Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/99 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Junie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Junie
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 Junie
  • Week wat begin met 14 Junie
  • Week wat begin met 21 Junie
  • Week wat begin met 28 Junie
Ons Koninkryksbediening—1999
km 6/99 bl. 2

Diensvergaderinge vir Junie

Week wat begin met 7 Junie

Lied 45

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.

15 min: “Ons word deur Jehovah geleer.” Die inleidingskommentare moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Nooi gehoor om te meld hoe hulle baat gevind het by die Teokratiese Bedieningskool, Pionierdiensskool, Koninkryksbedieningskool, ensovoorts. Beklemtoon hoe hierdie skole Jehovah se volk gehelp het om bekwamer in die bediening te word.

20 min: “Gebruik jou tyd goed.” Bespreking tussen ’n Gemeentelike Boekstudiehouer en een of twee ervare verkondigers wat vertel hoe hulle hulle tyd reël om so ’n groot deelname as moontlik aan die velddiens te hê. Hulle verduidelik en beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n praktiese rooster te hê. Hulle vertel hoe hulle dinge vermy wat tyd mors, soos om laat te begin, sleg te beplan of te veel gedurende die bediening te gesels. Bespreek plaaslike omstandighede, gee praktiese wenke oor hoe om tyd goed te gebruik.

Lied 48 en slotgebed.

Week wat begin met 14 Junie

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Kan jy hulp verleen?” Gehoorbespreking gelei deur ’n ouer man. Sluit die wenke in wat in die Ontwaak! van 8 Oktober 1995, bladsye 8-9, gegee is om enkelouers te help. Nooi ’n paar om hulle waardering uit te spreek vir die liefdevolle hulp wat hulle van ander in die gemeente ontvang het.

Lied 53 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Junie

Lied 72

10 min: Plaaslike aankondigings. Toon hoe die Jongmense vra- of Jeug-boeke, as die gemeente daarvan in voorraad het, in die komende maande met welslae in die bediening gebruik kan word wanneer ons tieners by die huis vind.

17 min: Maak goed gebruik van video’s en dramakassette. Kan ons beter gebruik maak van die 10 video’s en 11 dramakassette wat die Genootskap voorsien het? Het jy en jou gesin al na elkeen van hulle gekyk of geluister? Meld verskeie titels en toon hoe dit ons Bybellees kan aanvul, ons geestelikheid kan versterk en ’n goeie getuienis van die waarheid kan gee. Speel kort uittreksels uit twee of drie oudiokassette. Vra die gehoor watter video of dramakasset vir hulle veral doeltreffend was om hulle gesin aan te moedig of om nuwelinge na die organisasie te rig. Vertel ’n paar ondervindinge wat die goeie resultate toon. (Sien die 1999 Yearbook, bladsye 51-2.) Moedig almal aan om die video’s en dramakassette goed te gebruik.

18 min: “Sien jy net die uiterlike raak?” Toespraak en gehoorbespreking. Beklemtoon die redes waarom ons nie oorhaastig opinies moet vorm oor die mense wat ons ontmoet nie. Hersien kortliks die les wat Jehovah Jona geleer het, wat verkeerdelik diegene geoordeel het wat hy as onwaardig beskou het. (Sien Die Wagtoring van 15 Augustus 1997, bladsye 21-2, paragrawe 17-19.) Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die verskillende soorte mense wat hulle al in die gebied teëgekom het en hoe hulle ’n positiewe gesindheid teenoor hierdie mense behou en dit aan Jehovah oorlaat om te oordeel.

Lied 77 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Junie

Lied 85

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Hersien lektuuraanbod vir Julie. Wys die brosjures waarvan julle ’n goeie voorraad het en meld een of twee kenmerke wat ons in ons aanbiedings kan beklemtoon. Sluit ’n goed geoefende demonstrasie in.

13 min: Waarom laat Jehovah toe dat sy volk vervolg word? Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk, bladsye 676-7. Soos Jesus voorspel het, word ons ‘deur al die nasies gehaat’ (Matt. 24:9). Ons ondervind dalk teenstand wanneer ons aan die bediening deelneem, met wêreldse familielede omgaan of met nie-Getuies by die werksplek of die skool te doen kry. Spreker verduidelik op ’n positiewe manier waarom Jehovah sulke vervolging of teenstand toelaat en hoe ons volharding uiteindelik tot seëninge sal lei.

20 min: Gaan na waar die mense is! ’n Toespraak gebaseer op die 1997 Yearbook, bladsye 42-8. Hoewel ons moet voortgaan om gereeld aan die huis-tot-huis-bediening deel te neem, soek ons ywerig na geleenthede om informele getuieniswerk te doen—enige tyd, enige plek. Meld ondervindinge uit die jaarboek wat toon hoe ander dit met welslae gedoen het terwyl hulle bus gery het, in die straat of op die strand gestap het, mense in geparkeerde motors genader het, na vragmotorstaanplekke gegaan het, die telefoon gebruik en briewe geskryf het. Na gelang van die tyd kan gehoor genooi word om hulle eie ondervindinge te vertel. Moedig almal aan om van elke geleentheid gebruik te maak om ’n getuienis te gee waar daar ook al mense is.

Lied 75 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel