Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R41,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R20,50. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. Vir velddiens in die middel van die week en in gebied wat dikwels gedek word, kan die nuwe brosjure, Wat vereis God van ons?, ook gebruik word. Junie: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Lê jou daarop toe om tuisbybelstudies te begin. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,20 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Gemeentes sal per brief van die aanbod vir die ontoegekende gebied in kennis gestel word.

◼ Diegene wat aan ’n gemeente verbonde is, moet alle nuwe intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! asook dié wat hernieu word, waaronder hulle eie intekeninge, deur die gemeente stuur.

◼ Die ontoegekendegebied-kampanje sal vir die maande Augustus tot Oktober 1997 wees. Verkondigers en pioniers word aangespoor om hierdie reëling te ondersteun en sodoende te verseker dat baie mense in die ontoegekende gebied ’n deeglike getuienis ontvang. Verlede jaar is die kampanje goed ondersteun met goeie resultate. Die volgende is deur 8382 verkondigers gerapporteer: 8729 boeke; 27731 boekies; 74 464 ure; 31 intekeninge; 25 060 tydskrifte; 5100 herbesoeke en 442 Bybelstudies.

◼ Die Genootskap maak nie lektuurbestellings op vir individuele verkondigers nie. Die presiderende opsiener moet reël dat daar elke maand ’n aankondiging gedoen word voor die gemeente se maandelikse lektuurbestelling aan die Genootskap gestuur word sodat almal wat daarin belangstel om persoonlike lektuuritems te bekom die broer wat die lektuur behartig in kennis kan stel. Hou asseblief in gedagte watter publikasies beheerde items is.

◼ Gemeentes word aangeraai om nie die Genootskap se video’s by gemeentelike vergaderinge in die plek van die gewone program te gebruik nie. Hierdie video’s is uitgegee om in die veld te gebruik, nie by gemeentelike vergaderinge nie. Die nuusmedia, skole en universiteite kan die Genootskap se video’s vertoon mits hulle die Genootskap as vervaardiger erken en die video’s in hulle geheel sonder redigering vertoon. Skyfievertonings wat deur die Genootskap vervaardig is, kan by gemeentelike vergaderinge gebruik word.

◼ Gemeentes moet die bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! vir 1996 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Duits en Portugees beskikbaar wees. As julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het, moet julle nie geld saam met julle bestellings stuur nie. Julle gemeente se lektuurrekening sal daarmee gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit op die gemeente se fakture as “Back Ordered” verskyn. Gemeentes wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet geld saam met hulle bestellings stuur. Die bundels is beheerde items en sal teen R26,00 elk vir die gemeente, publiek en pioniers gedebiteer word.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Watch Tower Publications Index 1986-1995 (gemeente en publiek: R24,00; pioniers: R17,50)—Engels

◼ Nuwe oudiokassette beskikbaar:

Wat vereis God van ons? (gemeente en publiek: R10,00; pioniers: R9,00)—Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel