Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 April
  • Week wat begin met 17 April
  • Week wat begin met 24 April
  • Week wat begin met 1 Mei
Ons Koninkryksbediening—2000
km 4/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 April

Lied 122

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moenie die spesiale openbare toespraak met die titel “Waarom die mensdom ’n losprys nodig het” vergeet nie. Dit sal op 16 April gehou word. Moedig almal aan om van 14-19 April die Skrifgedeelte vir die Gedenkmaal te volg, soos uiteengesit in Ondersoek die Skrif elke dag—2000. Hersien “Gedenkmaalherinneringe” op bladsy 4 van die byvoegsel.

15 min: “Reageer jy op Christus se liefde?” Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit gedagtes in uit Die Wagtoring van 1 Mei 1998, bladsye 16-17, paragrawe 12-13. Moedig almal aan om ’n spesiale poging aan te wend om mense na die Gedenkmaal te nooi.

20 min: “April—’n Tyd om ywerig vir voortreflike werke te wees!” Vrae en antwoorde. ’n Geesdriftige bespreking van wat ons graag in April wil bereik. Gebruik laaste drie of vier minute om “Ywer wat die meeste aanvuur” te bespreek.

Lied 199 en slotgebed.

Week wat begin met 17 April

Lied 25

13 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Aangesien daar slegs twee naweke in April oor is, moet almal aangemoedig word om voor die einde van die maand aan die bediening deel te neem. Demonstreer ’n kort aanbieding van die jongste tydskrifte. Hersien wat die Redenering-boek op bladsye 403-4 sê, aangesien ons dalk mense sal teëkom wat wil hê dat ons aan hulle paasgebruike moet deelneem.

16 min: “Het jy ’n selfopofferende gees?” Vrae en antwoorde. Ons moet prioriteite hê en belangrike sake eerste stel. Dit verg inisiatief en selfbeheersing om te volhard in die dinge waarby ons geestelik baat sal vind. Verduidelik wat ons uit Jesus se voorbeeld kan leer.—Sien Insight, Deel 2, bladsy 68, paragrawe 3-5.

16 min: Laat tydskrifte waar mense die meeste daarby baat sal vind. Toespraak met gehoordeelname. Hersien wenke in die Ontwaak! van 8 Januarie 1995, bladsye 22-4. Verduidelik waarom dit goed is om mense te nader wat waarskynlik sal belangstel in spesialiteitsartikels wat in die tydskrifte verskyn. Bespreek voorbeelde in ouer tydskrifte en die soort mense, ondernemings of organisasies in die plaaslike gebied wat daarin belang sal stel. Nooi gehoor om die goeie resultate te meld wat hulle met hierdie metode gehad het.

Lied 71 en slotgebed.

Week wat begin met 24 April

Lied 137

10 min: Plaaslike aankondigings. Kondig die gemeente se Gedenkmaalopkoms aan. Nooi die gehoor om te vertel wat diegene gesê het wat vir die eerste keer teenwoordig was.

17 min: Help nuwelinge om vergaderinge by te woon. ’n Toespraak gebaseer op die Kennis-boek, bladsye 161-3, paragrawe 5-8. Nadat nuwelinge ’n ruk lank gestudeer het, is dit noodsaaklik dat hulle die vergaderinge begin bywoon. Dit kan ’n uitdaging wees om hulle sover te kry om vergaderinge by te woon. Wat kan jy doen om hulle te motiveer? Diegene wat studies hou, moet tyd opsy sit om hierdie materiaal in die Kennis-boek met hulle studente te bespreek en dan definitiewe reëlings tref om hulle te help om saam met ons aan ware aanbidding deel te neem.

18 min: “Is jy ’n gereelde Koninkryksverkondiger?” Toespraak en gehoorbespreking deur die sekretaris. Verduidelik waarom ons ons velddiensbedrywighede rapporteer. (Sien Ons bediening-boek, bladsye 106-8.) Meld van die probleme wat ontstaan wanneer ons nie ons rapporte stiptelik ingee nie. Nooi gehoor om te vertel wat hulle doen om seker te maak dat hulle hulle rapporte betyds ingee. Meld hoe Gemeentelike Boekstudiehouers hiermee kan help. April het net een naweek oor; beklemtoon dus hoe belangrik dit is dat almal aan die velddiens deelneem en dit aan die einde van die maand rapporteer.

Lied 200 en slotgebed.

Week wat begin met 1 Mei

Lied 213

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om velddiensrapporte vir April in te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet seker maak dat almal in hulle groep hulle rapporte ingee sodat die gemeente se rapport teen 6 Mei saamgestel kan wees. Hersien Teokratiese nuus.

15 min: Plaaslike behoeftes.

18 min: “Maak seker dat jy teruggaan!” Gehoorbespreking. Bespreek die redes waarom ons dalk nie herbesoeke doen nie. Verduidelik waarom akkurate aantekeninge en ’n gewilligheid om terug te gaan belangrik is. Stel voor dat daar elke week tyd vir herbesoeke opsy gesit word. Hersien die gedagtes in Ons bediening-boek, bladsye 88-9. Vertel die ondervinding in die 1995 Yearbook, bladsy 45.—1 Kor. 3:6, 7.

Lied 68 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel