Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/02 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Mei
  • Week wat begin met 20 Mei
  • Week wat begin met 27 Mei
  • Week wat begin met 3 Junie
Ons Koninkryksbediening—2002
km 5/02 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Mei

Lied 37

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Mei en die Ontwaak! van 22 Mei aangebied kan word. In elke demonstrasie kan ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Ek is besig” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsye 19-20.

15 min: “Ons geloof beweeg ons om goeie werke te doen.”a Voer ’n kort onderhoud met ’n ywerige Getuie wanneer paragraaf 2 bespreek word. Laat die verkondiger vertel hoe deelname aan die getuieniswerk bewys lewer van sy of haar geloof en dit versterk.

15 min: Jy kan geestelik vooruitgang maak. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 1998, bladsy 24. Pas dit plaaslik toe.

Lied 115 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Mei

Lied 13

13 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Hersien Vraebus. Teokratiese nuus.

17 min: Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou. Toespraak deur ’n ouer man wat ’n gesinshoof is, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 2001, bladsy 21. Nooi een of twee gesinshoofde om te vertel wat hulle doen om ’n geestelike sterk gesin te bou.

15 min: Plaaslike behoeftes.

Lied 169 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Mei

Lied 208

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 en laat ’n ouer verkondiger demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 Junie aan te bied en laat ’n jonger verkondiger wys hoe om die Ontwaak! van 8 Junie aan te bied. Lewer ná elke demonstrasie kommentaar oor hoe maklik ’n teks in die aanbieding gebruik kan word.

15 min: “Het julle gemeente ’n groot gebied?” Toespraak en gehoorbespreking wat deur die diensopsiener behartig moet word. (Gemeentes wat ’n klein gebied het, kan die artikel “Gebruik jou tyd goed” in Ons Koninkryksbediening vir Junie 1999 hersien.) Sê hoeveel gebied die gemeente het en hoeveel daarvan gedurende die afgelope jaar gedek is. Verduidelik hoe die wenke plaaslik toegepas kan word. Hersien reëlings om in die nabye toekoms gebied te dek waarin daar selde gewerk word.

18 min: “Gebruik jy die Vereis-brosjure om studies te begin?” (Vir hierdie bespreking moet almal die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002 by hulle hê.) Begin met ’n demonstrasie deur ’n goed voorbereide verkondiger wat die voorbeeld in paragraaf 3 gebruik om ’n studie te begin. Noem daarna uitstaande punte in die brosjure en verduidelik hoe dit goed saamgestel is sodat ons dit kan gebruik om studies te begin. Sê waarom dit nuttig is om die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel van Januarie 2002 te hersien. Vra die gehoor watter aanbiedings hulle met welslae gebruik het. Sluit af deur die demonstrasie hierbo te herhaal.

Lied 93 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Junie

Lied 178

15 min: Plaaslike aankondigings. “Wat moet jy vir ’n antwoordmasjien sê?” Laat die verkondigers vertel watter seëninge hulle ondervind het omdat hulle gedurende Maart, April of Mei aan die hulp- of gewone pionierdiens deelgeneem het.

15 min: Hoe die Redenering-boek ander Bybelvertalings gebruik. Kort toespraak, gevolg deur ’n gehoorbespreking. Lees paragraaf 2 op bladsy 8 van die Redenering-boek, en verduidelik waarom en hoe ons in ons bediening die aandag op die Bybel moet vestig. Verwys na die lys afkortings van Bybelvertalings op bladsy 6, en verduidelik waarom ons uitdrukkings uit ander vertalings gebruik. Bespreek die punte waarna ’n mens moet oplet, wat in Die Wagtoring van 1 Oktober 1997, bladsy 16, paragraaf 2 en bladsy 20, paragraaf 15, genoem is. Gebruik die onderwerpe “Apostoliese opvolging”, “Beelde” en “Drie-eenheid” in die Redenering-boek, en nooi die gehoor om te toon hoe nuttig dit kan wees om vertalings te vergelyk wanneer ’n mens iemand die waarheid leer.

15 min: Kan jy ontmoediging die hoof bied? Hartlike en bemoedigende toespraak, met ’n mate van gehoordeelname, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Februarie 2001, bladsy 20. Pas dit plaaslik toe.

Lied 56 en slotgebed.

[Voetnoot]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel