Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou die Vereis-brosjure byderhand vir belangstellendes en probeer tuisbybelstudies begin.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die Genootskap se jaarlikse S-201-briewe van 1 Oktober vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ Die sekretaris moet sorg dat die Streekboukomitee op hoogte gehou word van die status van alle gedoopte verkondigers wat “Kingdom Hall Volunteer Worker Questionnaire”-vorms (S-82) ingestuur het. Wanneer ’n vrywillige werker se status verander, soos wanneer hy verhuis of as ’n bedieningskneg of ouer man aangestel word, moet nuwe vorms dadelik voltooi en ingestuur word. As ’n vrywillige werker se posadres of telefoonnommer verander of as hy nie meer ’n goeie naam in die gemeente het nie, moet die ouer manne die Streekkomitee onmiddellik per brief in kennis stel.
◼ Gemeentes moet die 2000 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuuraanvrae vir Februarie begin aanvra. Die jaarboek vir 2000 sal in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Tsonga, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Totdat hierdie boeke beskikbaar is en bestellings opgemaak word, sal hulle as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn.
◼ Die Indiese takkantoor nooi broers en susters van Indiese oorsprong om in Indië te gaan dien. Hulle is op soek na broers wat as bekwame ouer manne, bedieningsknegte of pioniers dien of in die een of ander faset van voltydse diens is om na Indië te verhuis met die doel om die broers in die plaaslike gemeentes op te lei. Die Indiese regering het so pas aangekondig dat ’n PIO-kaart (Persoon van Indiese oorsprong) verkry kan word. Dit beteken dat ’n Indiër wat in ’n ander land gebore is of woon en nie ’n Indiese paspoort het nie, maar wat kan bewys dat sy ouers of grootouers Indiese burgers was, vir ’n PIO-kaart kan aansoek doen. Dit kos $1 000 (VSA) en is geldig vir 20 jaar. Die kaarthouer kan in Indië woon en dieselfde regte as ’n burger geniet. Die enigste beperking is dat hy nie mag stem of landbougrond mag besit nie. As jy in hierdie uitnodiging belangstel, kan jy aan die Suid-Afrikaanse takkantoor skryf en jou naam, adres, naam van gemeente en enige ander inligting verskaf wat jy meen belangrik is, en ons sal vir jou meer besonderhede stuur.
◼ Vanaf die week van 17 April 2000 sal ons Gee ag op Daniël se profesie! by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Gee ag op Daniël se profesie!—Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Pools, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Tsonga, Venda, Xhosa en Zulu
Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif (bi12)—Xhosa