wanneer jy persoonlike studie doen en die Bybel lees (km-AF 3/04 bl. 2). Stel jou dit ten doel om die Bybel deur te lees (km-AF 4/04 bl. 1). Getuig in sakegebied (km-AF 7/04 bl. 4). Gebruik traktate om Bybelstudies te begin (km-AF 8/04 bl. 2). Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle baat gevind het wanneer hulle hierdie wenke toegepas het.
Lied 145 en slotgebed.
Week wat begin met 6 September
5 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Plaaslike behoeftes.
25 min: “Openbaar die pioniergees.”c Voer ’n kort onderhoud met een of twee pioniers. Laat hulle vertel hoe die voorbeeld van ouers, ouer manne of ander hulle aangespoor het om die voltydse bediening te betree.
Lied 142 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.