Diensvergaderinge vir Augustus
Week wat begin met 7 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Vestig die aandag op artikels in huidige nommers van die tydskrifte wat in aanbiedings gebruik kan word.
15 min: “Watter soort mense behoort julle te wees?” Vrae en antwoorde.
20 min: “Wees onderrigters van God se Woord—Deur van brosjures gebruik te maak.” Die broer wat hierdie deel behartig, sal verskillende kenmerke van die brosjures met twee of drie ander verkondigers bespreek. Hulle sal dan hulle aanbiedings met mekaar oefen.
Lied 137 en slotgebed.
Week wat begin met 14 Augustus
5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
10 min: Benut die skool ten beste. Ouer man demonstreer hoe ’n ouer met ’n tienerseun of -dogter kan gesels oor sy of haar vakkeuse op skool. Bespreek hoe belangrik dit is om vakke te kies wat ’n mens sal help om ’n loopbaan in die bediening na te streef.—Sien Die Wagtoring van 1 November 1992, bladsye 16-18, paragrawe 3-11.
15 min: “Ouers wat hulle verbly!” Toespraak deur ouer man. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 15 Augustus 1987, bladsye 13-15, paragrawe 14-23.
15 min: “Christelike gedrag by die skool.” Vrae en antwoorde. Moedig ouers aan om Die Wagtoring van 15 Julie 1991, bladsye 23-6, met hulle kinders te hersien, veral die dele wat handel oor geskille waarvoor die kinders waarskynlik te staan sal kom.
Lied 157 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. “Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag.” As dit bekend is, kan die datum vir die volgende byeenkoms aangekondig word. Moedig almal aan om dit by te woon.
15 min: “Hoe ons ons gewillig vir elke goeie werk kan aanbied.” Entoesiastiese toespraak deur ouer man gebaseer op paragrawe1-9.
20 min: “Hoe ons ons gewillig vir elke goeie werk kan aanbied.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 10-15. Vestig die aandag op plaaslike behoeftes en maniere waarop almal hulp kan verleen.
Lied 156 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Lewer verslag oor vordering van werk in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor die reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers oor sukses wat hulle gedurende die kampanje behaal het. Die sekretaris en boekstudiehouers moet toesien dat alle laat rapporte vir die 1995-diensjaar ingegee word. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Augustus stiptelik te rapporteer.
15 min: “Suksesvolle herbesoeke verg doeltreffende onderrigting.” Hersien hoofgedagtes en reël een of twee kort demonstrasies. Moedig diegene aan wat velddiensreëlings behartig om hierdie punte te hersien met die groep wat in die velddiens uitgaan en hulle te help om die wenke toe te pas wat gegee is om ons herbesoeke te verbeter.
20 min: Bied die Paradys op aarde-boek gedurende September aan. Verduidelik hoe hierdie boek ’n belangrike rol in die bekendmaking van Jehovah se oordeelsboodskap speel. (Sien Die Wagtoring van 1 April 1988, bladsye 25-6, paragrawe 17-18.) Vertel die ondervinding in Die Wagtoring van 1 April 1992, bladsy 15, paragrawe 3-4. Vestig die aandag op die treffende prente op bladsye 3, 11-13 en 156-8 van die boek. Bespreek hoe hierdie prente gebruik kan word om gesprekke te begin. Laat ’n bekwame verkondiger ’n kort aanbieding demonstreer deur een van die teksverwysings op bladsye 156-8 te gebruik. Beklemtoon die doel om Bybelstudies te probeer begin. Herinner almal daaraan om boeke te kry om hierdie naweek te gebruik.
Lied 178 en slotgebed.