Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/93 bl. 5-8
  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1994

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1994
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1993
km 10/93 bl. 5-8

Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1994

INSTRUKSIES

Gedurende 1994 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:

LEERBOEKE: Die Bybel, die New World Translation of the Holy Scriptures [bi12], Verenig in die aanbidding van die enigste ware God [uwAF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” [siAF], Die grootste mens wat nog geleef het [gtAF] en Bybelonderwerpe vir bespreking (1993-uitgawe) [tdAF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:

TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Hierdie toespraak moet deur ’n ouere man of ’n bekwame bedieningskneg behartig word, en dit sal op Verenig in die aanbidding van die enigste ware God of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Hierdie toewysing moet ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Gebruik die tema wat gegee word. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei sodat hulle ten volle by hierdie materiaal baat kan vind.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker vooraf daarom vra.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander ouere man of bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Beperk die aanvanklike oorsig van die toegewese hoofstukke tot 30 tot 60 sekondes. Die hoofdoel is om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg dat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpoos gelees word. As die verse wat gelees moet word nie opeenvolgend is nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan susters toegewys word. Die onderwerpe vir hierdie toespraak is gebaseer op die boek Die grootste mens wat nog geleef het. Die toegewese student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Die agtergrond moet verkieslik velddiens of informele getuienis behels. Die suster wat die toespraak hou, kan die bespreking inlei sodat die agtergrond duidelik is of haar assistent(e) dit laat doen. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie. Die student moet die tema gebruik wat gegee word.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit kan aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Dit sal op Bybelonderwerpe vir bespreking gebaseer wees. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak vir die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik beter wees as die broer sy toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte voorberei, sodat dit werklik leersaam en nuttig sal wees vir diegene wat dit hoor. As die materiaal egter meer geskik is vir ’n ander praktiese en gepaste agtergrond vir ’n gehoor, staan dit die broer vry om sy toespraak dienooreenkomstig te ontwikkel. Die student moet die tema gebruik wat gegee word.

Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet die materiaal op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.

RAAD EN KOMMENTARE: Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarop die student moet verbeter. As die student net ’n “G” kry en geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand hiervan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysingstrokie (S-89) aandui. Diegene wat ’n toespraak gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd spaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat die nodige raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat nie deur die studente gedek is nie. Die skoolopsiener moet sorg dat hy ná elke studentetoespraak nie meer as twee minute vir raad en enige ander kort kommentare gebruik nie. As die aanbieding van die Bybelglanspunte nie na wense is nie, kan raad privaat gegee word.

VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Voordat ’n student sy toespraak hou, moet hy die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hy aandag moet skenk. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys word, moet ’n tema kies wat die Bybelleesgedeelte die beste sal dek. Ander toesprake sal om die gegewe tema op die gedrukte rooster ontwikkel word.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie. Dit geld ook vir die raad en kommentare van die raadgewer. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die stopsein te gee, moet dit doen sodra die tyd verstreke is. As broers wat Toewysing nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig die tydgrens oorskry, moet hulle privaat raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program, sonder die lied en gebed, is altesaam 45 minute.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde gewy word. Elke student sal sy eie vraestel nasien. Die skoolopsiener sal die antwoorde op die hersieningsvrae met die gehoor deurgaan en veral aan die moeiliker vrae aandag skenk en almal help om die antwoorde duidelik te verstaan. Indien die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

GROOT GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toegewese toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wat volgens Christelike beginsels lewe, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n student nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie kan die skoolopsiener die materiaal met gepaste gehoordeelname dek.

ROOSTER

3 Jan. Skrifgedeelte: Nehemia 9 tot 11

Lied 2

Nr. 1: Hoe ware Christelike eenheid verkry word (uwAF bl. 5-7 par. 1-7)

Nr. 2: Nehemia 9:4, 26-33, 36-38

Nr. 3: Doen dinge wat waarlik verdienstelik in God se oë is (gtAF hfst. 83)

Nr. 4: *tdAF 2A God se voorneme vir die aarde

10 Jan. Skrifgedeelte: Nehemia 12 en 13

Lied 129

Nr. 1: Nehemia—Waarom nuttig (siAF bl. 90-1 par. 16-19)

Nr. 2: Nehemia 13:15-18, 23-31

Nr. 3: Die verantwoordelikheid van dissipelskap (gtAF hfst. 84)

Nr. 4: *tdAF 2B Die aarde sal altyd bewoon word

17 Jan. Skrifgedeelte: Ester 1 tot 5

Lied 132

Nr. 1: Inleiding tot Ester (siAF bl. 91-2 par. 1-6)

Nr. 2: Ester 4:6-17

Nr. 3: Waak teen selfvoldaanheid en waardeer nederigheid (gtAF hfst. 85)

Nr. 4: *tdAF 41A Hoe om valse profete te identifiseer

24 Jan. Skrifgedeelte: Ester 6 tot 10

Lied 133

Nr. 1: Ester—Waarom nuttig (siAF bl. 94 par. 16-18)

Nr. 2: Ester 6:1-13

Nr. 3: Die verlore seun en sy liefdevolle vader (gtAF hfst. 86 par. 1-9)

Nr. 4: *tdAF 16A Waarom geestelike genesing lewensbelangrik is

31 Jan. Skrifgedeelte: Job 1 tot 3

Lied 62

Nr. 1: Inleiding tot Job (siAF bl. 95-6 par. 1-6)

Nr. 2: Job 2:1-13

Nr. 3: Die verlore seun se tuiskoms het ’n invloed op ander (gtAF hfst. 86 par. 10-20)

Nr. 4: *tdAF 16B God se Koninkryk sal blywende liggaamlike genesing bring

7 Febr. Skrifgedeelte: Job 4 tot 6

Lied 158

Nr. 1: Noodsaaklike faktore vir Christelike eenheid (uwAF bl. 8 par. 8 tot 8 [3])

Nr. 2: Job 6:1-11, 29, 30

Nr. 3: Maak voorsiening vir die toekoms deur praktiese wysheid aan die dag te lê (gtAF hfst. 87)

Nr. 4: *tdAF 16C Daar is geen bewys dat God hedendaagse geloofsgenesing goedkeur nie

14 Febr. Skrifgedeelte: Job 7 tot 9

Lied 213

Nr. 1: Faktore wat tot Christelike eenheid bydra (uwAF bl. 9 par. 8 [4] tot 9)

Nr. 2: Job 9:1-15

Nr. 3: Die ryk man en Lasarus (gtAF hfst. 88 par. 1-10)

Nr. 4: *tdAF 16D Talespraak was slegs ’n tydelike voorsiening

21 Febr. Skrifgedeelte: Job 10 tot 12

Lied 191

Nr. 1: Ware Christene vermy verdelende invloede (uwAF bl. 10-11 par. 10-12)

Nr. 2: Job 12:1-16

Nr. 3: Die betekenis van die gelykenis van die ryk man en Lasarus (gtAF hfst. 88 par. 11-21)

Nr. 4: *tdAF 22A Net 144 000 gaan hemel toe

28 Febr. Skrifgedeelte: Job 13 tot 15

Lied 97

Nr. 1: Ken en waardeer Jehovah (uw-AF bl. 12-13 par. 1-4)

Nr. 2: Job 13:1-13

Nr. 3: ’n Genadereis na Judea (gtAF hfst. 89)

Nr. 4: *tdAF 21A Daar is nie ’n letterlike vuur in die hel nie

7 Mrt. Skrifgedeelte: Job 16 tot 18

Lied 185

Nr. 1: Volg Jehovah se voorbeeld van liefde na (uwAF bl. 14-15 par. 5-7)

Nr. 2: Job 16:1-11, 22

Nr. 3: Jesus praat van die opstandingshoop (gtAF hfst. 90)

Nr. 4: *tdAF 21B Vuur is ’n simbool van vernietiging

14 Mrt. Skrifgedeelte: Job 19 en 20

Lied 85

Nr. 1: Help mense om die waarheid oor God te leer (uwAF bl. 15-17 par. 8 tot 11 [2])

Nr. 2: Job 19:14-29

Nr. 3: Jesus wek Lasarus op (gtAF hfst. 91)

Nr. 4: *tdAF 21C Die verhaal van die ryk man en Lasarus is geen bewys van ewige pyniging nie

