Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/98 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Junie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Junie
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Junie
  • Week wat begin met 8 Junie
  • Week wat begin met 15 Junie
  • Week wat begin met 22 Junie
  • Week wat begin met 29 Junie
Ons Koninkryksbediening—1998
km 6/98 bl. 2

Diensvergaderinge vir Junie

Week wat begin met 1 Junie

Lied 223

8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Mei stiptelik te rapporteer. Sekretaris en boekstudiehouers moet sorg dat alle laat rapporte van vorige maande ingegee word.

15 min: “Ten volle toegerus vir elke goeie werk.” Vrae en antwoorde. Lewer kortliks kommentaar oor Die Wagtoring van 15 Februarie 1989, bladsye 22-4.

22 min: “Getuig vir ‘alle soorte mense’.” ’n Ouer man en ’n paar bekwame verkondigers bespreek die voorgestelde aanbiedings. Meld kortliks met watter godsdienste ons plaaslik in aanraking kom, en verduidelik waarom ons iets in gedagte moet hê om in elk van die gevalle ’n gesprek te begin. Hou een of twee kort demonstrasies.

Lied 112 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Junie

Lied 209

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Hoe daar na die Heer se besittings omgesien word.” Toespraak deur ’n ouer man waarin hy inligting in byvoegsel dek.

20 min: “Ons almal moet help om die werk gedoen te kry.” Vrae en antwoorde. Verduidelik waarom ouer manne op talle vrywilligers staat maak om noodsaaklike dinge gedoen te kry. Hersien plaaslike behoeftes, soos om die Koninkryksaal skoon te maak en in stand te hou, siekes en bejaardes te help en die gebied te dek. Nooi ouer manne om kommentaar te lewer oor hoe hulle die gewillige bystand waardeer wat baie gee. Beklemtoon hoe belangrik elkeen se poging is.

Lied 153 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Junie

Lied 7

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: “Span julle kragtig in.” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Januarie 1986, bladsye 10-14. Bespreek hoe belangrik gewone pionierdiens is en moedig broers aan om teen 1 September daarvoor in te skryf.

15 min: “Getuig deur goeie gedrag.” Vrae en antwoorde. Voer ’n onderhoud met ’n paar voorbeeldige jongmense. Hulle vertel hoe hulle Christelike gedrag ander beïndruk het. Vertel een of twee ondervindinge uit Die Wagtoring van 1 Januarie 1995, bladsye 24-5.

Lied 170 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Junie

Lied 61

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld wanneer die gemeentelike rekeninge geouditeer is.

15 min: Hoe om ’n tydskrifroete te begin. Gee ’n oorsig van wat nodig is: maak altyd ’n aantekening van waar lektuur gelaat is, gaan binne twee weke terug, meld nuwe gedagtes uit jongste tydskrifte om belangstelling lewendig te hou. Stel voor dat bure, werksmaats, winkelklerke, petroljoggies, ensovoorts ingesluit word. Nooi een of twee verkondigers om ’n goeie ondervinding in verband met tydskrifroetes te vertel.

20 min: Pioniers help ander. Toespraak deur diensopsiener wat die reëling hersien dat pioniers ander persoonlik help. Verduidelik hoe hulpprogramme in die verlede in werking gestel is (jv-AF 100; km-AF 8/79 1,3). Meer as ’n miljoen nuwelinge is in die afgelope drie jaar gedoop, en hulle het opleiding nodig. Die “Pioniers help ander”-program maak gebruik van ondervinding en opleiding van gewone en spesiale pioniers wat die Pionierdiensskool bygewoon het. Die doelwit is dat elke pionier twee verkondigers per jaar moet help om bekwamer te word in die bediening en daarna te streef om meer in die veld te doen. Diegene wat gehelp word, het geen rede om skrikkerig te voel nie; die klem is op liefdevolle, vriendelike aanmoediging. Hierdie nuwe program maak dit vir honderdduisende moontlik om bekwamer bedienaars te word.

Lied 207 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Junie

Lied 114

10 min: Aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Junie in te gee. Hersien lektuuraanbod vir Julie.

15 min: Plaaslike behoeftes, of Span ek my minder in? Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 Desember 1987, bladsye 18-19, paragrawe 14-16. Moedig diegene aan wat al etlike jare bedrywig is om die kwaliteit en kwantiteit van hulle heilige diens te ondersoek.

20 min: Ons kan almal informeel getuig. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 15 Oktober 1987, bladsye 22-7. Toon hoe diegene wie se tyd deur sekulêre, gesins- of persoonlike verantwoordelikhede in beslag geneem word daagliks baie geleenthede kan vind om die goeie nuus aan ander te verkondig. Sluit ’n paar plaaslike ondervindinge in.

Lied 76 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel