Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 9 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Junie en die Ontwaak! van 22 Junie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. Gebruik ’n teks in elke demonstrasie.
15 min: “Die Christelike bediening—Ons vernaamste werk.”a Spoor jongmense aan om te dink aan die seëninge wat hulle kan geniet as hulle die voltydse bediening betree. Sluit kommentare in oor die materiaal onder die onderhofie “Wanneer kultuur en gewete bots”, in Die Wagtoring van 1 November 2000, bladsye 19-20.
20 min: “Aftrede—’n Deur tot groter bedrywigheid?”b Indien moontlik, kan ’n kort onderhoud gevoer word met ’n verkondiger wat sy aftrede gebruik het om meer in Jehovah se diens te doen. Vra watter aanpassings hy gemaak het en watter seëninge hy as gevolg daarvan geniet het.
Lied 190 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Junie
8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
12 min: Plaaslike behoeftes.
25 min: “Wees ywerig om ‘deeglik te getuig’.”c Gebruik die vrae wat voorsien word. Hou ’n kort demonstrasie, ná die bespreking van paragrawe 5 en 6, van hoe iemand informeel getuig vir ’n winkelklerk en die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? aanbied. Laat iemand paragrawe 7 en 8 lees voordat dit bespreek word. Sluit af deur die venster “Moet hulle nie vergeet nie!” te lees en te bespreek.
Lied 131 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 Julie en die Ontwaak! van 8 Julie aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig. In een van die demonstrasies moet die verkondiger straatgetuieniswerk doen.
20 min: Wat kan omtrent ontmoediging gedoen word? ’n Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 November 1999, bladsye 28-9, tot aan die einde van die gedeelte onder die onderhofie “Behou ’n goeie gesindheid”. Hersien praktiese wenke sowel as skriftuurlike raad. Reël vooraf dat een of twee bekwame verkondigers verduidelik wat hulle help om hulle vreugde in die bediening te behou.
15 min: “Die predikingswerk in ’n wêreld wat voortdurend verander.”d Vra die gehoor wanneer paragrawe 2-3 bespreek word, om aktuele gebeure te meld waarmee hulle gesprekke in die plaaslike gebied kan begin. Hou ’n kort demonstrasie wanneer paragraaf 4 bespreek word, waarin een van die voorgestelde aanbiedings gebruik word.
Lied 15 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Hersien lektuuraanbod vir Julie en Augustus. Vestig die aandag op twee brosjures wat die gemeente in voorraad het. Hou goed voorbereide demonstrasies van hoe dit in die bediening aangebied kan word. Sien Ons Koninkryksbediening vir Julie 1998, bladsy 8, vir voorgestelde aanbiedings. Ander aanbiedings kan in die Watch Tower Publications Index gevind word onder “Presentations” en die gesentreerde onderhofie “List by Publication”.
15 min: “Gestremd—dog produktief.”e Sluit kommentare in oor wat ander kan doen om te help, gebaseer op die Ontwaak! van 22 Augustus 1990, bladsye 22-3, onder die onderhofie “Wat kan gedoen word?”
20 min: Gebruik God se Woord doeltreffend om die Koninkryk te verkondig. Gehoorbespreking wat deur die diensopsiener behartig moet word. Ons probeer om ’n opbouende skriftuurlike gedagte oor die Koninkryk te bespreek met elkeen wat ons in ons bediening teëkom. Ons moet egter meer doen as om Bybeltekste net te lees. Ons moet dit verduidelik, illustreer en toepas. Lig toe hoe dit gedoen kan word deur gebruik te maak van die tekste in die Redenering-boek, bladsy 351, onder die skuinsgedrukte onderhofie “Menseheersers voorsien nie wat die mensdom broodnodig het nie”. Ná die bespreking moet ’n goed voorbereide verkondiger demonstreer hoe een teks doeltreffend tydens ’n herbesoek gebruik kan word deur ’n bondige verduideliking, ’n eenvoudige illustrasie en ’n kort toepassing wat vir die huisbewoner toon hoe hy persoonlik by Koninkryksheerskappy sal baat vind. Begin die demonstrasie met die verkondiger wat die teks lees. Hersien ná die demonstrasie hoe die teks verduidelik, geïllustreer en toegepas is. Moedig almal aan om die vermoë te ontwikkel om God se Woord doeltreffend te gebruik.
Lied 171 en slotgebed.
Week wat begin met 7 Julie
5 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: Plaaslike ondervindinge. Vertel of demonstreer ondervindinge van plaaslike verkondigers (1) wat getuig het vir verskeie etniese groepe of vir mense wat ander tale praat of (2) wat op ander maniere as van huis tot huis en op straat getuig het. Spoor almal aan om goed gebruik te maak van die boekie Good News for All Nations en die “Volg asseblief op”-vorm (S-43-AF) wanneer hulle mense teëkom wat doof is of ’n ander taal praat.—Sien die brief aan alle gemeentes van 1 Junie 2000.
25 min: “Maak God se naam bekend.”f Gebruik die vrae wat voorsien word. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet kommentare ingesluit word oor die venster “Hulle maak God se naam bekend” op bladsy 124 van die Verkondigers-boek. Laat ’n bekwame verkondiger ’n herbesoek demonstreer. Gebruik twee of drie tekste uit die Redenering-boek, bladsye 217-18, om te toon waarom dit belangrik is om God se persoonlike naam te ken en te gebruik.
Lied 197 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
f Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.