Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/91 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • Sien asseblief die deel LET WEL onder Diensvergaderinge in Ons Koninkryksbediening vir September 1991 vir riglyne oor die week van die byeenkoms.
  • Week wat begin met 2 Desember
  • Week wat begin met 9 Desember
  • Week wat begin met 16 Desember
  • Week wat begin met 23 Desember
Ons Koninkryksbediening—1991
km 12/91 bl. 2

Diensvergaderinge vir Desember

Sien asseblief die deel LET WEL onder Diensvergaderinge in Ons Koninkryksbediening vir September 1991 vir riglyne oor die week van die byeenkoms.

Week wat begin met 2 Desember

Lied 108

15 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. “Koninkryksbedieningskool voorsien teokratiese onderrig.” Sluit gedagtes in oor tydskrifte vir Desember wat oor vakansievieringe handel. Meld spesifieke punte wat in die velddiens gebruik kan word. Moedig almal aan om Saterdag se tydskrifwerk te ondersteun. Hersien asseblief “Herinneringe in verband met die Streekbyeenkoms” in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Julie 1991, “Reël nou om die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms vir 1991 by te woon”.

18 min: “Besef jy hoe nuttig dit is?” Vrae en antwoorde. Demonstreer aanbiedings van Bybelverhale-boek. Die eerste demonstrasie moet deur ’n volwasse verkondiger gedoen word, terwyl die tweede demonstrasie deur ’n jong verkondiger gedoen kan word wat die Bybelverhale-boek vir ’n skoolmaat aanbied. Hy wys ook hoe ’n studie met behulp van die boek gehou kan word.

12 min: Bespreek met ouers die belangrikheid daarvan om onderwysers voor die volgende kwartaal te gaan spreek, veral oor ons standpunt in verband met godsdiensonderrig, gebed, buitemuurse aktiwiteite en verkiesings tot sekere posisies by die skool. Demonstreer hoe ouer en kind met onderwyser gesels. Voer onderhoud met ’n paar jong verkondigers oor die situasie in hulle skool met betrekking tot hierdie bedrywighede. Moedig kinders aan om kommentaar te lewer oor wat die situasie met betrekking tot hierdie bedrywighede in hulle onderskeie skole is, en beklemtoon hoe belangrik dit is om nie aan hierdie bedrywighede deel te neem nie. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons die riglyne volg wat deur die “getroue en verstandige dienskneg” voorsien word. Gebruik Skool-brosjure. Ouere manne moet seker maak dat ouers gehoor gee aan die riglyne wat voorsien word. As ouer nie met ’n nuwe onderwyser kan praat voor die skoolvakansie begin nie, moet die ouer seker maak dat hy saam met die kind gaan wanneer die skool volgende jaar begin. Ouers moet ons standpunt oor geskilpunte in verband met ware aanbidding en neutraliteit aan die onderwyser verduidelik. As ouer(s) hulp nodig het, moet ’n ouere man hulle vergesel. Ernstige probleme kan vermy word as dit gedoen word.

Lied 221 en slotgebed.

Week wat begin met 9 Desember

Lied 166

5 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek Teokratiese Nuus. Moedig almal aan om hierdie naweek ’n volle aandeel in die velddiens te hê en seker te maak dat hulle hulle velddiensrapporte vir die maand inhandig.

25 min: “Bied die goeie nuus aan—gedurende jou vakansie.” Toespraak en gesinsbespreking.

(5 min.) Voorsitter bespreek eerste twee paragrawe en lei gesinsbespreking in. Gesin se geestelikheid moet nie gedurende vakansietyd verwaarloos word nie. Gesinshoofde moet seker maak dat daar te alle tye in geestelike behoeftes voorsien word.—Deut. 6:6, 7.

(18 min.) Gesinsbespreking wat punte in paragrawe 3-6 dek. Gesinshoof bespreek met gesin die nodige reëlings wat sal verseker dat vakansietyd geestelike bedrywighede insluit. Een gesinslid het die adres en vergaderingtye gekry van die plaaslike gemeente in die gebied waar hulle gaan vakansie hou. Gesin het genoeg lektuur sodat hulle saam met die gemeente aan die veldbediening kan deelneem en ook gebruik kan maak van geleenthede om informeel te getuig. Meld situasies wat hulle kan teëkom wat hulle geleenthede sal bied om ’n getuienis te gee. Gesinshoof vestig aandag op planne om die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms by te woon en herinner hulle daaraan dat hulle aan die einde van elke byeenkomsdag punte op die dag se program sal hersien, en hy verduidelik watter voordele dit inhou. Gesin lewer kortliks kommentaar oor gepaste punte in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Julie aangaande behoorlike gedrag terwyl hulle die byeenkoms bywoon. Almal sien daarna uit om hulle vakansietyd ten beste te benut wat teokratiese bedrywighede betref.

(2 min.) Voorsitter sluit af deur die feit te beklemtoon dat gesinshoofde moet seker maak dat hulle nie hulle gesin se geestelike behoeftes verwaarloos nie, wat hulle planne ook al is.

15 min: Plaaslike behoeftes of “Ontken jy sondige neigings?” Toespraak oor artikel in Die Wagtoring van 15 Augustus 1991, bladsye 29-31.

Lied 196 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Desember

Lied 169

10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit rekeningverslag in, asook Genootskap se erkenning van bydraes deur die gemeente. Meld plaaslike reëlings vir getuieniswerk gedurende die vakansietyd.

20 min: “Bly besig in Jehovah se diens.” Vraag-en-antwoordbespreking. Demonstrasie met gesin van vier. Vader gebruik die kalender vir 1992 en bespreek met gesin hoe hulle hulle tyd in Januarie gaan benut. Hy meld watter dae vir velddiens gebruik gaan word en hoe hy saam met elke lid van die gesin gaan werk.

15 min: “Pionierdiens—’n Diens wat ryk seëninge meebring.” Vraag-en-antwoordbespreking. Voer onderhoud met twee pioniers. Watter struikelblokke het hulle oorbrug om die pionierdiens te betree? Wat het hulle beweeg om met die pionierdiens te begin? Wat het hulle gehelp om sukses in die pionierdiens te behaal? Moedig almal aan om hulle eie omstandighede biddend te oorweeg.

Lied 40 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Desember

Lied 197

10 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer aanbieding van die jongste tydskrifte. Probeer by elke geleentheid om ’n tydskrifroete te begin.

25 min: “Neem deel aan die Koninkryksuitbreiding.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel in die byvoegsel. Moedig almal in die gemeente aan om ag te slaan op die informasie wat in die byvoegsel voorsien word deur aan te hou om die bouprojek heelhartig te ondersteun.

10 min: “Verruim jou horison deur te lees.” Moet deur die Teokratiese Bedieningskoolopsiener behartig word. Toespraak oor artikel in die Ontwaak! van 22 Julie 1991, bladsye 25-7, wat beklemtoon hoe belangrik dit is dat ons beter lesers word. Help gehoor om te besef dat dit nie genoeg is om net vlot te kan lees nie; ons moet goeie begrip ontwikkel.

Lied 201 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel