Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 13 Augustus
13 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Kondig die datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan, spoor almal aan om die hele program by te woon en moedig verkondigers aan om hulle Bybelstudies asook nuwe belangstellendes te nooi. Daar is net twee naweke in Augustus oor, moedig dus alle verkondigers aan om voor die einde van die maand aan die bediening deel te neem.
17 min: “Wil jy graag meer doen?”a Moedig gedoopte broers aan om daarna te streef om as bedieningsknegte en ouer manne te kwalifiseer. Daar is ’n groot behoefte aan nog bedieningsknegte in baie gemeentes. Sluit wenke in oor hoe jy meer kan doen om vir mense in julle gebied te getuig wat ’n ander taal praat. Lewer kortliks kommentaar oor Die Wagtoring van 15 Junie 1997, bladsye 26-9.
15 min: “Hou ontspanning op sy plek.” ’n Boekstudiehouer praat ná die studie met ’n egpaar. Hy meld op ’n vriendelike wyse dat hy hulle nie onlangs in velddiens of by die vergaderinge oor naweke gesien het nie. Die egpaar verduidelik dat vakansies en ander bedrywighede hulle besig gehou het. Die ouer man bespreek hoofpunte in die artikel en help die egpaar om te sien dat geestelike belange altyd eerste gestel moet word. Hulle spreek waardering uit vir die goeie herinneringe. Hulle sê dat hulle in die toekoms beter prioriteite sal stel.—Sien Die Wagtoring van 1 Oktober 2000, bladsye 19-20.
Lied 68 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: “Julle is ‘’n teaterskouspel’!”b Meld ’n paar plaaslike gevalle waar mense gunstige opmerkings oor die werk of gedrag van Jehovah se Getuies gemaak het.—Sien Die Wagtoring van 15 Maart 1998, bladsy 10, en 15 Januarie 1999, bladsy 32.
20 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 72 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Augustus aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouer te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet almal in hulle groep se rapporte kry sodat die gemeenterapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar aan die sekretaris gegee word. Lewer verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die welslae wat tot dusver behaal is. Gee kortliks een of twee wenke oor hoe die Skepping-boek gedurende September in die bediening aangebied kan word.—Sien voorbeelde in Ons Koninkryksbediening vir September 1996, bladsy 8, en Junie 1995, bladsy 4.
30 min: “Goeie maniere—’n kenmerk van godvresende mense.” Ouer man hou ’n toespraak van vyf minute oor paragrawe 1-5. Dan bespreek hy die res van die artikel op die verhoog met ’n ander ouer man en ’n bedieningskneg. Hulle bespreek hoe ’n mens sekere onbedagsame gewoontes kan oorkom wat afbreuk kan doen aan ons vergaderinge en ons minder daarby laat baat vind. Hulle beklemtoon hoe ons omgang met mekaar waarlik aanmoedigend is wanneer ons op liefdevolle wyse besorg is oor die belange van ander.—Fil. 2:4.
Lied 74 en slotgebed.
Week wat begin met 3 September
8 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
17 min: “Hoe belangrik is Christelike omgang?”c Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 15 Januarie 1996, bladsy 22, onder die onderhofie “Deur die gemeente”.
20 min: As iemand sê. Bespreking en demonstrasies. Wanneer mense in die bediening iets sê of vrae vra wat ons nie verwag nie, moet ons dit probeer beantwoord en nie die onderwerp verander of die gesprek beëindig nie. Die Redenering-boek sal dikwels nuttig wees in sulke gevalle. Vestig die aandag op ’n paar algemene opmerkings, en laat verkondigers demonstreer hoe om hierop te reageer deur die kommentare in die Redenering-boek te gebruik. Byvoorbeeld: ‘Ek glo nie aan God nie’ (bladsye 165-6). ‘Waarom raak julle nie betrokke by pogings om die gemeenskap te verbeter nie?’ (bladsye 228-9). ‘Dit maak nie werklik saak aan watter kerk jy behoort nie’ (bladsy 181). Moedig almal aan om hierdie kenmerk van die Redenering-boek te gebruik wanneer onverwagte situasies in die bediening opduik.
Lied 121 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.