Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Februarie
  • Week wat begin met 21 Februarie
  • Week wat begin met 28 Februarie
  • Week wat begin met 6 Maart
Ons Koninkryksbediening—2000
km 2/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Februarie

Lied 113

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Verkondig die woord met dringendheid.” Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit kommentare in uit Ons bediening-boek, bladsy 170. Gee ’n paar praktiese wenke oor hoe om gedurende die res van die jaar ons predikingsbedrywighede uit te brei.

20 min: “Hoe om redeneervermoë te ontwikkel.” Toespraak en demonstrasie. Verduidelik waarom die vermoë om te redeneer so belangrik in die bediening is en hoe dit verkry kan word. Laat twee bekwame verkondigers bespreek hoe om vir die bediening voor te berei deur die stappe te volg wat in paragraaf 3 van die artikel uiteengesit word en laat hulle dan hulle aanbieding demonstreer.

Lied 182 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Februarie

Lied 17

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Vroue wat hard werk in die Here.” Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 15 September 1996, bladsye 14-15, paragrawe 18-19. Prys susters hartlik vir hulle gewillige ondersteuning, die nuttige dienste wat hulle aan ander lewer en hulle ywerige predikingswerk.

20 min: “Wat kan ons help om vas te staan in die geloof?” Toespraak deur ’n ouer man. Ons lewe in kritieke tye, en ons almal het op die een of ander manier hulp nodig. Hersien wat ouer manne en bedieningsknegte kan doen om diegene te versterk wat met ontmoedigende probleme te kampe het. (Sien die onderhofie “Herderswerk wat opbou” in Die Wagtoring van 15 September 1993, bladsye 21-3.) Verduidelik hoe ons mekaar kan aanmoedig op maniere wat ons geestelik standvastig sal maak.—Rom. 1:11, 12.

Lied 82 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Februarie

Lied 46

17 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee. Hersien kortliks die “Vier maklike stappe” om gesprekke te begin deur traktate te gebruik, wat op bladsy 4 van verlede maand se Koninkryksbediening uiteengesit is. Demonstreer hoe die Vreedsame nuwe wêreld-traktaat gebruik kan word om die Kennis-boek in te lei. Nadat jy die vrae in die inleidingsparagraaf van die traktaat gevra het, kan jy die eerste paragraaf op bladsy 3 lees, asook Psalm 37:29. As belangstelling getoon word, kan jy die Kennis-boek op bladsy 5 oopmaak, die venster lees en ’n studie aanbied. Almal moet hierdie maand ’n spesiale poging aanwend om nuwe tuisbybelstudies te begin.

10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.

18 min: “Verkondig die goeie nuus met sterk oortuiging.” Gee ’n hartlike inleiding van twee of drie minute wat gebaseer is op materiaal en tekste wat in paragrawe 1 en 2 aangegee en aangehaal word. Dek dan paragrawe 3-12 deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

Lied 61 en slotgebed.

Week wat begin met 6 Maart

Lied 116

5 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

10 min: Plaaslike behoeftes.

10 min: “Skenk aandag aan hoe jy luister.” ’n Gesinshoof bespreek met sy vrou en kinders wat hulle kan doen om meer baat te vind by gemeentelike vergaderinge, kring- en streekbyeenkomste. Hy meen dat almal in die gesin beter kan konsentreer. Hulle hersien die wenke wat gegee word en bespreek hoe hulle elkeen kan toepas, waaronder die wenk om meer besprekings te hê oor die dinge wat geleer is. Hulle bespreek hoe hulle by hulle besluit kan bly om, as dit enigsins moontlik is, nie van een vergadering of enige sessie by ’n kring- of streekbyeenkoms af weg te bly nie.

20 min: “Verkondig die goeie nuus met sterk oortuiging.” Ná ’n kort hersiening van verlede week se bespreking van die byvoegsel se eerste 12 paragrawe, hou ’n vraag-en antwoord-bespreking van paragrawe 13-24. Maak goed gebruik van tekste wat aangehaal en aangegee word.

Lied 186 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel