Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Junie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Junie
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 3 Junie
  • Week wat begin met 10 Junie
  • Week wat begin met 17 Junie
  • Week wat begin met 24 Junie
Ons Koninkryksbediening—1996
km 6/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir Junie

Week wat begin met 3 Junie

Lied 181

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die maandelikse velddiensrapport vir die land asook die plaaslike gemeente. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Mei stiptelik te rapporteer. Sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat rapporte vir vorige maande ingegee is.

15 min: “Volg hulle geloof na.” Vrae en antwoorde. Hersien bewyse van geloof wat in die venster op bladsy 13 in Die Wagtoring van 15 September 1991 gedek word. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers om uit te vind wat hulle gehelp het om baie jare lank met hulle gereelde Koninkryksbedrywighede vol te hou.

20 min: “Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei” (Paragrawe 1-3). Bespreek paragraaf 1. (Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 15 Januarie 1996, bladsye 12-13, paragrawe 11-12.) Verduidelik dat die nuwe formaat van die agterblad van Ons Koninkryksbediening bedoel is om ons te help om beter voorbereid te wees om herbesoeke te doen. Aangesien dit dikwels raadsaam is om die herbesoek binne ’n dag of twee te doen, pleks van langer te wag, sal ons die voorgestelde aanbiedings vir die besoek van huis tot huis sowel as die herbesoek by dieselfde Diensvergadering bespreek. Hersien paragrawe 2 en 3 kortliks, met ’n demonstrasie van elkeen daarna. Die oorblywende aanbiedings in die artikel sal tydens die volgende twee Diensvergaderinge gedek word.

Lied 143 en slotgebed.

Week wat begin met 10 Junie

Lied 63

7 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

8 min: Lei kinders in die velddiens op. ’n Toespraak deur ’n ouer man. Van ’n vroeë ouderdom af moet ons kinders saam met ons in die velddiens bedrywig wees. Die opleiding en ondervinding wat hulle opdoen, sal ’n sterk grondslag voorsien vir hulle geloof en ywer in latere jare. Dit is belangrik dat hulle besef hoe nodig dit is om die bediening ernstig op te neem en hulle behoorlik te gedra. Kinders moet wanordelike gedrag vermy; die bediening is nie ’n tyd om te speel nie. Dit is beter as hulle saam met volwassenes werk. Hulle moet gehelp word om self aanbiedings te doen volgens hulle vermoëns. (Sien Die Wagtoring van 1 Augustus 1988, bladsy 15, paragraaf 20.) Ouers is daarvoor verantwoordelik om toesig te voorsien; hulle moenie kinders na velddiensvergaderinge toe stuur sonder ’n ouer persoon om oor hulle toesig te hou nie. Prys kinders wanneer hulle goed doen.

10 min: “Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei” (Paragrawe 4-5). Demonstreer, ná ’n kort inleiding, die aanbiedings vir die eerste besoek en die herbesoek in paragrawe 4 en 5. Spoor verkondigers aan om so gou moontlik terug te gaan na almal by wie hulle die Kennis-boek gelaat het.

20 min: “Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek.” Lewer kort inleidende kommentare oor paragrawe 1-2. Dek paragrawe 3-11 deur middel van vrae en antwoorde. Verduidelik dat die res van die byvoegsel gedurende Diensvergaderinge in Julie en Augustus bespreek sal word. Spoor almal aan om dit te hou.

Lied 92 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Junie

Lied 157

10 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus.

15 min: “Vriendelike gesprekke kan die hart bereik.” Vrae en antwoorde. Nooi een of twee verkondigers om opbouende ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle met ’n vriendelike benadering ’n goeie reaksie gekry het.

20 min: “Verkondig die kennis wat tot die ewige lewe lei” (Paragrawe 6-7). Beklemtoon die doelwitte waarmee ’n herbesoek gedoen word: Kweek belangstelling, begin ’n studie, tref definitiewe reëlings om terug te gaan. Nadat die aanbiedings in paragrawe 6 en 7 kortliks bespreek is, kan elkeen gedemonstreer word om te toon hoe ’n studie begin kan word. Lees paragraaf 17 op bladsy 14 in Die Wagtoring van 15 Januarie 1996.

Lied 211 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Junie

Lied 6

12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek die hoofpunte in die brief van 1 Mei 1996 aan alle gemeentes oor die ontoegekendegebied-kampanje. Sit die gemeente se reëlings om in die ontoegekende gebied te werk uiteen. Spoor almal aan om vanjaar ’n volle aandeel daaraan te hê. Sit ook die gemeente se velddiensreëlings vir die komende naweek uiteen, en spoor almal aan om ’n volle aandeel aan die bediening te hê en om hulle diens stiptelik aan die einde van die maand te rapporteer.

15 min: Plaaslike behoeftes. (Of hou ’n toespraak oor ‘Hanteer die woord van die waarheid reg’, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Januarie 1996, bladsye 29-31.)

18 min: “Help hulle om weer te dien.” Toespraak en bespreking deur ’n ouer man. Stel voor dat die artikel ‘Keer terug na My, en Ek sal na julle terugkeer’ in Die Wagtoring van 1 Augustus 1992 gebruik word om onbedrywiges aan te moedig. Meld ’n paar van die hoofpunte.

Lied 71 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel