Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 Oktober
  • Week wat begin met 14 Oktober
  • Week wat begin met 21 Oktober
  • Week wat begin met 28 Oktober
Ons Koninkryksbediening—1996
km 10/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir Oktober

Week wat begin met 7 Oktober

Lied 47

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die plaaslike gemeente se velddiensrapport vir Augustus. Oktober is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Moedig almal aan om ’n volle deelname daaraan te hê.

15 min: Vraebus. Diensopsiener of ander bekwame ouer man bespreek inligting met die gehoor.

20 min: “Berei jou eie tydskrifaanbieding voor” (Paragrawe 1-7). Vra vrae oor paragrawe 1-4, en demonstreer dan kortliks twee of drie maniere waarop ’n intekening aangebied kan word deur die wenke in paragrawe 5-7 te gebruik. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Maart 1987, bladsy 17, paragrawe 8-9.

Lied 222 en slotgebed.

Week wat begin met 14 Oktober

Lied 39

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Die goeie nuus van iets beters word verkondig.” Vrae en antwoorde. Vestig die aandag op party van die geskiedkundige artikels wat al in Die Wagtoring verskyn het.—Sien Die Wagtoring van 1 Maart 1987, bladsy 13.

20 min: “Berei jou eie tydskrifaanbieding voor” (Paragrawe 8-11). Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in oor die vier wenke in Die Wagtoring van 1 Januarie 1994, bladsye 24-5, paragrawe 18-21. Gebruik die tydskrifte vir Oktober om te toon hoe om ’n aanbieding voor te berei: (1) Kies ’n artikel wat waarskynlik die belangstelling van die mense in jou gebied sal wek, (2) soek ’n interessante punt om te gebruik, (3) formuleer ’n vraag wat gebruik kan word om die aandag op daardie punt te vestig, (4) soek ’n teks uit om te lees as jy die geleentheid kry en (5) berei jou openingswoorde voor asook wat jy oor die tydskrif gaan sê sodat jy die huisbewoner sal aanspoor om ’n intekening te neem. Laat twee of drie bekwame verkondigers elk ’n aanbieding demonstreer. Sluit ’n jong persoon in wat ’n eenvoudige tydskrifaanbieding demonstreer.

Lied 82 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Oktober

Lied 169

12 min: Plaaslike aankondigings. Verduidelik hoe om ’n tydskrifroete te begin: (1) Maak ’n aantekening van elke tydskrif wat by iemand gelaat is en die artikel wat gebruik is, (2) spreek af om terug te keer met die volgende nommers en (3) sit ’n spesifieke tyd in jou weeklikse velddiensrooster opsy om hierdie besoeke te doen. Onthou om intekeninge by elke geleentheid aan te bied. Bied twee tydskrifte aan indien die intekening van die hand gewys word. Herinner die verkondigers daaraan om elke besoek by iemand wat op hulle tydskrifroete is as ’n herbesoek te rapporteer.

13 min: “Dek jou gebied deeglik.” Bespreek artikel en wat die plaaslike reëlings is om sakeondernemings te besoek. Nooi die gehoor om aanmoedigende ondervindinge te vertel wat hulle geniet het toe hulle die winkels in hulle gebied besoek het.

20 min: “‘Boodskappers van Goddelike Vrede’-Streekbyeenkoms vir 1996.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-17. Lees paragrawe 10-11, 16.

Lied 12 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Oktober

Lied 27

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om die moontlikheid te oorweeg om in Desember as hulppioniers te dien, aangesien daar verskeie wêreldse vakansiedae is wat dit moontlik sal maak om tyd vry te kry van sekulêre werk en skool. Spoor almal aan om hulle velddiensrapport vir Oktober hierdie naweek in te gee. Die presiderende opsiener en sekretaris moet seker maak dat daar in die komende maande ’n volledige rapport na die Genootskap gestuur word.

15 min: “Hoe om die geleë tyd uit te koop.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Desember 1989, bladsye 16-17, paragrawe 7-11.

20 min: “‘Boodskappers van Goddelike Vrede’-Streekbyeenkoms vir 1996.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 18-24. Lees paragraaf 23. Hersien “Herinneringe in verband met die streekbyeenkoms”.

Lied 162 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel