Teokratiese nuus
◼ Ons het opwindende nuus om julle te vertel in verband met die Koninkryksaalbouprogram. Teen die einde van Augustus is altesaam 60 Koninkryksale in die 2001-diensjaar toegewy. Dit is beslis prysenswaardig, en ons bedank almal wat by die bou van hierdie sale betrokke was, vir hulle harde werk. Gedurende Augustus is 19 nuwe sale toegewy, naamlik: Mahlubini en Tsolo (Oos-Kaap); Ga-Rankuwa Sone 2 en Soshanguve-Noord (Gauteng); Loskop, Makhutha-Oos en Mhlatuze (KwaZulu-Natal); Kolojane, Lekokoaneng, Mapoteng en Teyateyaneng (Lesotho); Mariental en Otjiwarongo (Namibië); Zebediela (Noordelike Provinsie); Ikageng (Noord-Wes); Ezulwini, Mafutseni en Ntabamhlophe (Swaziland) en Riversdal (Wes-Kaap).
Gedurende die afgelope drie jaar is 61 nuwe gemeentes gestig. Weens hierdie goeie vermeerdering het nog sowat 300 gemeentes met meer as 30 verkondigers elk ’n Koninkryksaal nodig. Kan meer vrywilligers hulle beskikbaar stel om die hardwerkende Streekboukomitees te help? Kry ’n Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire-vorm (S-82) by julle gemeentelike sekretaris as jy graag by een van die spanne wil aansluit.