Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Augustus
  • Week wat begin met 21 Augustus
  • Week wat begin met 28 Augustus
  • Week wat begin met 4 September
Ons Koninkryksbediening—2000
km 8/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Augustus

Lied 114

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor julle gemeente se velddiensrapport vir Julie. Aangesien daar slegs twee naweke in Augustus oor is, moet almal aangemoedig word om voor die einde van die maand aan die bediening deel te neem. Hersien die naweek se rooster vir velddiensvergaderinge.

15 min: “Stry die voortreflike stryd van die geloof.” Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Neem verdere kommentare uit Ons bediening-boek, bladsye 44-5, oor hoe Gemeentelike Boekstudiehouers velddiensbedrywighede vir hulle groepe organiseer en aandag skenk aan almal wat persoonlike hulp nodig het om gereeld aan die bediening deel te neem en dit te rapporteer.

18 min: Hoe jy baat kan vind deur skool toe te gaan. ’n Vader gesels met sy kinders om hulle te help besef waarom ’n sekulêre opvoeding nuttig is. (Sien Jongmense vra-boek, bladsye 133-9.) Talle jongmense voel dat dit ’n ware uitdaging is om in vandag se onregeerbare samelewing skool te gaan. Hulle is ook verveeld en meen dat wat hulle leer vir hulle van min praktiese waarde sal wees. Vader hersien skriftuurlike beginsels en goeie redes waarom dit verstandig is om genoegsame sekulêre opleiding te kry. Hy moedig sy kinders aan om hard te leer en op te let in die klas.

Lied 127 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Augustus

Lied 143

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Hou ’n goed geoefende velddiensdemonstrasie wat toon hoe ons die vraag: “Waarom sou ’n God van liefde lyding so lank laat voortduur?” kan beantwoord. (Sien Redenering-boek, bladsye 281-2.) Moedig almal aan om hierdie naweek aan die bediening deel te neem.

8 min: “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag.” ’n Toespraak. Kondig datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan, indien dit bekend is, en spoor almal aan om die hele dag teenwoordig te wees. Moedig verkondigers aan om nuwe belangstellendes en Bybelstudente te nooi.

25 min: “Bevoordeel jy jouself?” Vrae en antwoorde.

Lied 152 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Augustus

Lied 165

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om velddiensrapporte vir Augustus in te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet almal in hulle groep hieraan herinner sodat al die rapporte teen 6 September by die gemeenterapport gevoeg kan word. Bespreek hoofpunte uit die Genootskap se brief van 1 Julie 2000 aan alle gemeentes aangaande rapportering. Rapporteer oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die welslae wat tot dusver behaal is.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Vergaderinge strek jongmense tot voordeel.” Vraag-en-antwoord-bespreking gelei deur ’n ouer man. Wanneer paragraaf 8 gedek word, moet ’n paar praktiese wenke bespreek word wat beter konsentrasie en aandag gedurende vergaderinge bevorder. (Sien die Ontwaak! van 22 September 1998, bladsye 19-20.) Moedig ouers aan om toe te sien dat hulle kinders gereeld al die vergaderinge bywoon.—Sien ondervinding in Die Wagtoring van 1 September 1997, bladsy 25.

Lied 176 en slotgebed.

Week wat begin met 4 September

Lied 196

15 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus. Laat verkondigers ondervindinge vertel wat hulle gehad het toe hulle informeel getuig het.

10 min: Ons tyd is spesiaal. ’n Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 November 1996, bladsye 22-3.

20 min: “Volhard jy?” Toespraak met gehoorbespreking. Moedig almal aan om na te dink oor die volharding wat hulle in die Christelike bediening aan die dag gelê het. As swakhede kop uitsteek, is dit nodig om onsself geestelik te versterk. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Oktober 1999, bladsye 20-1, paragrawe 17-21. Nooi twee of drie verkondigers wat oor ’n tydperk van jare getrou gebly het om te vertel wat hulle doen om te volhard.

Lied 206 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel