Onthou om brosjures te gebruik
Wanneer daar van huis tot huis of informeel getuig word, handel die gesprek dikwels oor ’n onderwerp wat deur een van ons pragtige brosjures gedek word. Almal moet dit veral in gedagte hou wanneer hulle Die Wagtoring en die Ontwaak! gedurende April en Mei aanbied. As julle altyd verskillende brosjures asook die tydskrifte wat julle in die bediening gaan gebruik by julle het, sal julle toegerus wees om presies dít aan te bied wat nodig is om ’n doeltreffende getuienis te gee. Gebruik gerus enigeen van die brosjures (buiten die Skool-brosjure) gedurende April en Mei, asook die tydskrifte wat julle gaan aanbied.—Vergelyk Spreuke 15:23.