21 Mrt. Skrifgedeelte: Job 21 en 22

Lied 95

Nr. 1: Daar is net een Jehovah (uwAF bl. 17-18 par. 11 [3] tot 12)

Nr. 2: Job 21:19-34

Nr. 3: Toon dankbaarheid vir God se goedheid (gtAF hfst. 92)

Nr. 4: *tdAF 40A Vroeë Christene het nie verjaarsdae of Kersfees gevier nie

28 Mrt. Skrifgedeelte: Job 23 tot 26

Lied 138

Nr. 1: Wat dit beteken om in God se naam te wandel (uwAF bl. 18-19 par. 13-15)

Nr. 2: Job 24:1, 2, 14-25

Nr. 3: Wanneer die Seun van die mens geopenbaar word (gtAF hfst. 93)

Nr. 4: *tdAF 5A Die gebruik van beelde in aanbidding smaad God

4 Apr. Skrifgedeelte: Job 27 tot 29

Lied 180

Nr. 1: Help ander om te aanvaar dat die Bybel die Woord van God is (uwAF bl. 20-2 par. 1-6)

Nr. 2: Job 29:2-18

Nr. 3: Gebed en nederigheid is nodig (gtAF hfst. 94)

Nr. 4: *tdAF 5B Beeldaanbidding het tot Israel se ondergang bygedra

11 Apr. Skrifgedeelte: Job 30 en 31

Lied 46

Nr. 1: Lees die Bybel daagliks (uwAF bl. 23-5 par. 7-11)

Nr. 2: Job 31:23-37

Nr. 3: Lesse oor egskeiding en oor liefde vir kinders (gtAF hfst. 95)

Nr. 4: *tdAF 5C God keur nie “relatiewe” aanbidding goed nie

18 Apr. Skrifgedeelte: Job 32 en 33

Lied 59

Nr. 1: Studeer om van Jehovah te leer (uwAF bl. 25-6 par. 12 tot 12 [1])

Nr. 2: Job 33:1-6, 23-33

Nr. 3: Jesus en ’n ryk jong owerste (gtAF hfst. 96)

Nr. 4: *tdAF 20A Ware eenheid kom nie deur godsdiensvermenging nie

25 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Nehemia 9 tot Job 33

Lied 42

2 Mei Skrifgedeelte: Job 34 tot 36

Lied 47

Nr. 1: Beskou die Bybel se tema en kyk na die tekste se verband (uwAF bl. 26 par. 12 [2] en 12 [3])

Nr. 2: Job 34:1-15

Nr. 3: Jesus se gelykenis van die wingerd (gtAF hfst. 97)

Nr. 4: *tdAF 20B “Iets goeds in alle gelowe” is nie waar nie

9 Mei Skrifgedeelte: Job 37 en 38

Lied 162

Nr. 1: Pas toe wat jy leer en vertel ander daarvan (uwAF bl. 26-8 par. 12 [4] tot 13)

Nr. 2: Job 37:5-14, 23, 24

Nr. 3: Jesus berei sy dissipels voor vir wat voorlê (gtAF hfst. 98)

Nr. 4: *tdAF 24A Christene moet God se persoonlike naam gebruik

16 Mei Skrifgedeelte: Job 39 en 40

Lied 105

Nr. 1: Wat die profete aangaande Jesus sê (uwAF bl. 29-31 par. 1-6)

Nr. 2: Job 39:34–40:9

Nr. 3: Jesus herstel ’n verlore seun van Abraham (gtAF hfst. 99)

Nr. 4: *tdAF 24B Waarhede aangaande God se bestaan

23 Mei Skrifgedeelte: Job 41 en 42

Lied 106

Nr. 1: Job—Waarom nuttig (siAF bl. 100 par. 39-43)

Nr. 2: Job 42:1-10, 12-17

Nr. 3: Die gelykenis van die ponde (gtAF hfst. 100)

Nr. 4: *tdAF 24C Identifiseer God se eienskappe

30 Mei Skrifgedeelte: Psalms 1 tot 6

Lied 168

Nr. 1: Inleiding tot Psalms—Deel 1 (siAF bl. 101 par. 1-5)

Nr. 2: Psalm 2:1-12

Nr. 3: Jesus verdedig Maria vir haar goeie daad (gtAF hfst. 101)

Nr. 4: *tdAF 24D Almal dien nie dieselfde God nie

6 Jun. Skrifgedeelte: Psalms 7 tot 10

Lied 138

Nr. 1: Inleiding tot Psalms—Deel 2 (siAF bl. 102 par. 6-11)

Nr. 2: Psalm 8:2–9:6

Nr. 3: Christus se triomfantlike intog in Jerusalem (gtAF hfst. 102)

Nr. 4: *tdAF 25A Die oorsprong van Jehovah se Getuies

13 Jun. Skrifgedeelte: Psalms 11 tot 17

Lied 64

Nr. 1: Gee ag op profetiese patrone (uwAF bl. 32-3 par. 7 tot 8 [2])

Nr. 2: Psalm 14:1–15:5

Nr. 3: Jesus veroordeel diegene wat die tempel van God verontreinig (gtAF hfst. 103)

Nr. 4: *tdAF 26A Jesus is God se Seun en sy gesalfde Koning

20 Jun. Skrifgedeelte: Psalms 18 tot 20

Lied 79

Nr. 1: Ons hoëpriester afgeskadu (uwAF bl. 33 par. 8 [3] en 8 [4])

Nr. 2: Psalm 19:2-15

Nr. 3: God se stem word ’n derde keer gehoor (gtAF hfst. 104)

Nr. 4: *tdAF 26B Geloof in Jesus Christus noodsaaklik vir redding

27 Jun. Skrifgedeelte: Psalms 21 tot 24

Lied 144

Nr. 1: Waarom berou en geloof noodsaaklik is (uwAF bl. 33-7 par. 9-14)

Nr. 2: Psalm 23:1–24:10

Nr. 3: Wat die vervloekte vyeboom afbeeld (gtAF hfst. 105)

Nr. 4: *tdAF 26C Meer as geloof in Jesus word vereis

4 Jul. Skrifgedeelte: Psalms 25 tot 29

Lied 160

Nr. 1: Gehoorsaamheid aan God bring ware vryheid (uwAF bl. 38-40 par. 1-5)

Nr. 2: Psalm 26:1-12

Nr. 3: Hoe die godsdiensleiers aan die kaak gestel word (gtAF hfst. 106)

Nr. 4: *tdAF 28A Wat God se Koninkryk vir die mens gaan doen

11 Jul. Skrifgedeelte: Psalms 30 tot 33

Lied 130

Nr. 1: Waar ware vryheid vandag gevind kan word (uwAF bl. 40-2 par. 6-9)

Nr. 2: Psalm 32:1-11

Nr. 3: Wat die gelykenis van die bruilofsfees afbeeld (gtAF hfst. 107)

Nr. 4: *tdAF 28B Die Koninkryksheerskappy begin terwyl Christus se vyande nog bedrywig is

18 Jul. Skrifgedeelte: Psalms 34 tot 36

Lied 167

Nr. 1: Wêreldse vryheid is in werklikheid slawerny (uwAF bl. 42-3 par. 10-12)

Nr. 2: Psalm 36:2-13

Nr. 3: Hulle kan Jesus nie verstrik nie (gtAF hfst. 108)

Nr. 4: *tdAF 28C Die Koninkryk van God kom nie deur mensepogings tot stand nie

25 Jul. Skrifgedeelte: Psalms 37 tot 39

Lied 109

Nr. 1: Hoe om slegte geselskap te identifiseer (uwAF bl. 44-5 par. 13, 14)

Nr. 2: Psalm 37:23-38

Nr. 3: Jesus veroordeel sy teenstanders (gtAF hfst. 109)

Nr. 4: *tdAF 30A Wat “die einde van die wêreld” beteken

1 Aug. Skrifgedeelte: Psalms 40 tot 44

Lied 207

Nr. 1: Die groot geskil waarby almal betrokke is (uwAF bl. 46-7 par. 1-3)

Nr. 2: Psalm 41:2-14

Nr. 3: Jesus se bediening by die tempel is voltooi (gtAF hfst. 110)

Nr. 4: *tdAF 30B Wees wakker vir tekens van die laaste dae

8 Aug. Skrifgedeelte: Psalms 45 tot 49

Lied 190

Nr. 1: Vind baat by die voorbeeld wat lojales stel (uwAF bl. 47-52 par. 4-11)

Nr. 2: Psalm 45:2-8, 11-18

Nr. 3: Jesus gee die teken van die laaste dae (gtAF hfst. 111 par. 1-11)

Nr. 4: *tdAF 31A God belowe ewige lewe vir die gehoorsame mensdom

15 Aug. Skrifgedeelte: Psalms 50 tot 52

Lied 170

Nr. 1: Die waarheid strek Jehovah tot eer (uwAF bl. 52-4 par. 12-15)

Nr. 2: Psalm 51:3-19

Nr. 3: Jesus vertel meer aangaande die laaste dae (gtAF hfst. 111 par. 12-19)

Nr. 4: *tdAF 31B Slegs lede van Christus se liggaam gaan hemel toe

22 Aug. Skrifgedeelte: Psalms 53 tot 57

Lied 103

Nr. 1: Wat ons uit God se toelating van die kwaad leer (uwAF bl. 55-7 par. 1-7)

Nr. 2: Psalm 55:2, 3, 13-24

Nr. 3: Die verstandige en die dwase maagde (gtAF hfst. 111 par. 20-8)

Nr. 4: *tdAF 31C Ewige lewe aan onbeperkte aantal “ander skape” belowe

29 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Job 34 tot Psalm 57

Lied 34

5 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 58 tot 62

Lied 50

Nr. 1: Daar is nooit ongeregtigheid by God nie (uwAF bl. 58-61 par. 8-16)

Nr. 2: Psalm 62:2-13

Nr. 3: Die gelykenis van die talente (gtAF hfst. 111 par. 29-37)

Nr. 4: *tdAF 23A Die huweliksverbintenis moet eerbaar wees

12 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 63 tot 67

Lied 45

Nr. 1: Vertrou op Jehovah—Weerstaan bose geesmagte (uwAF bl. 62-4 par. 1-5)

Nr. 2: Psalm 65:2-14

Nr. 3: Wanneer Christus in Koninkryksmag kom (gtAF hfst. 111 par. 38-46)

Nr. 4: *tdAF 23B Christene moet die beginsel van hoofskap eerbiedig

19 Sept. Skrifgedeelte: Psalm 68 en 69

Lied 82

Nr. 1: Wees wakker vir die Duiwel se slinkse planne (uwAF bl. 64-7 par. 6-12)

Nr. 2: Psalm 68:2-12, 33-36

Nr. 3: Jesus se laaste pasga is ophande (gtAF hfst. 112)

Nr. 4: *tdAF 23C Christenouers se verantwoordelikheid teenoor kinders

26 Sept. Skrifgedeelte: Psalms 70 tot 73

Lied 73

Nr. 1: Trek die volle wapenrusting van God aan (uwAF bl. 67-9 par. 13-15)

Nr. 2: Psalm 72:1-20

Nr. 3: Jesus gee ’n les in nederigheid (gtAF hfst. 113)

Nr. 4: *tdAF 23D Christene moet net met Christene trou

3 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 74 tot 77

Lied 113

Nr. 1: Kennis, geloof en die opstanding (uwAF bl. 70-3 par. 1-7)

Nr. 2: Psalm 76:2-13

Nr. 3: Jesus stel die Gedenkmaal in (gtAF hfst. 114)

Nr. 4: *tdAF 23E Ware Christene beoefen nie veelwywery nie

10 Okt. Skrifgedeelte: Psalm 78 en 79

Lied 18

Nr. 1: Jesus het die sleutels van die dood en van Hades (uwAF bl. 73-7 par. 8-15)

Nr. 2: Psalm 79:1-13

Nr. 3: Jesus leer sy dissipels geduldig liefde en nederigheid (gtAF hfst. 115)

Nr. 4: *tdAF 1A Maria was die moeder van Jesus, nie die “moeder van God” nie

17 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 80 tot 85

Lied 93

Nr. 1: Waardeer God se blywende Koninkryk (uwAF bl. 78-81 par. 1-9)

Nr. 2: Psalm 83:2-19

Nr. 3: Jesus berei die apostels voor op sy vertrek (gtAF hfst. 116 par. 1-14)

Nr. 4: *tdAF 1B Die Bybel toon dat Maria nie “altyd ’n maagd” was nie

24 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 86 tot 89

Lied 57

Nr. 1: Die Koninkryk sal God se oorspronklike voorneme verwesenlik (uwAF bl. 81-2 par. 10-12)

Nr. 2: Psalm 86:1-17

Nr. 3: Wie Jesus se ware vriende is (gtAF hfst. 116 par. 15-25)

Nr. 4: *tdAF 14A Wat die Skrif aangaande die Gedenkmaal sê

31 Okt. Skrifgedeelte: Psalms 90 tot 94

Lied 190

Nr. 1: Wat die Koninkryk reeds bereik het (uwAF bl. 83-6 par. 13-15)

Nr. 2: Psalm 90:1-17

Nr. 3: Jesus berei sy dissipels voor en bemoedig hulle (gtAF hfst. 116 par. 26-37)

Nr. 4: *tdAF 14B Die viering van die Mis is onskriftuurlik

7 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 95 tot 101

Lied 172

Nr. 1: Hoe om eers die Koninkryk te soek (uwAF bl. 87-9 par. 1-6)

Nr. 2: Psalm 100:1–101:8

Nr. 3: Jesus se slotgebed in die bovertrek (gtAF hfst. 116 par. 38-51)

Nr. 4: *tdAF 4A Alle Christene moet bedienaars wees

14 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 102 tot 104

Lied 1

Nr. 1: Volg die voorbeeld van die vroeë dissipels (uwAF bl. 90-1 par. 7-9)

Nr. 2: Psalm 103:1-14, 21, 22

Nr. 3: Sielsangs in die tuin (gtAF hfst. 117)

Nr. 4: *tdAF 4B Kwalifikasies vir die bediening

21 Nov. Skrifgedeelte: Psalm 105 en 106

Lied 201

Nr. 1: Stel persoonlik die Koninkryk eerste (uwAF bl. 91-4 par. 10-15)

Nr. 2: Psalm 106:1-12, 47, 48

Nr. 3: Jesus word verraai en in hegtenis geneem (gtAF hfst. 118)

Nr. 4: *tdAF 39A Waarom ware Christene gehaat word

28 Nov. Skrifgedeelte: Psalms 107 tot 109

Lied 202

Nr. 1: Wat die Skrif oor die doop van Johannes sê (uwAF bl. 95-6 par. 1-5)

Nr. 2: Psalm 108:2-14

Nr. 3: Jesus word mishandel en onwettig verhoor (gtAF hfst. 119)

Nr. 4: *tdAF 39B ’n Vrou moenie toelaat dat haar man haar van God skei nie

5 Des. Skrifgedeelte: Psalms 110 tot 115

Lied 17

Nr. 1: Doop in die dood (uwAF bl. 97-8 par. 6-8)

Nr. 2: Psalm 110:1-7; 114:1-8

Nr. 3: Mensevrees laat Petrus Christus verloën (gtAF hfst. 120)

Nr. 4: *tdAF 39C ’n Man moenie toelaat dat sy vrou hom verhinder om God te dien nie

12 Des. Skrifgedeelte: Psalms 116 tot 119:32

Lied 195

Nr. 1: Doop “in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” (uwAF bl. 98 par. 9)

Nr. 2: Psalm 116:1-19

Nr. 3: Jesus spreek moedig die waarheid voor die Sanhedrin en Pilatus (gtAF hfst. 121)

Nr. 4: *tdAF 13A Gebede wat deur God verhoor word

19 Des. Skrifgedeelte: Psalm 119:33-112

Lied 59

Nr. 1: Doop en Christelike verantwoordelikhede (uwAF bl. 99-102 par. 10-14)

Nr. 2: Psalm 119:97-112

Nr. 3: Nie Pilatus of Herodus kan Jesus skuldig bevind nie (gtAF hfst. 122)

Nr. 4: *tdAF 13B Waarom sekere gebede geen krag het nie

26 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalms 58 tot 119:112

Lied 155

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel