Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/03 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 11 Augustus
  • Week wat begin met 18 Augustus
  • Week wat begin met 25 Augustus
  • Week wat begin met 1 September
Ons Koninkryksbediening—2003
km 8/03 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 11 Augustus

Lied 101

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van 22 Augustus aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die potensiële gesprekdemper “Ek is besig” oorkom kan word.—Sien die Redenering-boek, bladsy 19.

15 min: “Volg Jehovah se goedheid na.”a Nooi die gehoor om kort ondervindinge te vertel wat toon hoe goedhartige dade tot ’n getuienis gelei het. Prys die gemeente vir hulle pogings om medegelowiges te help.

20 min: “Die seëninge van die pionierbediening.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Nooi een of twee pioniers om kommentaar te lewer oor die seëninge wat die pionierdiens vir hulle meegebring het. Meld dat enigiemand wat in pionierdiens belangstel, ’n aansoekvorm by die sekretaris kan kry.

Lied 11 en slotgebed.

Week wat begin met 18 Augustus

Lied 82

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Kondig die datum aan van die volgende spesiale byeenkomsdag, en spoor almal aan om dit by te woon. As die byeenkoms binne die volgende paar maande gehou gaan word, moet dié wat gedoop wil word, die presiderende opsiener in kennis stel.

15 min: “Werk wat verkwik.”c Reël vooraf dat twee of drie verkondigers kommentaar lewer oor hoe die Christelike bediening hulle verkwik.

18 min: “Laat ons ons plek van aanbidding in ’n goeie toestand hou.”d (Paragrawe 1-5) Gebruik die vrae wat voorsien word. Hersien plaaslike reëlings om die Koninkryksaal skoon te maak, wanneer paragrawe 3 en 4 gedek word. Bespreek watter dinge aandag nodig het. Prys die gemeente vir hulle pogings om ’n gepaste plek vir ware aanbidding in stand te hou.

Lied 114 en slotgebed.

Week wat begin met 25 Augustus

Lied 175

10 min: Plaaslike aankondigings. Kan ons weer ’n nuwe verkondigerhoogtepunt in Augustus bereik? Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Augustus vir hulle Gemeentelike Boekstudieopsieners te gee. Boekstudieopsieners moet almal in hulle groep se rapporte kry sodat die rapport teen 6 September gereed kan wees. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar vir die sekretaris gegee word. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van 8 September aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Laat ’n ouer en ’n tienerseun of -dogter ’n oefensessie ter voorbereiding van tydskrifwerk hou. Hulle hersien elke voorgestelde aanbieding kortliks voordat hulle dit demonstreer.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: Skraap die vrymoedigheid bymekaar om te getuig (1 Tess. 2:2). Toespraak en gehoorbespreking. Verduidelik waarom baie skrikkerig voel om ander met die Koninkryksboodskap te nader. Dit gebeur selfs met diegene wat al jare lank bedrywig is. Gebruik van die ondervindinge in Die Wagtoring van 1 Desember 1999, bladsy 25; Die Wagtoring van 15 Desember 1999, bladsy 25, en Die Wagtoring van 1 April 1996, bladsy 31. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle die vrymoedigheid bymekaargeskraap het om die goeie nuus te verkondig toe hulle skrikkerig gevoel het. Sluit af met aanmoediging om op Jehovah te vertrou om ons krag te gee, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Desember 1999, bladsye 23-4.

Lied 125 en slotgebed.

Week wat begin met 1 September

Lied 84

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers weer eens daaraan om enige laat velddiensrapporte vir Augustus en die vorige maande in te gee. Meld lektuuraanbod vir September. Lewer verslag oor die vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor reëlings vir September. Reël vooraf dat een of twee verkondigers opbouende ondervindinge vertel wat hulle tot dusver geniet het.

15 min: Kom jy jou belofte na om terug te gaan? Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 15 September 1999, bladsye 10-11, onder die onderhofie “Ander maniere om ons beloftes na te kom”. Wanneer ons mense in ons bediening vind wat belangstelling toon, reël ons gewoonlik om die bespreking op ’n ander tyd voort te sit. Gaan ons getrou terug soos ons beloof het? Hersien die Bybelbeginsels wat ons moet beweeg om ons belofte te hou. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle geseën is omdat hulle so gou moontlik teruggegaan het.

20 min: “Laat ons ons plek van aanbidding in ’n goeie toestand hou.”e (Paragrawe 6-12) Gebruik die vrae wat voorsien word. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om die Koninkryksaal behoorlik in stand te hou deur die aandag te vestig op die venster op bladsy 5. Sluit ’n kort verslag in oor die toestand van julle Koninkryksaal en meld enige planne vir herstelwerk of verbeterings.

Lied 41 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel