Diensvergaderinge vir November
Week wat begin met 1 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Hersien “Sien die krag van die Bybel!” Herinner diegene wat nog nie hulle velddiensrapporte ingegee het nie om dit vandag te doen voordat die gemeente se rapport aan die Genootskap gepos word.
15 min: “Die predikingswerk onderskei ons van ander.” Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Gebruik die Kennis-boek, bladsy 173, paragraaf 8, en meld kortliks wat ons kan sê om ’n Bybelstudent aan te spoor om aan die bediening deel te neem.
20 min: “Wie sal moontlik instem tot ’n Bybelstudie?” Toespraak en demonstrasies. Stel, in ooreenstemming met paragraaf 4, verskillende maniere voor om belangstelling in die inhoud van ons lektuur te wek. Hou twee kort demonstrasies om te toon hoe dit gedoen kan word. Nooi gehoor om te vertel hoe hulle met welslae studies begin het.
Lied 198 en slotgebed.
Week wat begin met 8 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner broers daaraan om voor te berei vir volgende week se bespreking van die eerste 18 paragrawe van die byvoegsel vir November.
15 min: Vraebus. ’n Toespraak. Sit plaaslike reëlings uiteen om die Koninkryksaal skoon en in ’n goeie toestand te hou.
20 min: “Wat sal jy vir ’n Moslem sê?” Vrae en antwoorde. Beklemtoon hoe belangrik goeie oordeel is wanneer ons met mense van ander kulture praat. Demonstreer ’n goed voorbereide aanbieding. Vir meer inligting oor Islam, sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1998; Redenering-boek, bladsye 23-4, en Die mensdom se soeke na God, hoofstuk 12.
Lied 208 en slotgebed.
Week wat begin met 15 November
8 min: Plaaslike aankondigings.
25 min: “Die Internet—Wees op jou hoede vir die gevare!” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-18. Lees paragrawe 4-7, 12, 16, 17. Moedig almal aan om goed voor te berei vir volgende week se bespreking van paragrawe 19-36.
12 min: Ouers—Hou julle ’n gereelde gesinstudie? Toespraak en gehoorbespreking. Verduidelik waarom dit belangrik is dat gesinne saam studeer. (Sien Skoolhandleiding, bladsye 37-8.) Bespreek die volgende dinge wat ’n gesinstudie kan belemmer: (1) die gevoel dat die kinders te jonk is om daarby baat te vind, (2) die mening dat dit voldoende is om gemeentelike vergaderinge by te woon, (3) moegheid weens ’n besige rooster en (4) die tyd wat deur televisiekykery in beslag geneem word. (Sien Die Wagtoring van 15 Mei 1994, bladsye 11-12.) Nooi gesinshoofde om te vertel hoe hulle struikelblokke uit die weg ruim sodat ’n goeie roetine vir gesinstudie gehandhaaf kan word. Beklemtoon dat dit inspanning, vasbeslotenheid en samewerking verg.
Lied 217 en slotgebed.
Week wat begin met 22 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek die verslag oor die werk wat in die ontoegekende gebied gedoen is en vertel enige interessante ondervindinge.
10 min: Wat is jou gesindheid teenoor toewysings? Toespraak deur ’n ouer man. Daar is ’n lang lys noodsaaklike take wat verrig moet word sodat die gemeente kan funksioneer: programdele moet voorberei word; ander moet vir die vergaderinge opgelaai word of in die velddiens uitgeneem word; bejaardes moet gehelp word en die Koninkryksaal moet skoongemaak, herstel en in stand gehou word, wat die versorging van die grasperk insluit. Hoe reageer jy wanneer jy gevra word om te help? Party wys dit van die hand, stem teësinnig in of voltooi nie die toewysing nie. Bespreek waarom dit ’n vreugdevolle voorreg is om toewysings te aanvaar en uit te voer. Moedig almal in die gemeente aan om ’n gewillige gees te openbaar.—Ps. 110:3, voetnoot in NW.; Jes. 6:8.
25 min: “Die Internet—Wees op jou hoede vir die gevare!” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 19-36. Lees paragrawe 23-5 en 34-6.
Lied 223 en slotgebed.
Week wat begin met 29 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir November in te gee.
15 min: Moedig nuwelinge aan om vergaderinge by te woon. Bespreking tussen ’n ouer man en een of twee bedieningsknegte, gebaseer op die Uitvoering van God se wil-brosjure, bladsye 14-15. Hersien waarom dit noodsaaklik is dat nuwelinge vergaderinge bywoon. Daar sal hulle die grootste deel van hulle onderrigting, aanmoediging en hulp ontvang. Hersien die vyf weeklikse vergaderinge en verduidelik elkeen se voordele. Bespreek hoe vergaderinge godvrugtige gedrag bevorder, geestelikheid opbou, ons nader aan die organisasie laat kom, ons help om hegte bande met ander te smee en ons help om die doel van ons bediening te verstaan. Moedig gehoor aan om die brosjure te gebruik om nuwelinge aan te spoor om vergaderinge by te woon.
20 min: Ons keuse—die Nuwe Wêreld-vertaling. Toespraak en demonstrasies. Wat godsdiensorganisasies betref, is ons s’n uniek omdat ons ’n Bybelvertaling druk, gebruik en versprei wat deur gesalfde aanbidders van Jehovah voorsien is. Ons probeer nie wins maak of sektariese opvattings versprei nie. Ons word eerder gemotiveer deur ’n begeerte om God se naam te eer en ander te help om hom beter te leer ken. Ander vertalings gee God se Woord dikwels weer op ’n manier wat moeilik is om te verstaan. Hersien dus die duidelike voordele van die Nuwe Wêreld-vertaling. (Sien “Hele Skrif”-boek, bladsye 327-31. Let op die kommentare in paragraaf 3, lig voorbeelde uit van beter vertalings in paragraaf 6 en beklemtoon die voordele wat in paragrawe 22-3 gedek word.) Hou twee kort demonstrasies om te toon hoe ons kan reageer wanneer ander sê: “Julle het julle eie Bybel.”—Sien Redenering-boek, bladsye 307-8.
Lied 205 en slotgebed.