Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/94 bl. 7
  • Ons gaan weer die Openbaring-boek bestudeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons gaan weer die Openbaring-boek bestudeer
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Openbaring—Geheime word ontsluit
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die nuwe boek
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 10/94 bl. 7

Ons gaan weer die Openbaring-boek bestudeer

1 Die Openbaring-boek se titelblad haal Openbaring 1:3 aan: “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is.” Vandag word die geluk van Jehovah se volk beslis grootliks vermeerder deur die hedendaagse vervulling van die profesieë wat in die Bybelboek Openbaring opgeteken is. Ons huidige begrip van gebeure in hierdie tyd, “die dag van die Here”, word in Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! uiteengesit (Openb. 1:10). Ons het, deur ’n studie daarvan, insig in betekenisvolle wêreldgebeure verkry, veral dié ten opsigte van die wêreldryk van valse godsdiens en die opmars van nasies na Armageddon sowel as Jehovah se handelinge met sy volk.

2 Vir baie van ons sal ’n studie van hierdie publikasie nie net ons geheue verfris oor punte wat voorheen bespreek is nie, maar dit sal ook ons geestelike insig verskerp in huidige gebeure wat tot Jehovah se dag van oorwinning oor al sy vyande gaan lei. Die duisende wat tydens die afgelope twee of drie jaar by ons aangesluit het, sal beslis by hierdie derde bespreking van die Openbaring-boek tydens die Gemeentelike Boekstudie baat vind.

3 Moenie versuim om elke week, vanaf 3 Oktober 1994, goed voor te berei, teenwoordig te wees en ’n betekenisvolle deelname te hê nie. Jy sal ryklik beloon en geseën word as jy die betekenis van die ontvouing van wêreldgebeure duideliker verstaan met die oog op profesieë soos dit in die boek Openbaring opgeteken is. Ons moet sulke materiaal beslis in ’n ernstige lig beskou, aangesien dit nou meer as ooit tevore van belang is. Mag ons die beloofde geluk smaak terwyl ons hierdie opwindende profesie oor ons tyd lees, daarna luister en daaroor peins!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel