Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/02 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Augustus
  • Week wat begin met 19 Augustus
  • Week wat begin met 26 Augustus
  • Week wat begin met 2 September
Ons Koninkryksbediening—2002
km 8/02 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Augustus

Lied 76

13 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van 22 Augustus aangebied kan word. In elke demonstrasie moet ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Waarom besoek julle ons so dikwels?” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsy 20.

20 min: “Stel geestelike doelwitte.”a Wanneer paragraaf 5 bespreek word, sluit aanmoedigende kommentare in oor gewone pionierdiens sowel as sending- en Betheldiens uit die Ons bediening-boek, bladsye 114-16.

12 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi die gemeente om ondervindinge te vertel wat hulle gehad het wanneer hulle die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? gebruik het. Is enige Bybelstudies al begin? Indien wel, verduidelik hoe of demonstreer een of twee ondervindinge. Hersien die venster “Geleenthede om die traktaat te versprei” in Ons Koninkryksbediening vir November 2001, bladsy 4. 

Lied 123 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Augustus

Lied 182

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Kondig die datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan en spoor almal aan om vroeg daar te wees en aandagtig na die hele program te luister. Moedig verkondigers aan om nuwe belangstellendes en Bybelstudente daarheen te nooi.

15 min: Wat hou hulle terug? Gehoorbespreking en demonstrasie. In ons bediening kom ons dikwels mense teë wat onwillig is om hulle oortuigings te bespreek. Dit kan verhinder dat ons die Koninkryksboodskap aan hulle oordra. As ons besef waarom die persoon huiwerig is, kan dit ons help om aan ’n benadering te dink wat hom met ons sal laat praat. Bespreek hoe ons ons aanbieding kan aanpas wanneer ons die volgende soorte mense teëkom: (1) Dié wat onverskillig is oor godsdiens, selfs hulle eie. (2) Dié met ’n emosionele verbintenis aan godsdiensgebruike wat deur hulle familie of voorouers beoefen is. (3) Dié wat nie daarvan hou om hulle oortuigings te bespreek nie omdat hulle dit nie eintlik uit die Skrif kan ondersteun nie. (4) Dié wat bevooroordeeld is teen ons weens misleidende kommentare van teenstanders. Pas die lys by die plaaslike gebied aan en konsentreer op gesindhede wat julle dikwels teëkom. Sluit ’n kort demonstrasie in wat toon hoe ons iemand by ’n skriftuurlike gesprek kan betrek.

18 min: “Toon Christelike lojaliteit wanneer ’n familielid uitgesit is.”b (Paragrawe 1-8) Moet deur ’n bekwame ouer man behartig word wat die vrae gebruik wat voorsien is. Laat ’n broer wat ’n goeie leser is, elke paragraaf hardop lees.

Lied 136 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Augustus

Lied 189

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Augustus aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouers te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet almal in hulle groep se rapporte kry sodat al die rapporte teen 6 September bymekaargetel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar aan die sekretaris gegee word. Lewer verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die welslae wat tot dusver behaal is. Gebruik die wenke op bladsy 8 en laat ’n gemeentelike verkondiger demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 September aangebied kan word. Spoor alle verkondigers aan om ’n teks in hulle aanbieding te gebruik.

17 min: “Ons moet kommunikeer!”c Spoor verkondigers in die slot aan om die hoofstuk “Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter” in die boek Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool, bladsye 62-5, te hersien.

18 min: “Toon Christelike lojaliteit wanneer ’n familielid uitgesit is.”d (Paragrawe 9-14) Moet deur ’n bekwame ouer man behartig word wat die vrae gebruik wat voorsien is. Laat ’n broer wat ’n goeie leser is, elke paragraaf hardop lees.

Lied 125 en slotgebed.

Week wat begin met 2 September

Lied 84

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om enige laat velddiensrapporte vir Augustus aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouers te gee. Bespreek kortliks die artikel “Lees saam met jou kinders” in Die Wagtoring van 1 Mei 1999, bladsy 25.

20 min: Doen voorbereiding voor jy uitgaan. Bespreking en demonstrasie. Goeie beplanning dra daartoe by dat ons bediening doeltreffend is. Jy moet dus vooraf: (1) die lektuur kry wat jy gaan nodig hê; (2) sorg dat jy genoeg huis-tot-huis-verslagvorms en ’n pen of potlood het; (3) vervoerreëlings tref, as jy nie jou eie vervoer het nie; (4) aan die herbesoeke dink wat jy wil doen; (5) voorberei wat jy gaan sê. As jy die velddiensvergadering gaan hou, moet jy genoeg gebied kry. Bespreek twee of drie maniere waarop die Skepping-boek gedurende September in die bediening aangebied kan word. Demonstreer een van die aanbiedings, en gebruik ’n teks in die gesprek.—Sien wenke in Ons Koninkryksbediening vir September 1996, bladsy 8, en Junie 1995, bladsy 4.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of nooi die gemeente om ondervindinge te vertel wat hulle tydens informele getuieniswerk gehad het, moontlik wanneer hulle oor die goeie nuus gepraat het met mense in parkeerterreine, op openbare vervoer, in parke, in winkelsentrums, by stilhouplekke vir vragmotors en op ander openbare plekke. Demonstreer een of twee ondervindinge.

Lied 99 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel