Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/04 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Januarie
  • Week wat begin met 19 Januarie
  • Week wat begin met 26 Januarie
  • Week wat begin met 2 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2004
km 1/04 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Januarie

Lied 224

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om na die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights te kyk ter voorbereiding vir die bespreking by die Diensvergadering gedurende die week van 26 Januarie. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Januarie en die Ontwaak! van 22 Januarie aangebied kan word. In elke geval moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Vestig ná elke demonstrasie die aandag op ’n praktiese aspek van die aanbieding.

15 min: “Die oortreffende waarde van goddelike wysheid.”a Nooi gehoor om na gelang van die tyd kommentaar oor die teksverwysings te lewer.

20 min: “Let streng op hoe julle julle tyd gebruik.”b Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor wat hulle doen om te keer dat onbelangrike aktiwiteite inbreuk maak op hulle geestelike bedrywighede.

Lied 186 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Januarie

Lied 95

5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal aan die spesiale Diensvergadering volgende week, waartydens ons die Patient Needs and Rights-video sal hersien en die “Advance Medical Directive/Release”-kaart sal bespreek en uitdeel.

10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.

15 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: Pas God se Woord elke dag in jou lewe toe. Toespraak en gehoorbespreking. Moedig almal aan om Ondersoek die Skrif elke dag—2004 goed te gebruik. Bespreek kommentare uit die voorwoord, bladsye 3-4. Vra die gehoor wat vir hulle persoonlik die beste tyd is om die dagteks te bespreek. Bespreek die dag se teks en kommentare met die gemeente. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe ons die inligting prakties kan toepas. Moedig almal aan om elke dag ’n paar oomblikke te neem om te sien hoe hulle die materiaal kan toepas wanneer hulle die dagteks bespreek.

Lied 73 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Januarie

Lied 158

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! van 8 Februarie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe jy die tydskrifte vir ’n buurman kan aanbied.

18 min: “’n Video wat die aandag vestig op ’n belangrike tendens in die geneeskunde.” Moet deur ’n bekwame ouer man behartig word. Lees Handelinge 15:28, 29 en beklemtoon kortliks dat Christene hoofsaaklik weier om bloedoortappings te aanvaar omdat hulle God se wet oor die heiligheid van bloed nakom. Begin dan dadelik met ’n bespreking van die Patient Needs and Rights-video deur die vrae te gebruik wat in die artikel voorsien word. Sluit af deur die laaste paragraaf te lees.

15 min: Bied mediese probleme met vertroue die hoof. Toespraak deur bekwame ouer man. Gebruik die skets wat deur die takkantoor voorsien is. Hersien sleutelgedagtes in die artikel “Voorsienings om ons te help om ons van bloed te onthou”.

Lied 177 en slotgebed.

Week wat begin met 2 Februarie

Lied 204

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld die lektuuraanbod vir Februarie.

15 min: Volg Paulus na soos hy Christus nagevolg het (1 Kor. 11:1). Gehoorbespreking. Paulus het, soos Jesus, gebruik gemaak van geleenthede om te getuig vir “dié wat daar was” (Hand. 17:17). Watter geleenthede is daar om dit in ons gebied te doen? Met wie kom ons in aanraking wanneer ons gaan inkopies doen, by die werk of skool is of van openbare vervoer gebruik maak? Met wie sal ons dalk in aanraking kom wanneer ons tuis is? Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle vir mense getuig het terwyl hulle met hulle daaglikse bedrywighede besig was.

20 min: Bou vriendskappe op met medegelowiges (Spr. 18:24; 27:9). Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 Desember 2000, bladsye 22-3. Een van die seëninge van rein aanbidding is die geleentheid wat dit ons bied om ware vriende te maak. Ons omgang by vergaderinge, in velddiens en by ander geleenthede is ’n ryk bron van aanmoediging. Hoe kan ons vriendskappe met ander in die gemeente opbou? Hersien die venster “Ses stappe tot ’n blywende vriendskap”, en nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe elke punt toegepas kan word in ons handelinge met ons broers.

Lied 151 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel