Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/02 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 April
  • Week wat begin met 15 April
  • Week wat begin met 22 April
  • Week wat begin met 29 April
  • Week wat begin met 6 Mei
Ons Koninkryksbediening—2002
km 4/02 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 8 April

Lied 39

13 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om na die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? te kyk ter voorbereiding vir die bespreking by die Diensvergadering gedurende die week van 22 April. Op die platteland moet die ouer manne hierdie video vir gesinne probeer wys wat nie videotoerusting het nie. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee aparte demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van 22 April aangebied kan word. In elke demonstrasie kan ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper, “Ek het my kerk”, te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsye 18-19.

12 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Doen goed aan almal.”a Voer ná die vraag-en-antwoord-bespreking ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat vertel hoe hulle meer doen in hulle bediening.

Lied 157 en slotgebed.

Week wat begin met 15 April

Lied 101

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: Pioniers hou aan om ander te help. Diensopsiener hou ’n paneelbespreking met ’n Gemeentelike Boekstudiehouer, ’n pionier en ’n verkondiger. Die diensopsiener hersien die “Pioniers help ander”-program soos dit uiteengesit word in Ons Koninkryksbediening vir September 1998, bladsy 4. Dan bespreek hy met elkeen op die paneel wat sy of haar rol in die program is en hoe die program aan sy doel beantwoord. Wat is al gedoen om ’n sukses daarvan te maak? Die diensopsiener nooi alle verkondigers om hom te laat weet as hulle hulp in die bediening wil hê. Dié wat in die verlede gehelp is, kan weer by die program ingesluit word om verdere hulp in ’n ander aspek van die bediening te ontvang.

20 min: “Die vreugde van die voltydse diens.”b Moedig jongmense aan om aansoek te doen om gedurende die skoolvakansie hulppionierdiens te doen. As dit prakties is, kan een van die ouers ook daardie maand hulppionierdiens doen en hulle sodoende oplei en aanmoedig.

Lied 199 en slotgebed.

Week wat begin met 22 April

Lied 90

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 en laat ’n bedieningskneg demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 Mei aan te bied en laat ’n suster wys hoe om die Ontwaak! van 8 Mei aan te bied. Ná elke demonstrasie kan jy die eerste sin of twee herhaal waardeur die huisbewoner se belangstelling gewek is.

15 min: Wees betyds! ’n Toespraak. Bedrywighede wat met ons aanbidding en diens verband hou, is belangrik en verg “’n vasgestelde tyd” (Pred. 3:1). Ons wil ten volle baat vind by teokratiese voorsienings. Gemeentelike en velddiensvergaderinge moet stiptelik op die vasgestelde tyd begin. Jehovah voer sy bedrywighede nooit laat uit nie (Hab. 2:3). Moet ons in hierdie opsig verbeter? Soms is mense laat weens omstandighede buite hulle beheer. Maar as ons goed georganiseerd is, hoef ons nie gewoonlik laat te wees en eers ná die openingslied en -gebed by ’n vergadering aan te kom of nadat velddiensreëlings reeds gemaak is nie. Bespreek praktiese maniere om beter gewoontes aan te kweek wat sal verseker dat ons betyds is vir alle geestelike bedrywighede.—Sien Die Wagtoring van 15 Junie 1990, bladsy 29.

20 min: “’n Entoesiastiese reaksie!”c Al kon julle gemeente of boekstudiegroep nie reël om na hierdie video te kyk nie, moet julle hierdie artikel nog steeds bespreek. Vra die gemeente in paragraaf 1 om kortliks te sê hoe hulle oor die video Young People Ask—How Can I Make Real Friends? voel. Begin dan onmiddellik met ’n gehoorbespreking van elke vraag in paragrawe 2-7. Bespreek ook punte uit hoofstuk 8 van die Jongmense vra-boek.

Lied 191 en slotgebed.

Week wat begin met 29 April

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April vir hulle boekstudiehouers te gee.

15 min: “Die Koninkrykspredikingswerk help om lewens te red!”d Vra die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe die tekste van toepassing is.

20 min: Doen navorsing met behulp van die Redenering-boek. Gehoorbespreking. In die bediening vra mense dikwels vrae oor onderwerpe wat nie op die lys onder “Hoofonderwerpe” (bladsye 5-6) in die Redenering-boek verskyn nie. Die “Saakregister” (bladsye 439-45) is baie nuttig om tekste ter ondersteuning van ons oortuigings te vind. Nooi die gehoor om saam na die antwoorde op die volgende vrae te soek deur elke skuinsgedrukte woord in die saakregister na te slaan: Wat is ’n Christen se beskouing van volksliedere en vlae? Waarom laat God rampe toe? Hoe kan jy die Bybel se beskouing van egskeiding verduidelik? Waarom en wanneer moet susters soms ’n hoofbedekking dra? Wat is die oorsprong van Moedersdag? Hoe weet ons dat 144 000 in die Bybel ’n letterlike getal is? Wat beteken die gelykenis van die ryk man en Lasarus? Spoor almal aan om die Redenering-boek in die bediening te gebruik.

Lied 28 en slotgebed.

Week wat begin met 6 Mei

Lied 141

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Hou aan om by Die Wagtoring en Ontwaak! baat te vind”.

10 min: Ons planne vir die komende maande. Toespraak en gehoorbespreking. Gee ’n oorsig van bedrywighede wat gewoonlik vir die volgende paar maande beplan is: ’n kringbyeenkoms of spesiale byeenkomsdag, ’n maand of meer van hulppionierdiens, die ontoegekendegebied-kampanje, werk aan die huis en moontlik ’n vakansie of ’n bietjie ontspanning. Vra ’n paar om te vertel wat hulle planne is en hoe hulle gaan seker maak dat hulle, selfs wanneer hulle op vakansie is, nie hulle gesinstudie, gemeentelike vergaderinge en velddiens afskeep nie. Sê watter reëlings getref word om gedurende Augustus, September en Oktober in die ontoegekende gebied te werk. Herinner almal daaraan om te sorg dat hulle hulle velddiensrapport vir die Gemeentelike Boekstudiehouer gee, of hulle tuis is of nie.

25 min: “Gesinne wat geestelik sterk is—Hoe?”e Bespreek eers die artikel en vertel dan ’n paar praktiese ondervindinge uit Die Wagtoring van 15 Februarie 1999, bladsye 10-12.

Lied 17 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel