Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. Junie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. Julie: Enige van die volgende brosjures kan gebruik word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut” of Moet jy aan die Drie-eenheid glo? teen ’n bydra van 80 sent elk.
◼ Veranderinge is in die Skoolhandleiding-boek aangebring om die uitdrukkings en riglyne by te werk. Die enigste noemenswaardige verandering, op bladsye 100 tot 102, het betrekking op die Teokratiese Bedieningskool, aangesien dit die riglyne in ooreenstemming bring met die instruksies wat in die jaarlikse rooster vir die Teokratiese Bedieningskool gedruk word. Die bygewerkte Skoolhandleiding is nou in Engels beskikbaar, en gemeentes kan dit bestel, indien nodig.
◼ Ons is besig met die reëlings vir die ontoegekendegebied-kampanje wat van Augustus tot Oktober 1993 strek. Alle gemeentes sal binnekort ’n brief met meer inligting ontvang.
◼ Gemeentes moet die 1993 Yearbook of Jehovah’s Witnesses op hulle bestelvorm vir April begin bestel. Die 1993 Yearbook is beskikbaar in Duits, Engels, Grieks, Italiaans en Portugees. Jaarboeke is beheerde items en sal teen R2,80 op die lektuurrekening gedebiteer word. Pioniers wat al langer as ses maande op die lys is, kan ’n gratis kopie kry waarvoor die gemeente krediet mag aanvra. Pioniers kan bykomende kopieë teen R1,40 elk kry.
◼ Gemeentes moet die bundels van The Watchtower en die Awake! vir 1992 begin bestel. Die bundels sal in Engels, Grieks, Italiaans en Portugees beskikbaar wees. As julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het, moet julle nie geld saam met julle bestelling stuur nie. Dit sal op die gemeente se lektuurrekening gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en versend word, sal dit as “Back Ordered” op die gemeentefakture verskyn. Gemeentes wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo toon, moet geld saam met hulle bestellings stuur. Die bundels is beheerde items en sal teen R17,00 elk vir die gemeente, publiek en pioniers gedebiteer word.
◼ Neem asseblief kennis dat daar van 1 Junie 1993 ’n prysverhoging op al ons publikasies sal wees. Die nuwe tydskrifpryse sal byvoorbeeld 80 sent per tydskrif vir verkondigers wees en 40 sent vir pioniers. Alle gemeentes sal ’n bygewerkte Pryslys kry wat die nuwe pryse aangee. Een afskrif moet onmiddellik op die kennisgewingbord aangebring word. Ons spoor almal aan om met die nuwe pryse vertroud te raak.
◼ Nuwe videokasset beskikbaar:
Portugees: Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name (gemeente en publiek: R45,00; pioniers: R40,00).