Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 8
  • Waarom doen hulle dit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom doen hulle dit?
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 8

Waarom doen hulle dit?

1 Daar is omtrent die Christus voorspel dat ‘die ywer vir God se huis hom sou verteer’ (Ps. 69:10). Jesus se ywer vir die ware aanbidding van Jehovah het hom beweeg om die bediening eerste te stel (Luk. 4:43; Joh. 18:37). Hierdie selfde ywer om van die waarheid te getuig, word vandag in die bediening van Jehovah se Getuies weerspieël. Verlede diensjaar het gemiddeld 645 509 elke maand regoor die wêreld aan die een of ander vorm van pionierdiens deelgeneem. In die lig van ons toegewydheid aan God moet elkeen van ons biddend oorweeg of ons ons omstandighede so kan reël dat ons as ’n hulp- of gewone pionier kan dien.—Ps. 110:3; Pred. 12:1; Rom. 12:1.

2 Aangesien ons in ’n stelsel van dinge lewe wat op selfsugtige wyse materialisties is, vind baie in die wêreld dit moeilik om te verstaan waarom enigiemand so hard in die bediening sal werk vir iets wat geen geldelike voordeel het en geen roem bring nie. Waarom doen pioniers dit? Hulle weet dat hulle met ’n lewensreddende werk besig is. Omdat hulle deur innige liefde vir Jehovah en vir hulle medemens beweeg word, voel hulle dat hulle ’n sterk, persoonlike verpligting het om lewens te help red (Rom. 1:14-16; 1 Tim. 2:4; 4:16). ’n Pionieregpaar het dit goed opgesom deur te sê: “Waarom doen ons pionierdiens? Sou ons dit ooit voor Jehovah kon verantwoord as ons dit nie gedoen het nie?”

3 ’n Ander suster het die volgende geskryf oor haar besluit om die pionierdiens te betree: “Ek en my man het planne beraam om van een salaris te lewe, wat beteken het dat ons al die onnodige dinge moes prysgee. Jehovah het ons nietemin ryklik geseën en nooit toegelaat dat ons in armoede verval of behoeftig raak nie. . . . Ek het ’n ware doel gevind om voor te lewe—om behoeftiges te help om te leer dat Jehovah, die ware God, nie ver is van diegene wat hom soek nie.” Pioniers besef die dringendheid van die tye en is derhalwe tevrede met lewensnoodsaaklikhede terwyl hulle ywerig probeer om geestelike skatte te verkry wat vir ewig sal hou.—1 Tim. 6:8, 18, 19.

4 As jou persoonlike omstandighede dit toelaat, kan jy gerus aansluit by die honderdduisende van jou broers en susters regoor die wêreld wat aan die pionierdiens deelneem. Op daardie manier kan jy dieselfde vreugde smaak wat hulle het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel