Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/03 bl. 1
  • Wees gesond van verstand namate die einde nader kom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees gesond van verstand namate die einde nader kom
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik geestelike doelwitte om jou Skepper te verheerlik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 10/03 bl. 1

Wees gesond van verstand namate die einde nader kom

1 God se Woord beskryf Jehovah se dag herhaaldelik as iets wat “soos ’n dief” kom—dit wil sê skielik, vinnig, onverwags (1 Tess. 5:2; Matt. 24:43; 2 Pet. 3:10; Op. 3:3; 16:15). “Daarom moet julle . . . gereed wees”, het Jesus gesê, “want die Seun van die mens kom op ’n uur waarvan julle dit nie dink nie” (Matt. 24:44). Hoe kan ons geestelik waaksaam bly namate die einde nader kom? ’n Sleutel word gevind in die geïnspireerde vermaning: ‘Wees gesond van verstand.’—1 Pet. 4:7.

2 Om gesond van verstand te wees, behels dat ons dinge uit Jehovah se oogpunt beskou (Ef. 5:17). Dit help ons om onsself as “vreemdelinge en tydelike inwoners” in die huidige stelsel van dinge te sien (1 Pet. 2:11). Dit stel ons in staat om te onderskei wat werklik belangrik is, prioriteite te stel en goeie besluite te neem.—Fil. 1:10.

3 Stel geestelike doelwitte: As ons geestelike doelwitte stel en dit bereik, help dit ons om gesond van verstand te wees. Het jy geestelike doelwitte wat jy op die oomblik nastreef? Probeer jy die Bybel daagliks lees, al die Christelike vergaderinge bywoon, elke nommer van Die Wagtoring en Ontwaak! lees of dalk jou deelname aan die bediening vergroot? Jy sal dalk verbaas wees oor die resultate as jy gepaste doelwitte stel, jou inspan om dit te bereik en Jehovah vra om jou pogings te seën.

4 Een ouer man het ’n jong paartjie oor hulle geestelike doelwitte uitgevra. Sy vrae het hulle laat besef dat hulle die pionierdiens sal kan betree as hulle hulle lewe vereenvoudig en ontslae raak van hulle skuldlas. Hulle het besluit om dit hulle doelwit te maak. Hulle het ywerig gewerk om hulle skuld af te betaal en maniere gevind om onnodige aktiwiteite uit te skakel wat hulle tyd en energie in beslag geneem het. Presies ’n jaar later het hulle hulle doelwit bereik. Met watter gevolg? Die man sê: “Sonder doelwitte sou ons nie gewees het waar ons nou is nie. Ons is gelukkiger. Ons lewe is rustiger en beter. Dit het ware betekenis en is doelgerig.”

5 Laat ons, terwyl ons op Jehovah se dag wag, geestelik waaksaam bly deur gesond van verstand te lewe, vasbeslote om God se wil te doen.—Tit. 2:11-13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel