Diensvergaderinge vir Junie
Week wat begin met 7 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig broers aan om tydskrifbedrywighede in die gemeente goed te ondersteun. Kan een of twee kort demonstrasies van tydskrifwerk hê: een waar die tydskrifte tydens straatwerk aangebied word en ’n ander tydens informele getuieniswerk.
15 min: “Help ander om van die grootste mens te leer.” Vraag-en-antwoord-bespreking. As daar genoeg tyd is, kan gehoor gevra word om kommentaar te lewer oor hoe hulle dit geniet om die publikasie tydens die Gemeentelike Boekstudie te bespreek.
20 min: “Gebruik traktate om die Grootste mens-boek aan te bied.” Bespreking met gehoor. Hou twee demonstrasies. Die eerste moet die aanbieding in paragraaf 2 gebruik met die huisbewoner wat belangstelling toon. Verkondiger bied die boek aan ná ’n kort bespreking van die inligting in die traktaat. Verkondiger laat boek by huisbewoner en tref reëlings vir herbesoek. Die tweede demonstrasie moet een van die aanbiedings in Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1992, bladsy 8, gebruik. Herinner verkondigers daaraan om die jongste tydskrifte saam met die traktaat aan te bied as die huisbewoner nie die boek neem nie.
Lied 205 en slotgebed.
Week wat begin met 14 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gee wenke vir gepaste gesprekspunte in jongste tydskrifte wat hierdie week in die velddiens gebruik kan word.
15 min: Vraebus. Toespraak deur ouere man. Beklemtoon ons verantwoordelikheid om ons gepas te gedra wanneer ons doopplegtighede bywoon.
20 min: “Waarom traktate vandag so nuttig in ons bediening is.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Hou ’n kort demonstrasie ná die laaste paragraaf wat toon hoe maklik dit is om ’n traktaat tydens informele getuieniswerk te gebruik.
Lied 126 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Junie
10 min:Plaaslike aankondigings. Meld hoogtepunte van die Diensrapport vir Maart. Meld ook die gemeente se aandeel aan die velddiensrapport vir daardie maand. Sluit die rekeningverslag in en lees enige erkennings vir bydraes. Spreek waardering uit vir geldelike ondersteuning van plaaslike gemeente asook Genootskap se wêreldwye werk.
15 min: “Begin Bybelstudies in die Grootste mens-boek.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer ná paragraaf 2 hoe om ’n Bybelstudie in die boek te begin. Verkondiger begin deur die eerste drie paragrawe in hoofstuk 111 van die boek te lees en gebruik dan die voorgestelde aanbieding in paragraaf 2 van die artikel.
20 min: “Toespraak oor Skepping, gegrond op bladsye 379-83 van die Redenering-boek. Die spreker moet selektief wees deur net soveel punte te gebruik as wat deeglik in die toegewese tyd gedek kan word.
Lied 79 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Vestig die aandag op ’n paar gesprekspunte in jongste tydskrifte wat tydens die huis-tot-huis-bediening of informele getuieniswerk gebruik kan word.
20 min: “Wees gereeld in die velddiens.” Bespreking deur sekretaris of diensopsiener. Hersien Genootskap se briewe van 15 Augustus 1992 en 20 Augustus 1992 oor die rapportering van velddiens. Stel ook vas of daar ’n aparte bussie is wat “Velddiensrapporte” gemerk is. Verduidelik die reëling vir die behartiging van laat rapporte deeglik. Hersien inligting in Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 106-10, na gelang van die tyd. Beklemtoon dat almal gereeld aan die bediening moet deelneem en hulle velddiensrapporte stiptelik aan die einde van die maand moet ingee.
15 min: Plaaslike behoeftes. Kan punte hersien oor gemeente se behoeftes soos dit tydens die kringopsiener se laaste besoek uitgewys is.
Lied 71 en slotgebed.