Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/99 bl. 1
  • Bid vir Jehovah se hulp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bid vir Jehovah se hulp
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Gebruik elke vorm van gebed en smeking’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • ‘Laat julle versoeke by God bekend word’
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wat sê jou gebede oor jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Waardeer jou voorreg van gebed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 7/99 bl. 1

Bid vir Jehovah se hulp

1 Jesus het sy dissipels se aandag gevestig op hoe belangrik dit is om Jehovah se seën op hulle bediening te hê (Matt. 9:37, 38). Ons hartgrondige lof- en dankgebede tesame met ons ernstige versoeke en smekinge lewer bewys van ons algehele vertroue op Jehovah vir sy hulp (Fil. 4:6, 7). Die Skrif spoor ons aan om aan te hou bid met “elke vorm van gebed en smeking”, en dit geld ook vir ons gebede aangaande die bediening.—Ef. 6:18.

2 Ons loof Jehovah in gebed vir sy weergalose eienskappe en dade. Ons loof hom ook as die Gewer van die goeie nuus wat ons verkondig. Hy verdien ons lof omdat slegs hy ons bediening suksesvol maak.—Ps. 127:1.

3 Ons dankgebede spreek waardering uit vir die begrip wat Jehovah ons van sy wil en voorneme gegee het. Is dit nie ’n voorreg om Koninkrykswaarhede aan ander te vertel nie? Ons dank Jehovah vir alles wat ons in die bediening bereik.—Ps. 107:8; Ef. 5:20.

4 Daarom is dit gepas dat ons Jehovah se hulp vra om mense te vind wat ons aanbod van ’n Bybelstudie sal aanvaar en sy hulp vra om hulle harte met die waarheid te bereik. Deur sulke versoeke erken ons die feit dat slegs God ons kan help om welslae in die bediening te behaal.—1 Kor. 3:5-7.

5 ’n Suster het vermoed dat ’n vrou op haar tydskrifroete nie Die Wagtoring en Ontwaak! lees nie. Omdat sy nie wou hê dat hierdie kosbare tydskrifte gemors moet word nie, het sy Jehovah versoek dat die vrou hulle nie weer moet neem indien sy hulle nie lees nie. Met die suster se volgende besoek het die vrou se man gesê: “Dankie dat jy hierdie tydskrifte gereeld aflewer. Ek lees hulle en hou regtig daarvan.”

6 Met nederige en ernstige smekinge kan ons Jehovah se hulp vra om openbare onverskilligheid en spot die hoof te bied en enige mensevrees te oorkom sodat ons kan aanhou om vir ander met vrymoedigheid te getuig (Hand. 4:31). As ons aanhou bid met “elke vorm van gebed en smeking” terwyl ons gehoorsaam ons heilige diens volbring, kan ons seker wees van Jehovah se hulp.—1 Joh. 3:22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel