Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Mei
  • Week wat begin met 21 Mei
  • Week wat begin met 28 Mei
  • Week wat begin met 4 Junie
Ons Koninkryksbediening—2001
km 5/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Mei

Lied 3

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner almal daaraan om verdere geestelike bystand te verleen aan belangstellendes wat die Gedenkmaal bygewoon het.

15 min: Kan rykdom jou gelukkig maak? Toespraak deur ’n ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Mei 1998, bladsye 4-6.

20 min: “Die woord van God . . . oefen krag uit.”a Sluit twee goed voorbereide demonstrasies in om te toon hoe kort aanbiedings die aandag op God se Woord kan vestig.

Lied 31 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Mei

Lied 52

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: Hulle het ’n verstandige keuse gemaak. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Oktober 1997, bladsye 19-21, paragrawe 3-16. Haal pioniers aan om te toon waarom hulle meen dat hulle hulle lewe op die lonendste, voordeligste manier gebruik het. Moedig almal in die gehoor aan om die moontlikheid te ondersoek of hulle pioniers kan word.

15 min: Plaaslike behoeftes.

Lied 105 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Mei

Lied 58

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Mei aan hulle boekstudiehouer te gee.

15 min: Wat is jou planne vir die komende maande? ’n Ouer man of ’n bedieningskneg en sy gesin bespreek hulle planne vir die komende maande. Hulle bespreek hoe hulle aan die ontoegekendegebied-kampanje wil deelneem en dat hulle die kringbyeenkoms of spesiale byeenkomsdag wil bywoon, asook al die sessies van die streekbyeenkoms aan die einde van die jaar. Die gesin gesels oor die goeie ondervindinge wat hulle gedurende vorige ontoegekendegebied-kampanjes gehad het en hoe hulle dit geniet het om ander gemeentes te besoek. Hulle bespreek ook hulppionierdiens en die moontlikheid van ’n vakansie om ’n bietjie te gaan ontspan. Hulle stem almal saam dat hulle nie teokratiese bedrywighede wil nalaat nie, soos om gemeentelike vergaderinge by te woon, aan velddiens deel te neem en hulle gesinsbybelstudie te hou, selfs al reis hulle êrens heen. Hulle sal seker maak dat hulle hulle velddiensbedrywighede stiptelik aan hulle boekstudiehouer rapporteer, hetsy hulle tuis of met vakansie is.

20 min: “Deel met ander na gelang van hulle behoeftes.” Toespraak deur ’n bekwame ouer man. Pas dit plaaslik toe.

Lied 79 en slotgebed.

Week wat begin met 4 Junie

Lied 100

10 min: Plaaslike aankondigings en velddiensondervindinge.

15 min: “Gee die oeswerk jou volle ondersteuning.”b Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet die voorbeeld in Die Wagtoring van 15 September 1996, bladsye 18-19, paragraaf 10, ingesluit word, om te toon wat sommige doen om hulle bediening uit te brei.

20 min: “Ons het ons gebied al baie kere deurgewerk!”c Moet deur diensopsiener behartig word. (Gemeentes met gebied waarin daar selde gewerk word, kan die artikel “Tydskrifte kondig die Koninkryk aan”, in Ons Koninkryksbediening vir April 1998, hersien.) Bespreek wat gedoen kan word om plaaslike gebied deegliker te dek. Vertel ondervindinge in die 1997-jaarboek, bladsy 204, en Die Wagtoring van 15 Februarie 1996, bladsy 26. Beklemtoon hoe belangrik dit is om goeie huis-tot-huis-verslae te hou, mense wat nie tuis was nie weer te besoek en herbesoeke gou te doen.

Lied 142 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel