Diensvergaderinge vir Junie
Week wat begin met 6 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening wat plaaslik van toepassing is. Demonstreer kortliks hoe die jongste tydskrifte hierdie naweek van huis tot huis aangebied kan word. Herinner die gehoor daaraan om eksemplare van die Skepping-boek te kry wat hulle hierdie naweek in die diens kan gebruik.
20 min: “Saai jy oorvloedig?” Vrae en antwoorde. Indien die tyd dit toelaat, kan die gehoor genooi word om persoonlike ondervindinge te vertel wat toon hoe hulle in die een of ander aspek van hulle diens ’n ekstra poging aangewend het en daarvoor geseënis.
15 min: “Help ander om ons Maker teeer.” Bespreek met gehoor. Hou twee demonstrasies wat toon hoe die voorgestelde aanbiedings gebruik kan word.
Lied 30 en slotgebed.
Week wat begin met 13 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Lees rekeningverslag en die Genootskap se erkenning van bydraes. Sluit kort kommentare in om te toon hoe iemand met ’n vrygewige gees geseën word.—Spr. 11:24a.
15 min: “Bou geloof in die mensdom se Skepper op.” Bespreek met gehoor. Indien die tyd dit toelaat, kan een van die voorgestelde herbesoeke gedemonstreer word.
20 min: “Die Gemeentelike Boekstudie bevorder opvoedkundige bedrywighede.” ’n Boekstudiehouer bespreek dit met gehoor. Beklemtoon hoe die artikel (1) groter boekstudiebywoning, (2) groter deelname gedurende die studie en (3) beter ondersteuning van velddiensvergaderinge aanmoedig.
Lied 65 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Jongmense wat met skoolvakansie is, moet die geleenthede hersien wat hulle het om hulle deelname aan die bediening te vergroot; sommige kan moontlik aan die hulppionierdiens deelneem. Diegene wat hulle skoolloopbaan aan die einde van hierdie jaar gaan voltooi, moet ernstig aan hulle toekomsplanne dink met die oog daarop om Koninkryksbelange eerste te stel.
10 min: Plaaslike behoeftes. Of hou ’n toespraak oor die artikel “Watter loopbaan moet ek kies?” in die Ontwaak! van 8 Mei 1989, bladsye 12-14.
10 min: “Kan ek by Bethel dien?” ’n Bekwame ouere man moet die artikel bespreek en ongetroude broers aanmoedig om Betheldiens ernstig te oorweeg. Sien Ons Koninkryksbediening vir Maart 1988, bladsy 4, vir besonderhede oor die basiese vereistes vir Betheldiens.
15 min: “Doen jy God se wil?” Toespraak deur ouere man gebaseer op Die Wagtoring van 1 Maart 1994, bladsye 28-30.
Lied 223 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Junie
15 min: Plaaslike aankondigings. Dit moet deur ’n ouere man behartig word. Hersien die gemeente se reëlings vir die ontoegekendegebied-kampanje. Bespreek hoe belangrik dit is om rapporte stiptelik aan die einde van die maand in die Velddiensrapport-bussie te plaas. Ons mik na nog ’n nuwe verkondigerhoogtepunt voor die einde van die diensjaar. Aangesien gereelde velddiensrapportering steeds ’n probleem in ons veld is, sal ons die samewerking van elke verkondiger in hierdie opsig waardeer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet diegene wat nog nie gerapporteer het nie, bly herinner om dit dadelik te doen. Meld aan die gemeente hoeveel skoolgaande kinders en nuwelinge met die gemeente assosieer, maar nog nie verkondigers is nie. Bespreek wat ouers en ander bekwame verkondigers kan doen om hierdie mense te help om hulle standpunt vir die waarheid in te neem en as ongedoopte verkondigers te kwalifiseer. Die ouere manne en bedieningsknegte moet ’n lewendige belangstelling in hulle toon, veral op boekstudievlak, en hulle progressief help om vordering in die waarheid te maak.
15 min: “Betekenisvolle velddiensvergaderinge.” Vrae en antwoorde deur diensopsiener. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, kan een of twee inleidings uit die Redenering-boek bespreek word wat hierdie naweek gebruik kan word. Meld by paragraaf 5 enige probleme met betrekking tot gedrag in die velddiens wat plaaslik opgemerk is; gee vriendelik voorstelle vir verbetering.
15 min: Hersien aanbod vir Julie. Wys van die boekies wat die gemeente in voorraad het, soos ’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind, Is daar ’n God wat omgee?, Die lewe behels veel meer! of “Hierdie goeie nuus van die koninkryk”. Hierdie boekies is van praktiese waarde om Bybelstudies mee te begin. Hersien ’n paar interessante hooftrekke en illustrasies wat gebruik kan word om gesprekke aan te knoop. Hou twee demonstrasies wat toon hoe om ’n bespreking oor ’n Bybelonderwerp te begin. (Gebruik voorstelle in die Redenering-boek oor “Toekoms/veiligheid”, bladsye 13-14, en “Koninkryk”, bladsye 11-12.) Die demonstrasies moet afsluit met reëlings om ’n Bybelstudie te begin.
Lied 118 en slotgebed.