Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/00 bl. 4
  • Gebruik traktate om gesprekke te begin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik traktate om gesprekke te begin
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik traktate om die goeie nuus te verkondig
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Bied die goeie nuus aan—Deur traktate goed te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Waarom traktate vandag so nuttig in ons bediening is
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied die goeie nuus aan—Met traktate en strooibiljette
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 1/00 bl. 4

Gebruik traktate om gesprekke te begin

1 Sal jy nie saamstem dat ’n doeltreffende getuienis grootliks afhang van die inisiatief wat ons neem om gesprekke te begin nie? Die uitdaging is om iets te sê wat die persoon se belangstelling sal prikkel en hom sal betrek. Maar hoe kan dit op ’n doeltreffende wyse gedoen word?

2 Baie verkondigers het gevind dat ons gesprekke kan begin deur met ’n paar goed gekose woorde een van ons Bybeltraktate aan te bied. Die titels is interessant en die prente is kleurvol en treffend. ’n Traktaat oorweldig nie die persoon nie, want dit lyk nie na baie inligting om te lees nie. Die kort boodskappe in die traktate is nogtans interessant en kan gebruik word om tot ’n Bybelstudie oor te gaan.

3 Een Getuie het haar soos volg uitgespreek: “In hierdie gejaagde wêreld wil mense gewoonlik nie baie tyd daaraan afstaan om te lees nie; die traktate is egter net lank genoeg om ’n belangrike boodskap oor te dra, maar nie só lank dat mense dit van die hand wys sonder om eers daarna te kyk nie. Ek het baie van die traktate gelees en uiteindelik die waarheid geleer.” Moet nooit die krag van God se Woord onderskat wat in hierdie kort, gedrukte boodskappe verduidelik word nie.—Heb. 4:12.

4 Vier maklike stappe: Baie het welslae behaal deur ’n eenvoudige benadering te gebruik. (1) Wys vir die persoon ’n paar traktate en vra hom in watter een hy belangstel. (2) Nadat hy een gekies het, kan jy ’n goed voorbereide vraag vra wat ’n hoofpunt in die traktaat uitlig. (3) Lees dan in antwoord op die vraag ’n gepaste paragraaf of teks in die traktaat. (4) As jy ’n gunstige reaksie kry, kan jy voortgaan om die inhoud van die traktaat te bespreek of na ’n les in die Vereis-brosjure of ’n hoofstuk in die Kennis-boek verwys wat verdere kommentare bied. Op hierdie manier kan jy direk tot ’n Bybelstudie oorgaan. Die volgende wenke sal jou help om ’n aanbieding vir vier van die traktate voor te berei.

5 Die titel van die traktaat “Wie heers werklik oor die wêreld?” kan as ’n vraag gestel word.

◼ As die persoon met wie jy praat in antwoord daarop sê “God” of “Ek weet nie”, kan jy die eerste twee sinne op bladsy 2 en die eerste paragraaf op bladsy 3 lees. Beklemtoon 1 Johannes 5:19 en Openbaring 12:9. Hetsy die persoon die bestaan van Satan die Duiwel in twyfel trek of sy houvas oor die wêreld erken, jy kan die gesprek voortsit deur die redenasie onder die onderhofie “Wêreldtoestande verskaf ’n leidraad” te volg. As daar belangstelling is, kan jy aanbied om te verduidelik waar die Duiwel vandaan kom deur die punte op bladsye 3 en 4 van die traktaat te gebruik.

6 Die traktaat “Watter hoop vir afgestorwe dierbares?” kan onmiddellik belangstelling wek. Jy kan ’n gesprek aanknoop deur te vra:

◼ “Dink jy ons sal ooit weer ons afgestorwe dierbares sien?” Nadat die persoon geantwoord het, kan jy verwys na die tweede paragraaf op bladsy 4 van die traktaat en Johannes 5:28, 29 lees. Verduidelik dan dat dit ons help om die inligting onder die eerste onderhofie in die traktaat te verstaan. Bied aan om dit saam met hom deur te gaan.

7 Die traktaat “Put genot uit jou gesinslewe” spreek tot alle gesinne. Wanneer jy dit gebruik, kan jy sê:

◼ “Jy sal waarskynlik saamstem dat daar vandag ’n aanval op die gesin is. Wat dink jy kan gedoen word om gesinsbande te versterk?” Nadat die persoon geantwoord het, kan jy sy aandag vestig op die punte in die eerste paragraaf op bladsy 6. Kies een van die aangehaalde tekste op bladsye 4 en 5 van die traktaat, en verduidelik wat dit beteken. Bied dan vir hom ’n gratis tuisbybelstudie aan.

8 Die traktaat “Waarom jy die Bybel kan vertrou” kan saam met hierdie aanbieding gebruik word:

◼ “Die meeste mense het al die verhaal van Kain en Abel gehoor, wat in die eerste boek van die Bybel gevind word. Die verslag in Genesis verwys ook na Kain se vrou. Het jy al ooit gewonder waarvandaan sy gekom het?” Gebruik die laaste paragraaf op bladsy 2 van die traktaat om die antwoord te gee. Verduidelik dat die traktaat ook belangrike kommentare in die Bybel bespreek oor wat ons toekoms inhou. Begin by die vierde paragraaf op bladsy 5, sit die gesprek voort en gebruik die stawende tekste.

9 Die verspreiding van Bybeltraktate is ’n beproefde, doeltreffende manier om die goeie nuus te verkondig. Omdat jy hulle maklik kan saamneem waar jy ook al gaan, kan jy hulle met welslae in jou deur-tot-deur-bediening gebruik, asook wanneer jy informeel getuig. Traktate speel ’n belangrike rol in die vervulling van ons bediening. Maak seker dat jy ’n verskeidenheid by jou het, en moenie huiwer om hulle te gebruik om gesprekke te begin nie.—Kol. 4:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel