Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/01 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2001
Ons Koninkryksbediening—2001
km 3/01 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wend ’n spesiale poging aan om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Bied die Kennis-boek of Vereis-brosjure aan met die doel om tuisbybelstudies te begin. Junie: Wat vereis God van ons? of Kennis wat tot die ewige lewe lei. Spits julle daarop toe om tuisbybelstudies te begin.

◼ Verkondigers wat in April as hulppioniers wil dien, moet nou reeds hulle reëlings tref en hulle aansoekvorm vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige velddiensreëlings te tref en genoeg tydskrifte en ander lektuur in voorraad te hê. Die name van almal wat goedgekeur is om hulppionierdiens te doen, moet in die gemeente aangekondig word.

◼ Die Gedenkmaal sal op Sondag, 8 April 2001, gehou word. Geen vergaderinge behalwe velddiensvergaderinge sal op daardie dag gehou word nie. Die ouer manne kan gepaste reëlings tref om die Wagtoring-studie op ’n ander tyd te hou.

◼ Die Genootskap maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuurbestelling aan die Genootskap gestuur word, sodat almal wat daarin belangstel om persoonlike lektuuritems te kry die broer wat die lektuur behartig, in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies spesiaal aangevraagde items is.

◼ Die “Daders van God se woord”-streekbyeenkomste was ’n groot sukses, en almal het aandagtig na die opbouende program geluister. By die 41 streekbyeenkomste is 2 465 gedoop, en altesaam 146 277 het dit bygewoon. Ons sien nou uit na die streekbyeenkomste vir 2001.

◼ Ons het weer eens ’n baie suksesvolle en genotvolle drie maande aan die ontoegekendegebied-kampanje gewy. Altesaam 5 841 verkondigers het 53 796 uur daaraan bestee om 28 836 tydskrifte, 4 969 boeke en 17 722 brosjures en boekies te versprei. Hulle het 4 131 herbesoeke gedoen en 508 tuisbybelstudies gehou. Dit is ’n bemoedigende rapport, en ons sien met afwagting uit na die 2001-kampanje.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?—Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel