Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/94 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir April

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir April
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 4 April
  • Week wat begin met 11 April
  • Week wat begin met 18 April
  • Week wat begin met 25 April
Ons Koninkryksbediening—1994
km 4/94 bl. 2

Diensvergaderinge vir April

Week wat begin met 4 April

Lied 16

10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek die gemeente se reëlings vir die spesiale Tydskrifdag op Saterdag, 9 April. Hersien van die hoofpunte in die brief van 15 Februarie 1994. Moedig verkondigers aan om hulle tydskrifte te gaan afhaal. Herinner almal aan die spesiale toespraak op 10 April. ’n Spesiale poging moet aangewend word om nuwelinge te help om dit by te woon.

15 min: “Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydskrifte van waarheid.” Vrae en antwoorde. Nooi gehoor om te vertel wat hulle gedoen het om meer tydskrifte te versprei. Laat sommige ondervindinge vertel indien die tyd dit toelaat.

20 min: “Bied die beste tydskrifte ter wêreld aan.” Bespreek materiaal met die gehoor en beklemtoon spesiale voordele van die tydskrifte. Wanneer paragraaf 2 gedek word, moet ’n verkondiger wat op hierdie gebied welslae behaal, gevra word om te verduidelik hoe ’n mens met die inhoud vertroud raak en hoe ’n aanbieding voorberei kan word. Reël vir twee demonstrasies wat toon hoe die nommers van 1 en 15 April aangebied kan word. Sluit af deur wenke te gee oor artikels wat gebruik kan word om die huidige nommers van die Ontwaak! aan te bied.

Lied 69 en slotgebed.

Week wat begin met 11 April

Lied 80

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek hoofpunte in Vraebus.

15 min: “Die Diensvergadering rus ons toe vir elke goeie werk.” Vrae en antwoorde. Sluit demonstrasie in wat toon hoe ’n gesin vir die vergadering voorberei; beklemtoon die belangrikheid daarvan om (1) vooraf voor te berei, (2) aandagtig te luister en (3) deel te neem.

20 min: “Dien Jehovah sonder dat jou aandag afgelei word.” Byvoegsel. Vrae en antwoorde. Dek paragrawe 1 tot 6.

Lied 90 en slotgebed.

Week wat begin met 18 April

Lied 100

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en enige erkenning van bydraes van die Genootskap af.

15 min: “Gaan terug na diegene wat tydskrifte geneem het.” ’n Bespreking met die gehoor. Nooi broers om kommentaar te lewer oor waarom dit belangrik is om vertroud te wees met die inhoud van die tydskrifte en goed na te dink oor die huisbewoner se reaksie tydens die vorige besoek om vas te stel watter benadering die beste sal wees. Indien die tyd dit toelaat, kan bekwame verkondigers die aanbiedinge in die artikel demonstreer.

20 min: “Dien Jehovah sonder dat jou aandag afgelei word.” Byvoegsel. Vrae en antwoorde. Dek paragrawe 7 tot 12.

Lied 51 en slotgebed.

Week wat begin met 25 April

Lied 70

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. “Hulp om alledaagse probleme die hoof te bied.” Moedig verkondigers aan om gedurende hierdie laaste naweek van April ’n volle deelname aan die veldbediening te hê en seker te maak dat hulle hulle velddiensrapporte aan die einde van die maand ingee. Ons mikpunt is om ’n nuwe verkondigershoogtepunt vir April te hê, en ons sal dit waardeer as julle julle samewerking kan gee sodat ons hierdie doelwit kan bereik.

13 min: Geloof. Gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 152-5. Bespreking tussen ’n ouere man en ’n groep jongmense. Ouere man bespreek die definisie van geloof en vra dan vir die groep vrae. Waarom het baie nie geloof nie? Wat is die grondslag van ons geloof? Hoe kan ons ’n sterk geloof behou? Hoe lê ons sulke geloof aan die dag? Ouere man sluit af deur die groep te prys en aan te moedig.

17 min: “Reinheid strek God tot eer.” Ouere man bespreek artikel met die gehoor. Sluit af met ’n kort toespraak waarin die raad in Die Wagtoring van 1 Junie 1989, bladsye 15-20, hersien word.

Lied 75 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel