Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/00 bl. 1
  • ‘Verkondig die woord met dringendheid’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Verkondig die woord met dringendheid’
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou jou gevoel van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Dringend nodig—meer arbeiders in die oes!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die lande is wit vir die oes
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Vergroot jou aandeel aan die getuieniswerk namate die einde nader kom
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 2/00 bl. 1

‘Verkondig die woord met dringendheid’

1 As jy iets ontvang met “DRINGEND” daarop geskryf, hoe beskou jy dit? Die woord “dringend” beteken “wat onmiddellik aandag vereis”. Die apostel Paulus het tereg beveel dat Christene ‘die woord met dringendheid moet verkondig’ (2 Tim. 4:2). Reageer jy daarop deur hierdie werk jou onmiddellike aandag te gee?

2 Daar is moontlik aan Paulus gerapporteer dat party van sy broers geneig was om ‘traag te wees in hulle bedrywighede’ as Christene (Rom. 12:11). Dit het die resultate van hulle inspanning beperk, asook die vreugde wat hulle kon smaak om ander te help.

3 Jesus se beskouing van die bediening: Watter vreugde het Jesus tog uit die uitvoering van sy bediening geput! Hy het gesê: “My voedsel is om die wil te doen van hom wat my gestuur het en om sy werk te volbring.” Jesus se voorbeeld was ’n motivering vir sy dissipels, wat aangemoedig is deur sy woorde dat “die lande . . . wit is om geoes te word” (Joh. 4:34, 35). Die gevoel van dringendheid wat hy regdeur sy bediening geopenbaar het, was duidelik toe hy vir sy dissipels gesê het om “die Heer van die oes [te smeek] om werkers in sy oes uit te stuur” (Matt. 9:38). Jesus het besef dat dit sy opdrag was om die predikingswerk te doen, en hy was vasbeslote om nie toe te laat dat enigiets hom keer om dit te doen nie.

4 Wat van ons? Vandag is daar ’n groter dringendheid as ooit tevore om vooruit te gaan met die predikingswerk. In baie dele van die wêreld is die lande ryp om geoes te word. Selfs in lande waar daar klaarblyklik ’n deeglike getuienis gegee is, word daar elke jaar duisende gedoop. Met die einde van hierdie stelsel van dinge wat vinnig nader kom, is daar “volop . . . om in die werk van die Here te doen” (1 Kor. 15:58). Dit is noodsaakliker as ooit dat ons ons kragtig inspan om die Koninkryksboodskap aan ander te verkondig.

5 Laat ons alles in ons vermoë doen om ander met die goeie nuus te bereik, van huis tot huis en waar mense ook al in die gebied gevind kan word. As ons soveel moontlik aan die predikingswerk deelneem, toon ons duidelik dat ons die Koninkryk eerste in ons lewe stel (Matt. 6:33). Die getrouheid waarmee ons die woord met dringendheid verkondig, sal vir ons groot vreugde meebring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel