Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkomste vir 1993
1 Ons verskaf met genoeë ’n lys van datums en tale vir die “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkomste vir 1993. Hierdie byeenkomste sal as ’n groot aanmoediging dien en sal die hoogtepunt van ons teokratiese bedrywighede vir 1993 wees. Elke gemeente sal per brief in kennis gestel word van watter byeenkoms hulle moet bywoon.
2 Vanjaar sal ons vier spesiale internasionale byeenkomste in Suid-Afrika hê wat besoekers van oorsee sal bywoon. Hierdie byeenkomste sal oor dieselfde naweek in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad gehou word. Maar DIESELFDE PROGRAM sal by AL ons byeenkomste aangebied word sodat diegene wat die ander byeenkomste bywoon ook dieselfde geestelike voedsel sal ontvang. Die enigste verskil sal wees dat besoekers van oorsee die spesiale internasionale byeenkomste sal bywoon. As gevolg van beperkte sitplek en akkommodasie moedig ons dit nie aan dat groot groepe broers hierdie spesiale internasionale byeenkomste bywoon nie. Die fasiliteite in Johannesburg sal veral beperk wees. In die verlede het broers gereël om twee byeenkomste by te woon, een waar hulle werk en een waar hulle luister. Dit is in orde. As die byeenkoms waarna julle gemeente aangewys is nie in jou taal is nie, moet jy nie huiwer om ’n ander byeenkoms by te woon nie.
3 Ons ondervind probleme om genoeg sprekers vir sommige byeenkomste te voorsien. Ons sal dit waardeer as bekwame ouere manne by een van die volgende byeenkomste kan help: (a) Engelse sprekers word benodig vir Oos-Londen, Gaborone, Manzini en Maseru. (b) Engelse en Afrikaanse sprekers word benodig vir Bloemfontein, Port Elizabeth en Windhoek. Let asseblief daarop dat ons beplan om vanjaar ’n volledige program in Engels en Afrikaans in Bloemfontein aan te bied. (c) Venda- en Tsongasprekers word vir Nkowankowa benodig. Bekwame ouere manne wat op kringbyeenkomsprogramme gebruik word, kan gerus aan die Genootskap skryf. Jy moet jou brief aan die dienskomitee van jou gemeente gee. Hulle sal hulle opmerkings byvoeg, die brief onderteken en dit aan die kringopsiener stuur. Die kringopsiener sal sy aanbevelings byvoeg en die brief dan aan die Genootskap stuur. Jou brief moet die Genootskap NIE LATER NIE as 2 Augustus 1993 bereik.
4 Reëlings is vir die volgende byeenkomste getref:
2-5 Desember:
St. Helena, Levelwood-Koninkryksaal (Engels)
9-12 Desember:
Gaborone, Nasionale Stadion (*Engels, *Tswana)
Windhoek, Internasionale Saal, Skouterrein (tweetalige program in Afrikaans/Engels en Kwanyama/Ndonga)
16-19 Desember:
Bloemfontein, Vrystaatstadion (*Afrikaans, *Engels, *Suid-Sotho)
Empangeni, Bhekuzulu-saal, Universiteit van Zululand (Zulu)
Newcastle, R. K. Rümelin-stadion (Zulu)
Nkowankowa, Sportstadion (Tsonga, ’n bietjie Venda)
Oos-Londen, Jan Smuts-stadion (Engels); Basil Kenyon-stadion (Xhosa)
23-26 Desember:
KaNyamazane, (Witrivier), KaNyamazane-stadion (Zulu)
Lebowakgomo, Skouterrein (Sepedi)
Mafikeng, Universiteitstadion, Universiteit van Bophuthatswana (Tswana)
Manzini, Handelskouterrein (*Engels, *Zulu)
Maseru, Nasionale Stadion (’n bietjie Engels, Suid-Sotho)
Port Elizabeth, Boet Erasmus-stadion (*Afrikaans, *Engels, *Xhosa)
Umtata, Onafhanklikheidstadion (Xhosa)
30 Desember 1993–2 Januarie 1994:
Durban, King’s Park-rugbystadion (*Engels, *Zulu. Ons sal ook sessies in gebaretaal hê.)
Johannesburg, Nasionale Uitstalsentrum (*Afrikaans, *Engels, ’n bietjie Grieks, *Portugees, *Suid-Sotho, *Zulu. Ons sal ook sessies in gebaretaal hê.)
Kaapstad, Goodwood-skouterrein (*Afrikaans, *Engels, *Xhosa)
Pretoria, Skouterrein (*Afrikaans, *Engels, tweetalige program in Sepedi/Tswana, *Zulu)
* Dui aan dat ’n volledige program in hierdie tale aangebied sal word.