Diensvergaderinge vir Mei
Week wat begin met 6 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Dien met jou hele siel!” Vrae en antwoorde. Bespreek na gelang van tyd “Gedagtes wat julle as ’n gesin kan bespreek” in Die Wagtoring van 1 Januarie 1982, bladsy 19.
20 min: “Spreek die waarheid met jou naaste.” Vrae en antwoorde. Hersien voorgestelde aanbiedings. Spoor nuwelinge aan om aan tydskrifverspreiding deel te neem deur aan die begin kort aanbiedings te gebruik. Reël twee demonstrasies wat ’n bespreking van “Die doel van Die Wagtoring” op bladsy 2 insluit.
Lied 148 en slotgebed.
Week wat begin met 13 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
20 min: “Ons was geestelik nog nooit so goed daaraan toe nie!” Vrae en antwoorde. Laat twee of drie verkondigers, waaronder ’n tiener, party van hulle seëninge meld. Sluit af deur te toon hoe groter waardering ons beweeg om ywerig in heilige diens bedrywig te wees.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak deur ouer man oor “Waarom is dit so maklik om leuens te vertel?” in Die Wagtoring van 15 Desember 1992, bladsye 21-3.
Lied 193 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om aan tydskrifverspreiding deel te neem.
20 min: “Hou aan om die waarheid te spreek.” Beklemtoon die nodigheid daarvan om herbesoeke te doen met die doel om studies te begin. Bied intekeninge aan vir diegene wat dit geniet om Die Wagtoring en Ontwaak! te lees. Reël twee kort demonstrasies.
15 min: “Is jy te besig?” Vrae en antwoorde. Sluit na gelang van tyd kommentare in uit die Ontwaak! van 8 Junie 1990, bladsye 14-16. Laat een of twee verkondigers kortliks vertel wat hulle gedoen het om met welslae by ’n besige teokratiese rooster te hou.
Lied 28 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Mei
5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner die verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Mei stiptelik te rapporteer.
15 min: Bied Kennis wat tot die ewige lewe lei gedurende Junie aan. Diensopsiener bespreek eerstens waarom die Kennis-boek gepubliseer is. Hy bespreek dan party van die hoogtepunte daarvan met twee of drie bekwame verkondigers. Die boek beantwoord vrae oor ons toekoms, menselyding, God se Koninkryk, godvrugtige gedrag, die gesinslewe en die voordele van gebed. Twee verskillende verkondigers in die groep demonstreer ’n benadering wat gebruik kan word om met die eerste besoek of met ’n herbesoek ’n studie te begin. Diensopsiener dek dan die volgende punte. Dit is nodig om doeltreffender Bybelstudies oor ’n korter tydperk te hou. Hierdie boek is spesiaal daarvoor opgestel. Dit bied die waarheid op ’n positiewe, bondige manier aan. Vrae oor elke paragraaf, sowel as aan die einde van elke hoofstuk, help ons om die aandag op die hoofpunte te vestig. Die boek dek die antwoorde op die vrae wat gevra word aan pastoegewydes wat gedoop wil word. Spoor almal aan om te werk met die doel om in Junie studies te begin.
10 min: Vraebus. Lees en bespreek met gehoor.
15 min: Doen elke week herbesoeke. Aanmoedigende bespreking deur diensopsiener of ander ouer man wat gereeld herbesoeke doen. Verskeie reisende opsieners het kommer uitgespreek dat so min broers herbesoeke doen. Wat is die stand van sake in julle gemeente? Gee syfers. Ons Koninkryksbediening het elke maand ’n artikel oor hierdie belangrike aspek van ons bediening. Pas jy hierdie wenke toe? Daar is ook opgemerk dat min boekstudiehouers seker maak dat die verkondigers in die groep nie net hulle herbesoeke doen nie, maar ook die wenke op die agterste bladsy van Ons Koninkryksbediening gebruik. Spoor almal aan om meer daarvan bewus te wees om herbesoeke te doen en om daarna te streef om ongeveer die helfte van ons velddienstyd in die opvolgwerk deur te bring. Hersien na gelang van tyd die inligting in Ons bediening-boek, bladsye 88-9.
Lied 155 en slotgebed.