Teokratiese nuus
Suid-Afrika: Tot dusver is vyf Koninkryksale gedurende die 1997-diensjaar toegewy: Hermanus, Hluhluwe, Intapuka (Verulam), Mngqesha (King Williams Town) en Wrenchville (Kuruman). Daar is steeds ’n behoefte aan nog ambagsmanne om by hierdie baie belangrike bouwerk betrokke te raak. As jy daarin belangstel om julle plaaslike Streekboukomitee te help, kan jy met hulle, of met julle kringopsiener, in aanraking kom vir verdere besonderhede.