Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 6 Januarie tot 21 April 1997. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Jare voor die Wagtoring-Bybelskool Gilead gestig is, is die goeie nuus na die buiteland geneem deur Getuies wat die waarheid in ’n ander land geleer het en na hulle geboorteland teruggekeer het om die predikingswerk te doen. [jv-AF bl. 428 par. 2]

2. Gideon was in staat om die Midianiete te verslaan weens sy militêre agtergrond. [it-1 bl. 933 par. 1-2]

3. Ter vervulling van Sagaria 9:2-4 is Tirus geheel en al deur Nebukadnesar vernietig. [si-AF bl. 169 par. 4]

4. Eva was reg toe sy gesê het dat sy ’n seun (Kain) “met die hulp van die HERE” verkry het (Gen. 4:1). [it-1 bl. 772 par. 2]

5. Hoewel C. T. Russell goed bekend was as ’n begaafde openbare spreker, was dit sy opregte belangstelling in mense wat van hom ’n bekwame evangeliedienaar gemaak het. [jv-AF bl. 404 par. 2]

6. Die swart ras het nie van Ham se seun Kanaän, wat deur Noag vervloek is, afgestam nie. [it-1 bl. 1023 par. 5]

7. Onder die “bokke” wat in Matteus 25:31-46 genoem word, wat ewige afsnyding sal ondergaan, sal daar bedrywige lede van Babilon die Grote en hulle godsdiensleiers wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 10/15 bl. 26 par. 13-15.]

8. As gevolg van die hewige vervolging in Europa het die aantal verkondigers daar gedurende die Tweede Wêreldoorlog geweldig afgeneem. [jv-AF bl. 454 par. 2]

9. As ons ander vergewe, maak dit dit vir God moontlik om ons sondes te vergewe. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 9/15 bl. 7.]

10. Gabriël is een van net twee getroue engele wat in die Bybel by name genoem word. [it-1 bl. 876 par. 5]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Watter treffende metode is in 1938 in Londen, Engeland, gebruik om die byeenkomstoespraak “Hou rekening met die feite” te adverteer? [jv-AF bl. 447 par. 2]

12. Watter twee rolle wat deur Jesus Christus vervul word, is in Sagaria 6:12, 13 beskryf? [si-AF bl. 172 par. 25]

13. Die reëling vir gemeentes om bydraes tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds te lewer, is ’n voorbeeld van die toepassing van watter beginsel? [jv-AF bl. 344 par. 3-4]

14. Op watter maniere vind mense nóú by Jesus se offerande baat? [kl-AF bl. 68-9 par. 17-19]

15. Waarom moet ons nie huiwer om vir huisbewoners te verduidelik dat ons werk deur vrywillige bydraes moontlik gemaak word nie? [jv-AF bl. 349 par. 4]

16. In watter sin het “die profeet Elia” in die eerste eeu verskyn, ter vervulling van Maleagi 4:5? [si-AF bl. 174 par. 15]

17. Hoe het die sonde tot die hele mensdom versprei? [kl-AF bl. 58 par. 13]

18. Waar in die boek Matteus vind ons Jesus se goeie raad oor hoe om ernstige probleme op te los? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 7/15 bl. 22.]

19. Wat is die “denarius” (penning) wat in Jesus se gelykenis in Matteus 20:1-16 genoem word? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gt-AF 97 par. 6.]

20. Noem twee dinge wat deur God se toelating van goddeloosheid bewys is. [kl-AF bl. 77-8 par. 18-20]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Die eerste drie Evangelies word dikwels sinopties genoem, wat “․․․․․․․․” beteken. [si-AF bl. 175 par. 3]

22. Hebsug het daartoe gelei dat ․․․․․․․․, Elisa se dienskneg, probeer het om materiële voordeel te trek uit sy heer se genesing van ․․․․․․․․ se melaatsheid. [it-1 bl. 905 par. 2]

23. Omdat ․․․․․․․․ geweier het om ag te slaan op ’n waarskuwing van die leërowerstes, is hy deur Ismael en sy manne vermoor. [it-1 bl. 903 par. 12]

24. Jehovah het die profete ․․․․․․․․ en ․․․․․․․․ gebruik om Sy volk se ywer vir die herbouing van die tempel op nuut aan te wakker. [it-1 bl. 1018 par. 4-5]

25. Die “gees” wat die mens by die dood verlaat, is die ․․․․․․․․ wat sy oorsprong by God het (Ps. 146:4). [kl-AF bl. 81 par. 5-6]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Daar is bewyse dat Matteus sy Evangelie in (Hebreeus; Aramees; Grieks) geskryf het en dit later in (Hebreeus; Aramees; Grieks) vertaal het. [si-AF bl. 176 par. 6]

27. (Isebel; Sara; Hagar) speel in ’n simboliese drama waarin sy die vleeslike nasie Israel afbeeld, wat Jehovah se guns verloor het. [it-1 bl. 1018 par. 2]

28. Baie mense in Wes-Afrika het die eerste keer met die waarheid in aanraking gekom deur die gedagteprikkelende Bybeltoesprake van (Edwin Skinner; W. R. Brown; Juan Muniz). [jv-AF bl. 433 par. 2-5]

29. (Haman; Hamat; Hanun) se trotse poging om die Jode deur ’n volksmoord uit te wis, is deur koningin (Rut; Ester; Debora) verydel. [it-1 bl. 1024 par. 2]

30. Jesus het die Messias geword by sy (geboorte; doop; opstanding), wat in die jaar (2 v.G.J.; 29 G.J.; 33 G.J.) plaasgevind het. [kl-AF bl. 65 par. 12]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

1 Sam. 1:12-16; Matt. 4:8-10; Matt. 16:19; Jak. 1:13; 1 Joh. 5:19

31. God is nie verantwoordelik vir die tallose probleme wat die mensdom teister nie. [kl-AF bl. 71 par. 3]

32. Jesus se ware volgelinge weier om by die politieke aangeleenthede van hierdie wêreld betrokke te raak. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w96-AF 5/1 bl. 12 par. 9.]

33. Kennis aangaande die Koninkryk van God sou vir Jode, Samaritane en nie-Jode die weg tot die hemel open. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w91-AF 3/15 bl. 5.]

34. As ons by geleentheid deur iemand verkeerd beoordeel word, sal ’n nederige gesindheid en ’n eerbiedige antwoord gewoonlik die beste resultate lewer. [it-1 bl. 1031 par. 5]

35. Christene het goeie rede om afgeskeie van die wêreld te bly. [kl-AF bl. 60 par. 18]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel