Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/97 bl. 2-7
  • Diensvergaderinge vir Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Desember
  • Week wat begin met 8 Desember
  • Week wat begin met 15 Desember
  • Week wat begin met 22 Desember
  • Week wat begin met 29 Desember
Ons Koninkryksbediening—1997
km 12/97 bl. 2-7

Diensvergaderinge vir Desember

LET WEL: In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende Desember. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die “Geloof in God se Woord”-streekbyeenkoms, asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte gedurende die Diensvergadering die week ná die streekbyeenkoms. Die hersiening van elke dag van die streekbyeenkomsprogram moet voor die tyd aan twee of drie bekwame broers aangewys word wat die sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die gemeente help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare van die gehoor en ondervindinge moet kort en saaklik wees.

Week wat begin met 1 Desember

Lied 57

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om vroeg in die maand aan die veldbediening deel te neem. Diegene wat aan die einde van die maand weg gaan wees of ’n streekbyeenkoms gaan bywoon, moet hulle rapporte ingee voordat hulle vertrek. Beklemtoon die belangrikheid daarvan dat almal hulle rapporte vir Desember hierdie maand ingee.

15 min: “Praat elke dag oor Jehovah.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 4 gedek word, moet kommentare ingesluit word uit die Skoolhandleiding, studie 16, paragrawe 14-16.

20 min: “Die Bybel—God se gids vir alle mense.” ’n Ouer man bespreek deel, asook redes waarom almal aangespoor moet word om die Bybel te ondersoek. Voer ’n kort onderhoud met twee verkondigers oor hoe hulle voorberei het om die voorgestelde aanbiedinge in paragrawe 3-8 te gebruik. Demonstreer die aanvanklike besoek en ooreenstemmende herbesoek van een van hierdie aanbiedings. Moedig almal aan om ’n voorraad van die Christelike Griekse Geskrifte in die vyf plaaslike tale te kry en dit by elke gepaste geleentheid aan te bied.

Lied 165 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Desember

Lied 58

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: Skep geleenthede om te getuig. Gedurende Desember en Januarie het baie van ons weens byeenkomste en vakansies die geleentheid om te reis, en goeie geleenthede vir informele getuieniswerk doen hulle voor. Gebruik die Skoolhandleiding, bladsye 80-2, paragrawe 11-16, en hersien wenke oor hoe om gesprekke met vreemdelinge te begin. Toon hoe voorbereiding help om groter welslae te behaal. Laat drie verskillende verkondigers kortliks demonstreer hoe om ’n gesprek te begin met ’n petroljoggie, ’n passasier wat van openbare vervoer gebruik maak en ’n persoon wat by die supermark toustaan. Herinner verkondigers daaraan om rekord te hou van diegene wat belangstelling toon en te reël dat iemand later met hulle in aanraking kom.

15 min: “Jy word gemis!” Ouer man hou bespreking met gehoordeelname. Meld gemeente se gemiddelde bywoningsyfer. Nooi sommige om te vertel waarom dit hulle verkwik om saam by vergaderinge te wees.

Lied 172 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Desember

Lied 63

10 min: Plaaslike aankondigings. Gee wenke oor hoe om taktvol op wêreldse feesgroete te reageer. Sit spesiale velddiensreëlings vir 25 en 26 Desember en 1 Januarie uiteen.

10 min: Plaaslike behoeftes.

25 min: “Ons behoort onderrigters te wees, nie net verkondigers nie.” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 11 bespreek word, lees Skoolhandleiding, studie 15, paragraaf 11.

Lied 174 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Desember

Lied 138

8 min: Plaaslike aankondigings.

17 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 1998.” ’n Toespraak deur die skoolopsiener. Hersien maniere waarop almal gedurende die komende jaar groter baat kan vind by die skool. Moedig gehoor aan om elke week by te bly by die nuwe “Rooster vir aanvullende Bybellees”.

20 min: Verkondig die goeie nuus oral. Gehoorbespreking van Ons bediening-boek, bladsye 92-7, met behulp van die volgende vrae: (1) Waarom is die gebruik van ons lektuur ’n doeltreffende manier om die goeie nuus te verkondig? Waarom moet ons by elke geleentheid lektuur aanbied? (2) Waarom moet ons altyd daarop attent wees om informele getuieniswerk te doen? Wat is ’n paar maniere waarop ons informeel kan getuig? (Nooi party om te vertel van ondervindinge waar hulle informeel getuig het.) (3) Waarom moet die gemeente daarna streef om hulle toegewese gebied goed te dek? Watter voordele hou dit in om persoonlike gebied te hê waar daar heelwat gebied is? (4) Hoe vind ons baat by reëlings vir groepgetuieniswerk? Hoe kan ons ons getuieniswerk beplan om te verseker dat ons ons tyd ten beste benut?

Lied 222 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Desember

Lied 181

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte in te gee. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet die broers vriendelik aangemoedig word om steeds gereeld saam met die gemeente op die nuwe tye te vergader.

15 min: Hersien lektuuraanbod vir Januarie. Wys die Grootste mens-boek en die Mensdom se soeke-boek en meld interessante gesprekspunte wat nuttig sal wees om aanbiedings voor te berei. Sluit een demonstrasie in. Ons moet steeds probeer om studies in die Vereis-brosjure of in die Kennis-boek te begin.

20 min: Waarom moet oortreding aangemeld word? Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 15 Augustus 1997, bladsye 26-30.

Lied 215 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel