Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 12 Junie
8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: ‘Julle arbeid is nie tevergeefs nie.’ Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit kommentare in oor die ondervinding in Die Wagtoring van 15 Junie 1996, bladsy 32.
22 min: Begin studies met die Vereis-brosjure. ’n Toespraak waarin die artikel in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1999, bladsy 4, hersien word. Demonstreer die voorgestelde aanbieding in paragraaf 6. Laat een of twee verkondigers kortliks vertel hoe hulle al met welslae studies begin het, hoe hulle die studie aangebied het en wat hulle gedoen het om die studie week ná week aan die gang te hou.
Lied 209 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Junie
12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag en aankondiging van kwartaallikse oudit van rekeninge. As die gemeente Jongmense Vra- of Jeug-boeke in voorraad het, demonstreer hoe hulle met welslae in die bediening gebruik kan word gedurende skoolvakansies, wanneer ons waarskynlik meer tieners by die huis sal kry.
8 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.
25 min: “Hoe sou ek . . . kon, tensy iemand my lei?” Vraag-en-antwoord-bespreking gelei deur die diensopsiener. Laat elke paragraaf hardop gelees word, en lees die tekste in paragrawe 3, 4 en 7. Wanneer paragraaf 6 gedek word, verduidelik die diensopsiener se rol om te bepaal of persoonlike Bybelstudies met gedoopte mense hervat moet word.—Sien die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir November 1998.
Lied 89 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Junie in te gee. Hersien lektuuraanbod vir Julie. Wys die ouer brosjures wat plaaslik beskikbaar is, en meld kortliks wat elkeen se doel is. Reël ’n goed voorbereide demonstrasie wat toon hoe om een van hulle in die bediening aan te bied.
17 min: ‘Wees vrygewig, mededeelsaam.’ Vrae en antwoorde. Sluit die vier redes in “Waarom ons gee” wat in Die Wagtoring van 1 November 1996, bladsye 29-30, uiteengesit word.
18 min: Weet hoe om ’n antwoord te gee (Kol. 4:6). Toespraak en gehoorbespreking. Wat doen jy wanneer jy iemand teëkom wat ’n onskriftuurlike punt opper? Die Redenering-boek kom dikwels tot ons redding met praktiese wenke oor hoe om ’n taktvolle antwoord te gee. Hoewel ons byvoorbeeld die dood as ’n vyand beskou wat deur Christus se losprys tot niet gemaak sal word, is ander daarvan oortuig dat niks die dood uit die weg sal ruim nie, en hulle stel selfs geloof in die valse idee van reïnkarnasie. Bespreek die antwoorde wat gegee word in die Redenering-boek onder die afdeling “As iemand sê—” op bladsye 90-1 en 356-7. Moedig almal aan om die boek saam met hulle in die veldbediening te neem.
Lied 44 en slotgebed.
Week wat begin met 3 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Vra verkondigers wat studies in die Vereis-brosjure begin het om te vertel hoe hulle dit gedoen het. Bespreek “Dien waar daar meer hulp nodig is.” Moedig diegene aan wie se omstandighede hulle toelaat om biddend te oorweeg of hulle na een van hierdie dorpe kan verhuis.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Die toepassing van Bybelbeginsels versterk die gesinslewe. Bespreking tussen twee broers, gebaseer op die agt punte in die Redenering-boek, bladsy 206. Verduidelik hoe belangrik dit is om Bybelstudente te leer dat ’n mens slegs gesinsgeluk kan geniet as jy die beginsels in God se Woord verstaan en toepas. Gebruik les 8 in die Vereis-brosjure om te demonstreer hoe dit gedoen kan word. Gesinne wat op die Bybel se raad ag slaan, word meer geheg aan mekaar en vind groter vreugde in hegte bande van liefde en eenheid. Vertel ondervinding in Gesinsgeluk-boek, hoofstuk 13, paragrawe 1, 21-2.
Lied 51 en slotgebed.