Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! Hou Vereis-brosjures byderhand vir belangstellendes en probeer om tuisbybelstudies te begin. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,20 elk aangebied word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? kan aangebied word waar dit gepas is.
◼ In die afgelope paar jaar het meer geleenthede hulle voorgedoen om oorsee te reis. Gevolglik het baie van ons broers reëlings getref om ander lande te besoek. Hulle tree dikwels met die Genootskap se takkantore in verbinding om inligting te vra. Die takkantore voorsien graag Koninkryksaaladresse en vergaderingtye om broers te help om met plaaslike gemeentes in aanraking te kom. Hulle kan ook riglyne verskaf in verband met besoeke aan die takkantoor. Verslae toon egter dat baie navrae ontvang word oor reisreëlings, huisvesting, plaaslike besienswaardighede en soortgelyke sake. Takkantore is nie in staat, en hulle het ook nie die tyd, om hierdie soort inligting te voorsien nie. Besoekers word aangemoedig om in aanraking te kom met reisagente of toeristeburo’s, wat gewoonlik inligting aan toeriste voorsien.
◼ Ons ontoegekendegebied-kampanje vir 1999 is vir Augustus tot Oktober gereël. Hoewel die meeste gemeentes na hulle gewone ontoegekende gebied toe sal gaan, sal ’n paar gemeentes gekies word om swart gemeentes te help om hulle gebied te dek. Hierdie reëling het nodig geword omdat baie plase onbewoon is terwyl party swart dorpsgebiede soveel inwoners het dat die plaaslike gemeente nie behoorlik na die gebied kan omsien nie. Gemeentes word aangemoedig om vooruit te beplan en die drie maande van die ontoegekendegebied-kampanje baie produktief te maak.
◼ LET WEL: Tensy anders aangedui, het die datums van die volgende streekbyeenkomste verander:
10-12 Desember:
Durban (Engels, Gebaretaal)
Empangeni
George
Oos-Londen (Engels; nuwe byeenkoms)
Soweto (Zulu 1)
Walvisbaai (Afrikaans/Engels; nuwe byeenkoms)
17-19 Desember:
Durban (Zulu)
Ermelo
Kaapstad
Mbabane (Engels; nuwe byeenkoms)
Phalaborwa
Pretoria (Afrikaans, Engels; nuwe byeenkoms)
Pretoria (Zulu)
Soweto (Suid-Sotho)
Thohoyandou
Umtata
Windhoek (Slegs Kwanyama)
24-26 Desember:
Lebowakgomo
Mafikeng
Newcastle
Pietermaritzburg
Soweto (Zulu 2)
Vereeniging (Suid-Sotho, Zulu; nuwe byeenkoms)